ATKV-Redenaars 2026: Hoërskoolwenners bekend!
Die wenners van die onderskeie afdelings vir hoërskooldeelnemers is tydens die ATKV-Redenaarsfinaal by ATKV-Klein-Kariba aangewys.
Die ATKV glo dat wanneer ons deur ons vele projekte in iemand se toekoms belê, ons daardie deelnemer ook toerus om ook ’n verskil in ander se lewe te maak. Met ATKV-Redenaars wil ons nie net vir deelnemers ’n platform gee om te praat nie, ons wil ook vir hulle vaardighede gee om ’n verskil te maak.
ATKV-Redenaars vier vanjaar sestig jaar van die Afrikaanse taal se krag om te beweeg en te verbind. Elke generasie het sy eie manier om raak te praat – maar die kern bly dieselfde: Om iets te sê wat saak maak. Sestig jaar van geskiedenis. Sestig jaar van groei. Sestig jaar van raakpraters.
Baie geluk aan al die wenners:
GRAAD 8 EN 9 AFRIKAANS HUISTAAL – VOORBEREID
- Beste taalgebruiker: MG Jooste, Paul Roos Gimnasium
- Derde plek: Pieter Fourie, Hoër Volkskool Graaff-Reinet
- Naaswenner: Milan Young, Die Hoërskool Rustenburg
- Wenner: MG Jooste, Paul Roos Gimnasium
GRAAD 8 EN 9 AFRIKAANS HUISTAAL – ONVOORBEREID
- Beste taalgebruiker: Christopher Oelofse, Die Hoërskool Rustenburg
- Derde plek: Lumé Venter, Hoërskool Hans Strijdom
- Naaswenner: Theana Olivier, Hoërskool Eldoraigne
- Wenner: MG Jooste, Paul Roos Gimnasium
GRAAD 8 EN 9 AFRIKAANS ADDISIONELE TAAL – VOORBEREID
- Beste taalgebruiker: Grace Maredi, Hoërskool Die Anker
- Derde plek: Harrison Nass, Afrikaanse Hoër Seunskool Pretoria
- Tweede plek: Addison Palm, Leeuwenhof Akademie
- Wenner: Grace Maredi, Hoërskool Die Anker
GRAAD 8 EN 9 AFRIKAANS ADDISIONELE TAAL – ONVOORBEREID
- Beste taalgebruiker: Nathan Mashiteng, Hoërskool Hugenote
- Derde plek: Faith Mpeiwa, Die Hoërskool Menlopark
- Tweede plek: Nathan Mashiteng, Hoërskool Hugenote
- Wenner: Kiara Kyriakou, Die Hoërskool Rustenburg
GRAAD 10 TOT 12 AFRIKAANS HUISTAAL – VOORBEREID
- Beste taalgebruiker: Lienke Olivier, Helpmekaar Kollege
- Derde plek: Hugo Louw, Hoërskool Waterkloof
- Tweede plek: Ivan Louw, Hoërskool Waterkloof
- Wenner: Lienke Olivier, Helpmekaar Kollege
GRAAD 10 TOT 12 AFRIKAANS HUISTAAL – ONVOORBEREID
- Beste taalgebruiker: Lian Winckler, Paul Roos Gimnasium
- Derde plek: Ivan Louw, Hoërskool Waterkloof
- Tweede plek: Hendrik Stander, Hoërskool Outeniqua
- Wenner: Lian Winckler, Paul Roos Gimnasium
GRAAD 10 TOT 12 AFRIKAANS ADDISIONELE TAAL – VOORBEREID
- Beste taalgebruiker: Peter Chihobo, Hoërskool Marais Viljoen
- Derde plek: Eleanor Maredi, Hoërskool Die Anker
- Tweede plek: Peter Chihobo, Hoërskool Marais Viljoen
- Wenner: Rapelang Leshomo, Die Hoërskool Rustenburg
GRAAD 10 TOT 12 AFRIKAANS ADDISIONELE TAAL – ONVOORBEREID
- Beste taalgebruiker: Lesego Tswai, Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria
- Derde plek: Tebogo Mosoma, Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria
- Tweede plek: Jeanette Buloze, Hoërskool Waterkloof
- Wenner: Lesego Tswai, Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria
Baie geluk!