
Met ATKV-DigiSpanpraat, ’n opwindende nuwe digitale platform, kan jong redenaars hulleself en hulle redeneervermoë behoorlik toets.
Waar een redenaar gewoonlik sy standpunt vorm en dan ’n gehoor daarvan moet oortuig, berus die onus nou op die span om mekáár eers van elke standpunt te oortuig voordat hulle uit een mond kan praat.
Spanne kan dus van ’n afstand af hulle opinies, idees en oortuigings orden om daardie een standpunt met mening oor te dra terwyl hulle verskillende persoonlikhede mekaar aanvul en ondersteun.
Goeie spanwerk vorm die kern, en ons is opgewonde om te sien hoe hierdie boustene van deeglike beredenering spanne gaan help om nuwe hoogtes te bereik.
Klik HIER om die deelnemersgids vir ATKV-DigiSpanpraat 2023 af te laai.