ATKV-Rieldans 2018: En die wenners is...
Daar is die afgelope naweek behóórlik vlerkgesleep en gebokspring toe die beste stoftrappers tydens die ATKV-Rieldansfinaal by die Taalmonument in die Paarl aangewys is.

Die volledige uitslae is soos volg:
Senior mans beste danser: Buvin Eiman van Betjies Rooirots Rieldansers
Senior vroue beste danser: Anechia Cloete van Griekwa Ratelgat Rieldansers
o.20-mans beste danser: Carlton Sass van Prins Albert Vastrappers
o.20-vroue beste danser: Luwandri Schrader van Brandvlei Stofskoppers
o.14-seuns beste danser: Zanadann van Rooi van Prins Albert Vastrappers
o.14-meisies beste danser: Chesray Hendricks van Uitsig Stoftrappers
Pieter van der Westhuizen-toekenning vir beste kitaarspeler: Phillip Mankapaan van Loeriesfontein
Beste musikant: Prins Albert Vastrappers o.20
Beste liedjie: Prins Albert Vastrappers o.14




Senior afdeling
Derde plek: Betjies Rooirots Rieldansers
Naaswenners: Griekwa Ratelgat Rieldansers
Algehele wenner en wenner van die Grietjie van Gharies-toekenning: Boesmanland Bitterbessies
o.20-afdeling
Derde plek: Griekwa Knersvlakte Rieldansers
Naaswenners: Prins Albert Vastrappers 2
Algehele wenner en wenner van die Grietjie van Gharies-toekenning: Brandvlei Stofskoppers
o.14-afdeling
Derde plek: GB Batt Stofskoppers
Naaswenners: Griekwa Rieldansers
Algehele wenner en wenner van die Grietjie van Gharies-toekenning: Prins Albert Vastrappers
Die ATKV bedank graag die volgende borge vir hul ondersteuning en betrokkenheid by die ATKV- Rieldans: Parkanfonds, Het Jan Marais Fonds, Wes-Kaapse departement sport en kultuur, Noord-Kaapse department sport en kultuur, Wesgrow-toerismeassosiasie, Vodacom en die Drakenstein Munisipaliteit.