ATKV-Spanredenaarsfinaal vier die krag van saam praat
Jong redenaars van regoor die land het op 14 Oktober by ATKV-Buffelspoort byeengekom vir die nasionale ATKV-Spanredenaarsfinaal waar spanwerk, kritiese denke en oorredingsvermoë die middelpunt van die kompetisie was. Met ’n totale prysgeld van R60 000 op die spel, het die deelnemende spanne vir die eerste keer in lewende lywe meegeding om nasionale erkenning in hul onderskeie graadkategorieë.
Waar redenaars gewoonlik individueel ’n standpunt beredeneer en ’n gehoor probeer oortuig, stel ATKV-Spanredenaars ’n besondere uitdaging: vier spanlede moet eers sáám oor ’n standpunt besin, mekaar met argumente oortuig en uiteindelik hul boodskap as ’n eenheid oordra.
Die kompetisie bied leerders van graad 1 tot graad 12 die geleentheid om hul redeneervermoë op ’n kreatiewe en uitdagende manier te ontwikkel. Dit verg nie net skerp argumente en innoverende idees nie, maar ook die vermoë om na mekaar te luister, uiteenlopende perspektiewe te oorweeg en elke spanlid se bydrae tot ’n gemeenskaplike doel te benut.
Die nasionale finaal het gevolg op vanjaar se ATKV-DigiSpanpraatkompetisie, waartydens die topvyfspanne in elke kategorie deurgedring het om op nasionale vlak mee te ding.
Die finaal was ’n viering van meer as net goeie redenaars. Dit het die waarde van samewerking, verantwoordelikheid, wedersydse respek en selfvertroue beklemtoon – vaardighede wat jongmense ook lank ná die kompetisie in hul skool- en beroepsloopbane kan benut.
Die ATKV is trots op al die spanne wat aan die nasionale finaal deelgeneem het en hul skole en provinsies met toewyding verteenwoordig het. Die volgende spanne is as die wenners in hul onderskeie kategorieë aangewys:
|
GRAAD 1 AFRIKAANS HUISTAAL |
SPANLEDE EN SKOOL |
|
Derde plek:
|
Almé van Staden, Enzo Goetz, Alyssa Anderson en Lawrence Smith Laerskool Kruinsig |
|
Naaswenner:
|
Zelcke Visser, Philip Smit, Reuben Wentzel en Hanru Griesel Laerskool Pietersburg-Oos |
|
Algehele wenner:
|
Dinieke Havenga, Hanru van Zyl, Bruwer Nieman en Janrich Erasmus Laerskool Jan van Riebeeck |
|
GRAAD 2 AFRIKAANS HUISTAAL |
SPANLEDE EN SKOOL |
|
Derde plek:
|
Stian van Wyngaard, Heinrich van der Vyver, Milla Grovè en Ameli Wagenaar Laerskool Lynnwood |
|
Naaswenner:
|
Lodewyk Swart, Lenard Steyn, Henry Miles en Alex Minty Laerskool Lynnwood |
|
Algehele wenner:
|
Lindi van Jaarsveldt, Luhan Hansen, Wian le Roux en Marli Vosloo Laerskool Orion |
|
GRAAD 3 AFRIKAANS HUISTAAL |
SPANLEDE EN SKOOL |
|
Derde plek:
|
Luvonne Kruger, Espen Booysen, Lily Anders en Chloé Sadie Laerskool Pietersburg-Oos |
|
Naaswenner:
|
Ava Jacobs, Bettina Jonischkeit, Xilah Knight en Iwah du Preez Laerskool Kruinsig |
|
Algehele wenner:
|
Willem Christiaan Steyn, Noah Steyn, Bouwer van Aardt en Danelo de Kock Laerskool Lynnwood |
|
GRAAD 4 AFRIKAANS HUISTAAL |
SPANLEDE EN SKOOL |
|
Derde plek:
|
James Slabbert, Hansie Olmesdahl, Pierre Fourie en Henrý Visser Laerskool Lynnwood |
|
Naaswenner:
|
Zak Havenga, Mijean de Jager, Miane van Schalkwyk en Ankia Venter Laerskool Jan van Riebeeck |
|
Algehele wenner:
|
Ruan Oosthuizen, Zandre Hansen, Ben van Jaarsveldt en Helena Joubert Laerskool Orion |
|
GRAAD 5 AFRIKAANS HUISTAAL |
SPANLEDE EN SKOOL |
|
Derde plek:
|
Mienke Gremels, Lynicke Pienaar, Cara Swanepoel en Lianka Palm Laerskool Lynnwood |
|
Naaswenner:
|
