ATKV-DigiToneel 2026: Top-16 aangekondig!
Die ATKV is trots om die top-16-deelnemers van ATKV-DigiToneel 2026 aan te kondig. Hierdie finaliste is ’n groep jong talent wat nie net hul stem gevind het nie, maar dit met elke asem voor die kamera laat leef.
Gebou rondom vanjaar se tema, “Asem”, het deelnemers regoor Suid-Afrika hul eie oorspronklike monoloë geskryf en verfilm – verhale wat pols, stilhou, versnel en ontbloot. Met meer inskrywings as in 2025, was die standaard merkbaar hoër en die keuses des te moeiliker.
Ná die sukses van die ATKV se eerste realiteitsreeks, Gekies vir die Kollig, bied ATKV-DigiToneel weer in 2026 aan tieners ’n unieke geleentheid om hul spel vir die kamera te ontwikkel en hul buiging op televisie te maak. Hierdie platform fokus doelbewus op kameraspel en teksontwikkeling en waar elke blik, elke stilte en elke asem deel word van die storie.
Onder leiding van mentors Bianca Flanders, Jacques Bessenger, Karli Heine en Liezl de Kock is elke inskrywing met ’n fyn oog en intense aandag bekyk. In ware DigiToneel-gees het elke deelnemer persoonlike mentorskap ontvang in die vorm van stemnotas – ’n unieke terugvoerproses wat inspireer, rigting gee en groei aanmoedig.
Die mentors het die uitdagende taak gehad om slegs 16 deelnemers te kies wat deurdring na die volgende ronde – ’n groep wat nie net tegnies sterk is nie, maar ook die vermoë toon om emosie, waarheid en storie deur die lens oor te dra.
Vir hierdie top-16 lê die volgende fase voor: om die mentors te oortuig dat hulle gereed is vir die sesde seisoen van Gekies vir die Kollig, wat weer in Oktober op DStv-kanaal 147 (VIA) vir vier weke lank in kykers se sitkamers gaan afspeel.
Hier is die ATKV-DigiToneel-top-16 van 2026:
|
Deelnemer |
Produksie |
Skool |
|
Amoray Claassen |
Wat suurstof kos |
Hoërskool Noordheuwel |
|
Anika Luus |
My ma en ’n migraine |
Hoërskool Noordheuwel |
|
Anzelle Vorster |
Vlug of veg |
Hoërskool Noordheuwel |
|
Caitlin Jones |
Eerste asem |
Eunice High School |
|
Carissa Ras |
As die skoen pas |
Hoërskool Garsfontein |
|
Emma Knop |
Ewigheid |
Hoërskool Noordheuwel |
|
George William Grové |
Presteer |
Privaat |
|
Jana Enslin |
(Un)popular |
Helpmekaar Kollege |
|
Johandre Viljoen |
Skadu van my |
Hoërskool Noordheuwel |
|
Lienka Viljoen |
Sweet 16 |
Improv studios |
|
Markus Knop |
Waak |
Hoërskool Noordheuwel |
|
Renier Pieterse |
Aan die eenkant |
Hoërskool Garsfontein |
|
Ruanco Ueckermann |
Monsters |
Leeuwenhof Akademie |
|
Sumari Pheiffer |
Onder |
Hoërskool Diamantveld |
|
Vian van Breda |
Side swipe |
Hoërskool Waterkloof |
|
Zahné Durand |
Suurstofdief |
Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria |
