ATKV-Redenaars 2026: Laerskoolwenners bekend!
Die wenners van die onderskeie afdelings vir laerskooldeelnemers is tydens die ATKV-Redenaarsfinaal by ATKV-Klein-Kariba aangewys.
Die ATKV glo dat wanneer ons deur ons vele projekte in iemand se toekoms belê, ons daardie deelnemer ook toerus om ook ’n verskil in ander se lewe te maak. Met ATKV-Redenaars wil ons nie net vir deelnemers ’n platform gee om te praat nie, ons wil ook vir hulle vaardighede gee om ’n verskil te maak.
ATKV-Redenaars vier vanjaar sestig jaar van die Afrikaanse taal se krag om te beweeg en te verbind. Elke generasie het sy eie manier om raak te praat – maar die kern bly dieselfde: Om iets te sê wat saak maak. Sestig jaar van geskiedenis. Sestig jaar van groei. Sestig jaar van raakpraters.
Baie geluk aan al die wenners:
GRAAD 1-3 AFRIKAANS HUISTAAL
- Beste taalgebruiker: Vera van Deventer, Laerskool Wierdapark
- Derde plek: Vera van Deventer, Laerskool Wierdapark
- Tweede plek: Ariel Lombard, Laerskool Anton van Wouw
- Algehele wenner: Mihlan du Toit, Laerskool Fairland
GRAAD 1-3 AFRIKAANS ADDISIONELE TAAL
- Beste taalgebruiker: Faith Mhuru, Arboretum Primary School
- Derde plek: Ruhi Patel, Laerskool Louis Trichardt
- Tweede plek: Zinhle Masimola, Laerskool Hennopspark
- Algehele wenner: Faith Mhuru, Arboretum Primary School
GRAAD 4-5 AFRIKAANS HUISTAAL
- Beste taalgebruiker: Sebastiaan Botha, Laerskool Kragbron
- Derde plek: Annamé Bester, Laerskool Menlopark
- Tweede plek: Lilandi Bezuidenhout, Laerskool Constantiapark
- Algehele wenner: Philip Louw, Hugenote Laerskool
GRAAD 4-5 AFRIKAANS ADDISIONELE TAAL
- Beste taalgebruiker: Reatlehile Mototo, Laerskool Saamtrek
- Derde plek: Verny Maroetsie, Laerskool Staats
- Tweede plek: Abigail Cheng, Laerskool Northmead
- Algehele wenner: Reatlehile Mototo, Laerskool Saamtrek
GRAAD 6-7 AFRIKAANS HUISTAAL
- Beste taalgebruiker: Willem Minnaar, Laerskool Anton van Wouw
- Derde plek: Henning Bouwer, Laerskool Jan Cilliers
- Tweede plek: Willem Minnaar, Laerskool Anton van Wouw
- Algehele wenner: Amjee Mentz, Laerskool JJ van der Merwe
GRAAD 6-7 AFRIKAANS ADDISIONELE TAAL
- Beste taalgebruiker: Muhammad Zidaan Latiff, Truida Kestell Skool
- Derde plek: Lilly May Hanekom, Laerskool Fontainebleau
- Tweede plek: Serena Cheng, Laerskool Northmead
- Algehele wenner: Muhammad Zidaan Latiff, Truida Kestell Skool
Baie geluk!