Ludwig van Staden, Mia Marais, Erik Louw en Annemie Myburgh Laerskool Anton van Wouw |
|
Algehele wenner:
|
Neo Senekal, Micha-Jentz Nel, Luhard Janse van Vuuren en Dene Strydom Laerskool Lynnwood |
|
GRAAD 6 AFRIKAANS HUISTAAL |
SPANLEDE EN SKOOL |
|
Derde plek:
|
Nelshia Hagen, Gemma van Zyl, Janike Slabbert en Jakes le Roux Laerskool Kruinsig |
|
Naaswenner:
|
Joniques Steenekamp, Marko Hansen, Kaylee Quinton en Mieke van Rensburg Laerskool Orion |
|
Algehele wenner:
|
Alwyn Wiesner, Amri de Wet, Michael Smooken, Louhanri Mienie Laerskool Hermanus |
|
GRAAD 7 AFRIKAANS HUISTAAL |
SPANLEDE EN SKOOL |
|
Derde plek:
|
Sumay Heymans, Minke Scholtz, Mart-Mari Rautenbach en Mienke Willemse Laerskool Orion |
|
Naaswenner:
|
Katryn Louw, Theodore van Diemen, Hennie de Vos en Willem Minnaar Laerskool Anton van Wouw |
|
Algehele wenner:
|
Deané Bezuidenhout, Wiandi Rheeders, Lisa-Lyn Venter en Ayden Donaldson Laerskool Bakenkop |
|
GRAAD 8 AFRIKAANS HUISTAAL |
SPANLEDE EN SKOOL |
|
Derde plek:
|
Mea de Villiers, Lian Grobler, Roux Struweg en Anli van Velden Hoërskool Linden |
|
Naaswenner:
|
Kayla Hopley, Zanrico Visser, Danielle Marais en André van Antwerpen Helpmekaar Kollege |
|
Algehele wenner:
|
Mia van Huyssteen, Cara Grobler, Dirko Botha, Karlien Serfontein Helpmekaar Kollege |
|
GRAAD 9 AFRIKAANS HUISTAAL |
SPANLEDE EN SKOOL |
|
Derde plek:
|
Danica du Plessis, Mari-Lize Jacobs, Deimar Dippenaar en Amber-Leigh Szendrei Helpmekaar Kollege |
|
Naaswenner:
|
Lezé Prinsloo, Lourens Pauer, Leandro Engelbrecht en Danielle van der Westhuysen Helpmekaar Kollege |
|
Algehele wenner:
|
Bismarck Rall, Leonhardt Schulze, Lucy van Loggerenberg en Tanique Jansen van Rensburg Helpmekaar Kollege |
|
GRAAD 10 AFRIKAANS HUISTAAL |
SPANLEDE EN SKOOL |
|
Derde plek:
|
Taylin de Jong, Ané Potgieter, Tayana Nel en Michael du Buisson Helpmekaar Kollege |
|
Naaswenner:
|
Sandre van Heerden, Mea-Leigh Muller, Kara Neethling en Janita Labuschagne Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria |
|
Algehele wenner:
|
Sion Coetzee, Minje le Roux en Simon Viljoen Hoërskool Durbanville |
|
GRAAD 11 AFRIKAANS HUISTAAL |
SPANLEDE EN SKOOL |
|
Derde plek:
|
Mia Ainslie, Tertius van der Walt, Kiara du Toit en Sinden Miller Helpmekaar Kollege |
|
Naaswenner:
|
Kara-Mia Botma, Adam Vivier, Carla Janse van Rensburg en Anzelle van Rooyen Helpmekaar Kollege |
|
Algehele wenner:
|
Adam Korb, Lienke Olivier, Marli Horn en Stephan Potgieter Helpmekaar Kollege |
|
GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL |
SPANLEDE EN SKOOL |
|
Naaswenner:
|
Dinike Oosthuizen, Herman Nel, Milan Lubbe en Vasti Griesel Hoërskool Linden |
|
Algehele wenner:
|
Deone Mouton, Gene Bronkhorst, Jessica Jenkinson en Riané Lessingh Helpmekaar Kollege |
Die ATKV bedank elke deelnemer, onderwyser, afrigter, ouer en ondersteuner wat ’n rol gespeel het om die spanne tot by die nasionale finaal te begelei. Die voorbereiding en toewyding agter elke span se deelname dra by tot die ontwikkeling van jongmense wat met selfvertroue kan redeneer, verantwoordelik kan kommunikeer en met respek na ander se standpunte kan luister.
ATKV-Spanredenaars herinner ons daaraan dat verskillende stemme nie dieselfde hoef te klink om saam ’n sterk boodskap oor te dra nie. Wanneer jongmense hul idees deel, mekaar se perspektiewe respekteer en saamwerk aan ’n gemeenskaplike doel, word die krag van spanwerk sigbaar.
Baie geluk aan al die wenners!