ATKV-Tienertoneel Durban-streeksfees se wenners bekend

Die 58ste ATKV-Tienertoneel is dreuend dapper. Hierdie week het 183 dapper tieners hul stories by die Kuswagskool in Amanzimtoti op die verhoog vertel.
Met ATKV-Tienertoneel word leerders soveel geleenthede moontlik gegee om by al die aspekte van die toneelstuk betrokke te raak, met ander woorde, by die spel, regie, skryf van tekste, kostuums, dekor, grimering, klank, beligting, verhoogbestuur, choreografie en selfs bemarking!
ATKV-Tienertoneel se unieke aanbiedingsformaat ontwikkel die jeug se liefde vir toneelspel deurdat elke produksie deur mentorbeoordelaars, wat sterk is in die vermaaklikheids- en tersiêre-onderrigbedryf, na afloop van elke optrede saam met die tieners koppe krap oor hul werk tydens opwindende mentorwerkswinkelsessies.
Die mentorbeoordelaars tydens die Durban-streeksfees vanaf 4 tot 6 Augustus was Wilhelm van der Walt, Solomon Cupido en Zenobia Kloppers.
Nie net was dit hierdie mentorbeoordelaars se taak om ons deelnemers te inspireer met wenke om hul produksies te verfyn nie, maar hulle het ook die geleentheid om toppresteerders in hierdie streek aan te wys.
Die nominasies en wenners vir verskeie komponente in die teatermaakproses is tydens ʼn spogprysuitdeling op 6 Augustus bekendgemaak.
Kategorie: Beste klankoperateur
Nominasies:
Ewald Smith | Kuswag Skool | Gebreek |
Jayden de Sousa | Gelofte Skool | Lyk vir my soos moelikheid |
Daniel Nortier | Kuswag Skool | Operasie Ctrl Alt Del |
Die beste klankoperateur tydens die Durban-streeksfees is:
Wenner

Kategorie: Beste beligtingsoperateur
Nominasies:
Zian Vorster | Kuswag Skool | Gebreek |
Spehphelo Mbonambi | Maritzburg College | Kaperjol |
Jayden Perkin | Kuswag Skool | Operasie Ctrl Alt Del |
Chloé Kotze | Hoërskool Ferrum | Die Sewe |
Die beste beligtingsoperateur tydens die Durban-streeksfees is:
Wenner

Kategorie: Beste verhoogbestuurder
Nominasies:
Karin de Jager, Nathan van der Walt | Gelofte Skool | Een voet in die graf |
Dimarie Beytell, Nadia van der Spuy | Kuswag Skool | Gebreek |
Megan Els | Kuswag Skool | Operasie Ctrl Alt Del |
Die beste verhoogbestuurder tydens die Durban-streeksfees is:
Wenner

Kategorie: Beste hantering van tegniese aspekte
Nominasies:
Kuswag Skool | Gebreek |
Maritzburg College en Epworth High | Kaperjol |
Kuswag Skool | Operasie Ctrl Alt Del |
Hoërskool Ferrum | Die Sewe |
Die prys vir die beste hantering van tegniese aspekte tydens die Durban-streeksfees gaan aan:
Wenner

Kategorie: Beste akteur in ’n ondersteunende rol
Nominasies:
Maurice Lotter as Piet-Jan | Gelofte Skool | Lyk vir my soos moeilikheid |
Simon Krige as Tiaan | Kuswag Skool | Operasie Ctrl Alt Del |
Clinton van Rensburg as Keanu | Kuswag Skool | Operasie Ctrl Alt Del |
Die beste akteur in ʼn ondersteunende rol tydens die Durban-streeksfees is:
Wenner
Maurice Lotter | Gelofte Skool | Lyk vir my soos moeilikheid |
Kategorie: Beste aktrise in ’n ondersteunende rol
Nominasies:
Lene Swart as Mandie | Maritzburg College en Epworth High | Kaperjol |
Sal-Mari Groenewald as Sandra | Kuswag Skool | Operasie Ctrl Alt Del |
Die beste aktrise in ʼn ondersteunende rol tydens die Durban-streeksfees is:
Wenner

Kategorie: Beste akteur in ’n hoofrol
Nominasies:
Anton Meyer as Mnesilochus | Hoërskool Richardsbaai | Die Digter en die vroue |
Reuben Claassen as Satan | Hoërskool Ferrum | Die Sewe |
Die beste akteur in ʼn hoofrol tydens die Durban-streeksfees is:
Wenner

Kategorie: Beste aktrise in ’n hoofrol
Nominasies:
Sumané Jacobs as Nemesis | Kuswag Skool | Gebreek |
Margerete Zietsman as Elize | Maritzburg College en Epworth High | Kaperjol |
Chanté Luus as Afguns | Hoërskool Ferrum | Die Sewe |
Die beste aktrise in ’n hoofrol tydens die Durban-streeksfees is:
Wenner

Kategorie: Beste ensemble
Nominasies:
Kuswag Skool | Gebreek |
Maritzburg College en Epworth High | Kaperjol |
Hoërskool Ferrum | Die Sewe |
Die beste ensemble tydens die Durban-streeksfees is:
Wenner

Kategorie: Beste regisseur
Wenner

Die prysuitdeling word deur ’n pragaand van die streeksfeesfinaliste se mooiste stories voorafgeloop.
Die streeksfeesfinaliste tydens die Durban-streeksfees, wat vir hul plekke in die nasionale finaal moes meeding, is as volg:
Maritzburg College en Epworth High | Kaperjol |
Hoërskool Ferrum | Die Sewe |
Kuswag Skool | Gebreek |
Die derdeplekwenner van hierdie streek is:
Maritzburg College en Epworth High | Kaperjol |
Die naaswenner is:
Hoërskool Ferrum | Die Sewe |
Die beste produksie tydens die Durban-streeksfees is:
Wenproduksie

ATKV-Tienertoneel is hierdie week in Bloemfontein by die Wynand Mouton-teater vir die Bloemfontein-streeksfees, asook in Gqeberha by die Little theatre om die dreunend dapper tieners in die Oos-Kaap se werk te mentor en te vier.
Besoek die volgende skakel vir programme en kaartjies: https://linktr.ee/atkv_tienertoneel