ATKV-DigiSpanpraat 2025: Hier’s die wenspanne!

829 jong redenaars het vanjaar in spanne hulle gekose onderwerpe met kreatiewe invalshoeke, innoverende uitgangspunte en genoeg gees en ywer tydens ATKV-DigiSpanpraat getakel.
Na afloop van die evaluasieronde is dit duidelik dat spanwerk sowaar sentraal gestaan het en dat die boustene van deeglike beredenering die spanne gehelp het om nuwe hoogtes te bereik!
Dit is vir die ATKV ’n voorreg om aan elke span wat vanjaar presteer het, erkenning te gee, asook aan elkeen wat die geleentheid vir gesonde wedywering en spangees aangegryp het! Baie geluk!
Die topspanne in elke kategorie is:
Graad en kategorie |
Skool |
Spanlede |
Onderwerp |
Simbool |
Graad 1 |
Laerskool Lynnwood |
Stian van Wyngaard, |
Voor jy val op jou bas, maak jou skoenveters vas! |
A+ |
Graad 2 |
Laerskool Lynnwood |
Isabella Krüger, |
Enige tyd is ’n goeie tyd vir pret. |
A+ |
Graad 3 |
Laerskool Lynnwood |
Malan Muller, |
Om te deel, laat jou lekkerder speel. |
A+ |
Graad 4 |
Laerskool Bakenkop |
Reghardt Bezuidenhout, |
Staan opsy! Dis tyd dat jong manne lei! |
A+ |
Graad 5 |
Laerskool Kruinsig |
Nelshia Hagen, |
Jou sibbe is jou dosente. |
A+++ |
Graad 6 |
Laerskool Anton van Wouw |
Luan van Schalkwyk, |
Bekendheid is ’n swaard wat met twee kante sny! |
A+ |
Graad 7 |
Laerskool Lynnwood |
Laché Venter, |
“Moenie vrees, meisiewees is ’n absolute fees!” |
A++ |
Graad 8 |
Hoërskool Punt |
Joe Alberts, |
Stop die klok, want tyd is ons grootste vyand. |
A++ |
Graad 9 |
Hoërskool Waterkloof |
Elzerie Vermaak, |
Die stoelpatat-generasie is en bly ’n groot frustrasie. |
A++ |
Graad 10 |
Helpmekaar Kollege |
Tertius van der Walt, |
Suid-Afrikaanse tieners is nie bang |
A+++ |
Graad 11 |
Helpmekaar Kollege |
Ruewan Henning, |
Jou skoolbankie stap die pad ewig saam met jou. |
A++ |
Graad 12 |
Hoërskool Noordheuwel |
Luan Kleingeld, |
Tieners druk terug met risikobestuur. |
A++ |
Sien die volledige uitslae van ATKV-DigiSpanpraat 2025 deur hier te klik.