ATKV-Tienertoneel: Gauteng-streeksfees 3-wenners bekend
Die 59ste ATKV-Tienertoneel is vandeesweek vir ’n derde week in Gauteng voortgesit. Daar het 413 tieners hul stories grensloos op die UNISA Little Theatre se verhoog in Pretoria kom vertel.
Met ATKV-Tienertoneel word leerders soveel geleenthede moontlik gegee om by al die aspekte van die toneelstuk betrokke te raak, met ander woorde, by die spel, regie, skryf van tekste, kostuums, dekor, grimering, klank, beligting, verhoogbestuur, choreografie en selfs bemarking!
ATKV-Tienertoneel se unieke aanbiedingsformaat ontwikkel die jeug se liefde vir toneelspel deurdat die deelnemers aan elke produksie na afloop van hul optrede met mentorbeoordelaars, wat hul merk maak in die vermaaklikheids- en tersiêre-onderrigbedryf, in ’n tweerigtingsgesprek tree oor hul werk tydens opwindende mentorwerkswinkelsessies.
Die mentorbeoordelaars tydens die derde Gauteng-streeksfees vanaf 14 tot 19 Augustus was Solomon Cupido, Wilhelm van der Walt, Ilana Cilliers en prof. Marié-Heleen Coetzee.
Nie net was dit hierdie mentorbeoordelaars se taak om ons deelnemers te inspireer met wenke om hul produksies te verfyn nie, maar hulle het ook die geleentheid om toppresteerders in hierdie streek aan te wys.
Die nominasies en wenners vir verskeie komponente in die teatermaakproses is tydens ’n spogprysuitdeling op 19 Augustus bekendgemaak.
Kategorie: Beste klankoperateur
Nominasies:
1. |
Bianca Joubert |
Vive la Résistance |
Midstream College |
2. |
Kylie Otto |
Prins Sjarmant se vroue |
Bethlehem Voortrekker Hoërskool |
3. |
Pierre Welthagen |
as die sinkdakke kon skree |
Hoërskool Noordheuwel |
Die beste klankoperateur tydens die derde Gauteng-streeksfees is:
Kategorie: Beste beligtingsoperateur
Nominasies:
1. |
Aiden Dawson |
Rondo |
Hoërskool Sasolburg |
2. |
Kendra van Wyk |
Vive la Résistance |
Midstream College |
3. |
Danielle van der Watt |
as die sinkdakke kon skree |
Hoërskool Noordheuwel |
Die beste beligtingsoperateur tydens die derde Gauteng-streeksfees is:
Kategorie: Beste verhoogbestuurder
Nominasies:
1. |
Kaitlin le Roux |
Plekke |
Hoërskool Menlopark |
2. |
Stephany Kruger |
Truspieël |
Hoërskool Sasolburg |
3. |
Jae Ruppel |
Rondo |
Hoërskool Sasolburg |
Die beste verhoogbestuurder tydens die derde Gauteng-streeksfees is:
Kaitlin le Roux |
Plekke |
Hoërskool Menlopark |
Kategorie: Beste hantering van tegniese aspekte
Nominasies:
1. |
Vive la Résistance |
Midstream College |
2. |
as die sinkdakke kon skree |
Hoërskool Noordheuwel |
3. |
Pappa sit my op jou skoot terwyl Mamma die skottelgoed was |
Hoërskool Eldoraigne |
4. |
Die Dorp |
Hoërskool Hugenote Springs |
Die prys vir die beste hantering van tegniese aspekte tydens die derde Gauteng-streeksfees gaan aan:
Kategorie: Beste akteur in ’n ondersteunende rol
Nominasies:
1. |
Lian Strydom as Festis |
Ordo Mortis |
Hoërskool Noordheuwel |
2. |
Ulrich Slabbert as Karel |
Die Dorp |
Hoërskool Hugenote Springs |
3. |
Jolan Janse van Vuuren as Theunis |
Die Dorp |
Hoërskool Hugenote Springs |
4. |
Dillan Bach as Ouma |
Die Dorp |
Hoërskool Hugenote Springs |
Die beste akteur in ’n ondersteunende rol tydens die derde Gauteng-streeksfees is:
Kategorie: Beste aktrise in ’n ondersteunende rol
Nominasies:
1. |
Kariesa Botha as Kiri |
Ordo Mortis |
Hoërskool Noordheuwel |
2. |
Tanisha Geyer as Nina |
Besmet |
Hoërskool Bastion |
3. |
Minantè Pieterse as Dokter Johanna |
Die Dorp |
Hoërskool Hugenote Springs |
4. |
Darrylin Scott as Johanna |
Die Dorp |
Hoërskool Hugenote Springs |
Die beste aktrise in ’n ondersteunende rol tydens die derde Gauteng-streeksfees is:
Kategorie: Beste akteur in ’n hoofrol
Nominasies:
1. |
Connor McGill as Russo |
as die sinkdakke kon skree |
Hoërskool Noordheuwel |
2. |
Rico Immelman as Miller |
as die sinkdakke kon skree |
Hoërskool Noordheuwel |
3. |
Jordan Human as Darren |
Pappa sit my op jou skoot terwyl Mamma die skottelgoed was |
Hoërskool Eldoraigne |
4. |
Henlo Meyer as Sarel |
Die Dorp |
Hoërskool Hugenote Springs |
Die beste akteur in ’n hoofrol tydens die derde Gauteng-streeksfees is:
Kategorie: Beste aktrise in ’n hoofrol
Nominasies:
1. |
Corrine-Marie van Hoogdalem as Perdita |
Ordo Mortis |
Hoërskool Noordheuwel |
2. |
Mieke Combrinck as Ouma Elsie |
Vive la Résistance |
Midstream College |
3. |
Monya Brits as Mia |
Pappa sit my op jou skoot terwyl Mamma die skottelgoed was |
Hoërskool Eldoraigne |
4. |
Chermelè Wolmarans as Martie |
Die Dorp |
Hoërskool Hugenote Springs |
Die beste aktrise in ’n hoofrol tydens die derde Gauteng-streeksfees is:
Kategorie: Beste ensemble
Nominasies:
1. |
Ordo Mortis |
Hoërskool Noordheuwel |
2. |
Die meisie aan die buitewyke van die dorp |
Hoërskool Zwartkop |
3. |
as die sinkdakke kon skree |
Hoërskool Noordheuwel |
4. |
Die Dorp |
Hoërskool Hugenote Springs |
Die beste ensemble tydens die derde Gauteng-streeksfees is:
Kategorie: Beste regisseur
Nominasies:
1. |
Armand Rossouw |
Pappa sit my op jou skoot terwyl Mamma die skottelgoed was |
Hoërskool Eldoraigne |
2. |
Mariki de Villiers-Knop en Robert Kruger |
Ordo Mortis |
Hoërskool Noordheuwel |
3. |
Robert Kruger |
as die sinkdakke kon skree |
Hoërskool Noordheuwel |
Die beste regisseur tydens die derde Gauteng-streeksfees is:
Die beste produksie tydens die derde Gauteng-streeksfees is:
ATKV-Tienertoneel is hierdie week (21 tot 26 Augustus) vir oulaas in Pretoria in die UNISA Little Theatre vir die vierde Gauteng-streeksfees en ons maak ook ’n Kaapse draai, met die Wes-Kaap-streeksfees wat reeds op 20 Augustus in die Pam Golding Baxter-teater in Rondebosch afgeskop het. Kom vier saam ons grenslose tieners se kreatiewe werk tydens die laaste week van die 2023-streeksfeeste.
Besoek die volgende skakel vir programme en kaartjies: https://linktr.ee/atkv_tienertoneel