ATKV-DigiSkryf wenners bekend
Liefhebbers van die Afrikaanse woord het vanjaar weer die inskrywings vir ATKV-DigiSkryf laat instroom. Dié kompetisie gee deelnemers die geleentheid om met hul skryftalent te spog en moontlik heerlike boekpryse te wen en blootstelling op die ATKV se sosialemediaplatforms en webwerf te geniet.
Vanjaar se DigiSkryf-deelnemers is die taak opgelê om uit drie temas te kies en die beoordelaars te beïndruk met hul pennevrugte. DigiSkryf 2022 se temas was:
- Kaalvoet
- Elkeen benodig ’n…
- Dáái dag sal ek nooit vergeet nie…
Die beoordelaars het opgemerk dat die inskrywings in die algemeen uitstaande was en dat die temas hulle geleen het tot verskeie interpretasies.
“Inskrywings is van ’n hoogstaande gehalte, dit was heerlik om die verskil in aanslag van deelnemers wat dieselfde temas gekies het, te beleef. Sommiges was meer oorspronklik as ander, sommiges wek meer empatie as ander en daar was selfs dié wat jou laat lag of ’n traan laat wegpink.
“Elke inskrywing is ’n wenner. Dit verg waagmoed om aan enige kompetisie deel te neem en veral om jouself deur skryfkuns bloot te stel. Mag elke deelnemer aanhou skryf.”
Uiteindelik is wenners in ses kategorieë aangewys – die kategoriewenners is bepaal deur kreatiwiteit en oorspronklikheid te beoordeel, terwyl die aanwending van die tema, taalgebruik en sinskonstruksie, sowel as die trefkrag van die skrywe se slot ook ’n rol gespeel het in die puntetoekenning.
Die 2022 DigiSkryf-wenners is:
Graad of ouderdom |
Deelnemer |
Tema |
Onderwerp |
Instansie |
Simbool |
Graad 4 en 5 |
Wehann Snyman |
Elkeen benodig ’n… |
Laerskool Anton van Wouw |
A+ |
|
Graad 6 en 7 |
Lienke Olivier |
Kaalvoet |
Laerskool Randhart |
A+ |
|
Graad 8 en 9 |
Danelle Delport |
Kaalvoet |
Hoerskool Diamantveld |
B+ |
|
Graad 10 tot 12 |
Marli Viljoen |
Kaalvoet |
Hoërskool Waterkloof |
A++ |
|
Studente |
Marizaan Brink |
Kaalvoet |
Stellenbosch Universiteit |
A+ |
|
Volwassenes (25 tot 59 jaar) |
Dalene Morrison |
Dáái dag sal ek nooit vergeet nie… |
Sunningdale School |
A |
Al die wenskrywes word op die ATKV se digitale platforms gedeel* en wenners word ook beloon met boekpryse. Volg die ATKV op sosiale media om op die hoogte te bly van ATKV-gebeure.
*Die wenskrywes is gepubliseer soos die ATKV dit ontvang het. Dit is nie geredigeer of taalversorg nie.