ATKV-DigiTaal 2020: Wenners skitter in taaltoets
Ongeag ’n baie uitdagende jaar en ook die skryf van eksamen en toetse, het dapper deelnemers steeds hulle weg oop gesien om aan die laaste ATKV-Digiprojek vir 2020, ATKV-DigiTaal, deel te neem.
Taalboffins het hulle slag kom wys in ’n taaltoets, waarin die vrae gewissel het na gelang van die graadkategorie en skoolkurrikulum van die betrokke graad.
Kennis oor basiese spelling, lees- en skryftekens, meervoude, los- of vasskryf van woorde, weetwoorde, uitdrukkings, segswyses en taalkonvensies is getoets.
Deelnemers het oor die algemeen baie goed gevaar.
Die wenners in elke kategorie is soos volg:
Graadkategorie |
Deelnemer |
Instansie |
Persentasie |
Tyd |
Graad 3 |
Lika Claassens |
Primêre Meisieskool Oranje |
100.00% |
00:02:57:837 |
Graad 4 |
Amelia Steyn |
Curro Hazeldean |
100.00% |
00:02:37:560 |
Graad 5 |
Hildegard Schraader |
Bryanston Parallel Medium |
100.00% |
00:05:53:060 |
Graad 6 |
Liesel van der Merwe |
Laerskool Durbanville |
96.00% |
00:02:33:560 |
Graad 7 |
Celicia Niemandt |
Curro Hazeldean |
93.33% |
00:03:03:947 |
Graad 8 en 9 |
Lida Pienaar |
Hoërskool Bultfontein |
97.14% |
00:04:31:457 |
Graad 10 tot 12 |
Rianette Kemp |
Hoërskool Jim Fouché |
95.00% |
00:11:03:793 |
Volwassenes |
Trudie Botha |
Hoërskool Merensky |
87.50% |
00:07:13:197 |
Loer gerus hier na ATKV-DigiTaal se datums vir 2021. Die projekgids is hier beskikbaar. Deel dit gerus met vriende en familie.