Skip to main content

ATKV-DigiTaal 2020: Wenners skitter in taaltoets

Ongeag ’n baie uitdagende jaar en ook die skryf van eksamen en toetse, het dapper deelnemers steeds hulle weg oop gesien om aan die laaste ATKV-Digiprojek vir 2020, ATKV-DigiTaal, deel te neem.

Taalboffins het hulle slag kom wys in ’n taaltoets, waarin die vrae gewissel het na gelang van die graadkategorie en skoolkurrikulum van die betrokke graad.

Kennis oor basiese spelling, lees- en skryftekens, meervoude, los- of vasskryf van woorde, weetwoorde, uitdrukkings, segswyses en taalkonvensies is getoets.

Deelnemers het oor die algemeen baie goed gevaar.

Die wenners in elke kategorie is soos volg:

Graadkategorie

Deelnemer

Instansie

Persentasie

Tyd

Graad 3

Lika Claassens

Primêre Meisieskool Oranje

100.00%

00:02:57:837

Graad 4

Amelia Steyn

Curro Hazeldean

100.00%

00:02:37:560

Graad 5

Hildegard Schraader

Bryanston Parallel Medium

100.00%

00:05:53:060

Graad 6

Liesel van der Merwe

Laerskool Durbanville

96.00%

00:02:33:560

Graad 7

Celicia Niemandt

Curro Hazeldean

93.33%

00:03:03:947

Graad 8 en 9

Lida Pienaar

Hoërskool Bultfontein

97.14%

00:04:31:457

Graad 10 tot 12

Rianette Kemp

Hoërskool Jim Fouché

95.00%

00:11:03:793

Volwassenes

Trudie Botha

Hoërskool Merensky

87.50%

00:07:13:197

Loer gerus hier na ATKV-DigiTaal se datums vir 2021. Die projekgids is hier beskikbaar. Deel dit gerus met vriende en familie.