ATKV-Tienertoneel Bloemfontein-streeksfees se wenners bekend

Die 58ste ATKV-Tienertoneel is dreuend dapper. Hierdie week het 425 dapper tieners hul stories in die Wynand Mouton-teater in Bloemfontein op die verhoog vertel.
Met ATKV-Tienertoneel word leerders soveel geleenthede moontlik gegee om by al die aspekte van die toneelstuk betrokke te raak, met ander woorde, by die spel, regie, skryf van tekste, kostuums, dekor, grimering, klank, beligting, verhoogbestuur, choreografie en selfs bemarking!
ATKV-Tienertoneel se unieke aanbiedingsformaat ontwikkel die jeug se liefde vir toneelspel deurdat elke produksie deur mentorbeoordelaars, wat sterk is in die vermaaklikheids- en tersiêre-onderrigbedryf, na afloop van elke optrede saam met die tieners koppe krap oor hul werk tydens opwindende mentorwerkswinkelsessies.
Die mentorbeoordelaars tydens die Bloemfontein-streeksfees vanaf 8 tot 13 Augustus was Wilhelm van der Walt, Marijda Kamper en Mari Molefe van Heerden.
Nie net was dit hierdie mentorbeoordelaars se taak om ons deelnemers te inspireer met wenke om hul produksies te verfyn nie, maar hulle het ook die geleentheid om toppresteerders in hierdie streek aan te wys.
Die nominasies en wenners vir verskeie komponente in die teatermaakproses is tydens ʼn spogprysuitdeling op 13 Augustus bekendgemaak.
Kategorie: Beste klankoperateur
Nominasies:
Lee-Anne Mouton | C&N Sekondêre Meisieskool Oranje | Mansgenoeg |
Tanya Botha | Hoër Volkskool Potchefstroom | Kan |
Gerardo Lopez Del Rey, Hanko Steenkamp, Bianca Brink-Kotzé | Grey Kollege Sekonder | Droom |
Die beste klankoperateur tydens die Bloemfontein-streeksfees is:
Wenner
Tanya Botha | Hoër Volkskool Potchestroom | Kan |
Kategorie: Beste beligtingsoperateur
Nominasies:
Arno Theunissen | Hoër Volkskool Potchefstroom | Kan |
Aidan Coetzee, Maatje Gunter en Craig Steyn | Grey Kollege Sekonder | Droom |
Die beste beligtingsoperateur tydens die Bloemfontein-streeksfees is:
Wenner

Kategorie: Beste verhoogbestuurder
Nominasies:
Humari Woityczka | Hoërskool Sentraal | Al(l)een |
Chrisan Jordaan | Hoërskool Sentraal | Swerwer |
Louise Hanekom | Hoërskool Martin Oosthuizen | Skaakmat |
Die beste verhoogbestuurder tydens die Bloemfontein-streeksfees is:
Wenner

Kategorie: Beste hantering van tegniese aspekte
Nominasies:
Kommapunt Paradoks | Hoër Volkskool Potchefstroom |
Eggo | Hoërskool Jim Fouché |
Speechless | Hoërskool Hopetown |
Skaakmat | Hoërskool Martin Oosthuizen |
Die prys vir die beste hantering van tegniese aspekte tydens die Bloemfontein-streeksfees gaan aan:
Wenner

Kategorie: Beste akteur in ’n ondersteunende rol
Nominasies:
Gino Jood | Hoërskool Hopetown | Speechless |
Joshua Beukes | Hoërskool Hopetown | Speechless |
Heini Bisschoff | Hoërskool Sentraal | Al(l)een |
Xavier Griqua | Hoërskool Kalahari | Kwessie van Verbeelding |
Die beste akteur in ʼn ondersteunende rol tydens die Bloemfontein-streeksfees is:
Wenner

Kategorie: Beste aktrise in ’n ondersteunende rol
Nominasies:
Jodeen Markram | Hoërskool Kalahari | Kwessie van Verbeelding |
Keila Marais | Hoërskool Kalahari | Kwessie van Verbeelding |
Niqlynn Coetzee | Hoërskool Jim Fouché | Eggo |
Cara Cilliers | Witteberg | Duiwelsdans |
Die beste aktrise in ’n ondersteunende rol tydens die Bloemfontein-streeksfees is:
Wenner

Kategorie: Beste akteur in ’n hoofrol
Nominasies:
Zander Oberholster | Hoërskool Martin Oosthuizen | Skaakmat |
Bernhardt Pretorius | Hoërskool Sentraal | Al(l)een |
Jan-Willem Steyn | Grey Kollege Sekonder | Droom |
Johan du Plessis | Grey Kollege Sekonder | Droom |
Die beste akteur in ’n hoofrol tydens die Bloemfontein-streeksfees is:
Wenner

Kategorie: Beste aktrise in ’n hoofrol
Nominasies:
Ancois Bodenstein | C&N Sekondêre Meisieskool Oranje | Mansgenoeg |
Jenna van den Berg | C&N Sekondêre Meisieskool Oranje | Mansgenoeg |
Lucy Groenewald | Eunice High School | Prinses van die nag |
Danelle Jacobs | Hoërskool Martin Oosthuizen | Skaakmat |
Die beste aktrise in ’n hoofrol tydens die Bloemfontein-streeksfees is:
Wenner

Kategorie: Beste ensemble
Nominasies:
Mansgenoeg | C&N Sekondêre Meisieskool Oranje |
Skaakmat | Hoërskool Martin Oosthuizen |
Droom | Grey Kollege Sekonder |
Speechless | Hoërskool Hopetown |
Die beste ensemble tydens die Bloemfontein-streeksfees is:
Wenner

Kategorie: Beste regisseur
Nominasies:
Michelle Joubert | Eggo | Hoërskool Jim Fouché |
Chanmari Erasmus | Mansgenoeg | C&N Sekondêre Meisieskool Oranje |
Barnie Mans | Skaakmat | Hoërskool Martin Oosthuizen |
Ronelle van Heerden | Duiwelsdans | Witteberg |
Die beste regisseur tydens die Bloemfontein-streeksfees is:
Wenner

Die prysuitdeling word deur ʼn pragaand van die streeksfeesfinaliste se mooiste stories voorafgeloop.
Die streeksfeesfinaliste tydens die Bloemfontein-streeksfees, wat vir hul plekke in die nasionale finaal moes meeding, is as volg:
Eggo | Hoërskool Jim Fouché |
Skaakmat | Hoërskool Martin Oosthuizen |
Duiwelsdans | Hoërskool Witteberg |
Mansgenoeg | C&N Sekondêre Meisieskool Oranje |
Die derdeplekwenner van hierdie streek is:
Eggo | Hoërskool Jim Fouché |
Die naaswenner is:
Skaakmat | Hoërskool Martin Oosthuizen |
Die beste produksie tydens die Bloemfontein-streeksfees is:
Wenproduksie

ATKV-Tienertoneel is hierdie week in Kaapstad by die Kunstekaap-teater vir die Wes-Kaap se eerste streeksfees, asook in Pretoria by die UNISA Little theatre om die dreunend dapper tieners in Gauteng se derde streeksfees se werk te mentor en te vier.
Besoek die volgende skakel vir programme en kaartjies: https://linktr.ee/atkv_tienertoneel