ATKV-DigiSkryf: Hier is die wenners!
Die ATKV se kompetisie om goeie Afrikaanse skryfwerk te beloon het skrywers van wyd en syd die geleentheid gegee om met hulle skryftalent te spog.
Deelnemers moes een van die temas kies om hulle skryfwerke te inspireer:
My Afrikaans
Só leef ek Afrikaans
Afrikaans: ’n Nuwe denkrigting
Beoordelaars het opgemerk dat die inskrywings oor die algemeen van uitstaande gehalte was. Verder, dat die skryfwerk meesleurend was, sowel as boeiend met uitstekende ritme wat die leeservaring verryk. “Sommige prosastukke het selfs die potensiaal om ontwikkel te word in langer tekste wat vir die groter publikasiemark aangewend sou kon word!”
Elke kategoriewenner se pennevrug word op die ATKV se digitale platforms, asook in die Taalgenoot gepubliseer.
Wenners loop ook weg met fantastiese boekpryse.
Die wenners is soos volg:
Graad of ouderdom |
Deelnemer |
Tema: |
Onderwerp: |
Instansie |
Simbool |
Graad 4 en 5 |
Lodewyk Buckle |
Afrikaans: ’n Nuwe denkrigting |
Laerskool Impala |
A |
|
Graad 6 en 7 |
Charmoné du Toit |
Só leef ek Afrikaans |
Privaatskool Cum Laude |
A+ |
|
Graad 8 en 9 |
Ankijahh Olivier |
My Afrikaans |
Tuisonderrig |
A |
|
Graad 10 tot 12 |
Mia Marais |
My Afrikaans |
Hoërskool Linden |
A+ |
|
Studente |
Ané Croucamp |
My Afrikaans |
Noordwes Universiteit |
A+ |
|
Volwassenes (25 tot 59 jaar) |
Natasha Robbetze |
My Afrikaans |
Vaal Universiteit van Tegnologie |
A+ |
|
Senior burgers (60 jaar en ouer) |
Stephanie Strydom |
My Afrikaans |
|
A |
* Die teks is gepubliseer soos die ATKV dit ontvang het. Dit is nie geredigeer of taalversorg nie.