ATKV-DigiSpel 2022: Hier is die wenners!
S-P-E-L-L-E-R-S en T-E-L-L-E-R-S van regoor die land het in Desember aan ATKV-DigiSpel deelgeneem en hulle slag gewys op hierdie opwindende digitale platform.
Deelnemers het drie spelrondes aangedurf wat flitswoorde, veelkeusevrae en ’n luister-en-spelvlak ingesluit het, waarin woorde soos “bontpootbosluis”, “roketslaai” en “ultramarathon” hulle soms hoofbrekens besorg het. Die topspellers is bepaal deur die hoeveelheid korrekte antwoorde wat hulle gegee het. Indien twee spellers gelykop geëindig het, is die totale tyd waarin die antwoorde verskaf is, gebruik om die beter speller te bepaal.
Hier is die beste spellers in elke kategorie:
1 |
Graad 2 en 3 |
Afrikaans Huistaal |
Liewan Claassens |
Grey Kollege Primêr |
93.33% |
00:04:20:143 |
2 |
Graad 4 en 5 |
Afrikaans Huistaal |
Lika Claassens |
C & N Primêre Meisieskool Oranje |
97.50% |
00:04:45:797 |
3 |
Graad 8 en 9 |
Afrikaans Huistaal |
Ethan Bothma |
Hoërskool Brandwag |
98.00% |
00:04:13:050 |
4 |
Graad 10 tot 12 |
Afrikaans Huistaal |
Adelia Schonken |
Hoërskool Merensky |
98.00% |
00:09:45:227 |
Baie geluk aan elke deelnemer.
Ontdek ’n kleurvolle kultuurspektrum onder die ATKV se DigiProjektesambreel. Daar is iets vir almal, jonk en oud! Die grootpraters, die kreatiewes, die taalboffins en selfs dié wat hulle nou in die buiteland bevind! Klik hier vir meer inligting oor ons DigiProjekte: https://atkv.org.za/neem-deel/digiprojekte/.