ATKV-Tienertoneel: Deelnemers skitter tydens JHB-streeksfees

Teater staan sterk in Johannesburg met 528 vreeslose deelnemers wat met hul kreatiwiteit en selfdissipline kom spog het in die Roodepoort-teater. Die mentor-beoordelaars vir hierdie streek was Pietie Beyers, Mari Molefe van Heerden, dr. André Gerber en Henrietta Gryffenberg.
Pietie en Marie was veral beïndruk met die groot klomp talentvolle teatermakers wat ongeag al die uitdagings wat Covid-19 bied, mooi afgeronde produksies die lig laat sien het. Deelnemers word geprys vir hul toewyding en dissipline!
33 Mentorsessies deur die paneel het produksiespanne meegevoer en teater is gemaak, gevier en ontwikkel om volhoubaarheid in die industrie te verseker.
Die toppresteerders in verskeie kategorieë van teatermaak tydens die Johannesburg-streeksfees is soos volg:
Die beste akteur in ’n hoofrol tydens die Johannesburg-streeksfees is …
|
as |
in die produksie |
deur |
Rico Immelman |
Delmar |
Fort Beaufort |
Hoërskool Noordheuwel |
Die beste aktrise in ’n hoofrol is …
as |
in die produksie |
deur |
|
Feriska van der Merwe |
Katy |
Geldjie asb |
Hoër Volkskool Potchefstroom |
Die beste akteur in ’n ondersteunende rol tydens die Johannesburg-streeksfees is
as |
in die produksie |
deur |
|
Graham Smith |
Kelner in opleiding |
Sharrap en eet jou kos |
Hoërskool Zwartkop |
Die beste aktrise in ’n ondersteunende rol is …
as |
in die produksie |
deur |
|
Mieke Swart |
Stella 2 |
Dinge wat ek nie hardop kan sê nie |
Helpmekaar Kollege |
Die beste ensemble van die Johannesburg-streeksfees is …
met die produksie |
|
Hoërskool Noordheuwel |
Fort Beaufort |
Die beste hantering van tegniese aspekte is …
met die produksie |
|
Hoërskool Noordheuwel |
Vier Vingers |
Die beste verhoogbestuurder is…
in die produksie |
deur |
|
Shante van der Berg |
Wegwêreld |
Hoërskool Noordheuwel |
Die beste klankoperateur tydens die Johannesburg-streeksfees is …
in die produksie |
deur |
|
Connor McGill |
Stommerike |
Hoërskool Noordheuwel |
Die beste beligtingsoperateur tydens die Johannesburg-streeksfees is …
in die produksie |
deur |
|
Elmané van der Walt |
Stommerike |
Hoërskool Noordheuwel |
Die beste regisseur tydens die Johannesburg-streeksfees is …
met die produksie |
deur |
|
Mariki de Villiers-Knop |
Fort Beaufort |
Hoërskool Noordheuwel |
TOP 3-PRODUKSIES
In die derde plek is …
Fort Beaufort van die Hoërskool Noordheuwel.
***
Die naaswenner van die Johannesburg-streeksfees is …
Ademtog van die Hoërskool Hugenote Springs.
***
Die beste produksie van die Johannesburg-streeksfees is …
Vier vingers van die Hoërskool Noordheuwel.
Prysuitdeling
Kyk die volledige prysuitdeling van ATKV-Tienertoneel se Johannesburg-streeksfees hier: