ATKV-Tienertoneel Gauteng-streeksfees 4 se wenners bekend

Die 58ste ATKV-Tienertoneel is dreuend dapper. Hierdie week het 307 dapper tieners hul stories in die UNISA Little theatre in Pretoria vir oulaas op die verhoog vertel.
Met ATKV-Tienertoneel word leerders soveel geleenthede moontlik gegee om by al die aspekte van die toneelstuk betrokke te raak, met ander woorde, by die spel, regie, skryf van tekste, kostuums, dekor, grimering, klank, beligting, verhoogbestuur, choreografie en selfs bemarking!
ATKV-Tienertoneel se unieke aanbiedingsformaat ontwikkel die jeug se liefde vir toneelspel deurdat elke produksie deur mentorbeoordelaars, wat sterk is in die vermaaklikheids- en tersiêre-onderrigbedryf, na afloop van elke optrede saam met die tieners koppe krap oor hul werk tydens opwindende mentorwerkswinkelsessies.
Die mentorbeoordelaars tydens Gauteng se vierde en laaste streeksfees vanaf 15 tot 20 Augustus was Solomon Cupido, Pietie Beyers en Jacques Bessenger en Marijda Kamper.
Nie net was dit hierdie mentorbeoordelaars se taak om ons deelnemers te inspireer met wenke om hul produksies te verfyn nie, maar hulle het ook die geleentheid om toppresteerders in hierdie streek aan te wys.
Die nominasies en wenners vir verskeie komponente in die teatermaakproses is tydens ʼn spogprysuitdeling op 27 Augustus bekendgemaak.
Kategorie: Beste klankoperateur
Nominasies:
Marko Labuschange | Hoërskool Nylstroom | Skuilplaas |
Heinrich Schutte | Hoërskool Noordheuwel | Middernagstad |
Die beste klankoperateur tydens die vierde Gauteng-streeksfees is:
Wenner

Kategorie: Beste beligtingsoperateur
Nominasies:
Gerhard Eloff | Hoërskool Zwartkop | Ikarus en die Songvanger |
Roland Powell | Bergsig Akademie | Hartskelder |
Luan Maartens | Hoërskool Noordheuwel | Middernagstad |
Die beste beligtingsoperateur tydens die vierde Gauteng-streeksfees is:
Wenner

Kategorie: Beste verhoogbestuurder
Nominasies:
Kaylin Cilliers | Hoërskool Zwartkop | Ikarus en die Sonvanger |
Joané Visagie | Die Hoërskool Menlopark | Auntie Sosiaal |
Theana Cloete | Hoërskool Noordheuwel | Middernagstad |
Die beste verhoogbestuurder tydens die vierde Gauteng-streeksfees is:
Wenner

Kategorie: Beste hantering van tegniese aspekte
Nominasies:
Hoërskool Monument | Krop |
Hoërskool Zwartkop | Ikarus en die Sonvanger |
Hoërskool Noordheuwel | Middernagstad |
Die prys vir die beste hantering van tegniese aspekte tydens die vierde Gauteng-streeksfees gaan aan:
Wenner

Kategorie: Beste akteur in ’n ondersteunende rol
Nominasies:
Kaniel van Jaarsveld | Die Hoërskool Menlopark | Frank & Steyn |
Juan Leuschner | Die Hoërskool Menlopark | Auntie Sosiaal |
Wian Burger | Bethlehem Voortrekker Hoërskool | Paradysstraat |
Die beste akteur in ’n ondersteunende rol tydens die vierde Gauteng-streeksfees is:
Wenner

Kategorie: Beste aktrise in ’n ondersteunende rol
Nominasies:
Carla Hugo | Hoërskool Zwartkop | Ikarus en die Sonvanger |
Sadi Jansen Van Rensburg | Hoërskool Zwartkop | Dit klink soos 'n Sprokie |
Sonnika van der Dussen | Hoërskool Raslouw | Stuyvesant |
Rethabile Moeketsi | Hoërskool Sasolburg | Auntie Sosiaal |
Die beste aktrise in ’n ondersteunende rol tydens die vierde Gauteng-streeksfees is:
Wenner

Kategorie: Beste akteur in ’n hoofrol
Nominasies:
Bernu Pieters | Die Hoërskool Menlopark | Karnaval |
Janco Bannink | Hoërskool Zwartkop | Ikarus en die Sonvanger |
Connor McGill | Hoërskool Noordheuwel | Middernagstad |
Die beste akteur in ’n hoofrol tydens die vierde Gauteng-streeksfees is:
Wenner

Kategorie: Beste aktrise in ’n hoofrol
Nominasies:
Ilme Taljaard | Die Hoërskool Menlopark | Karnaval |
Micaela Pankhurst | Hoërskool Zwartkop | Ikarus en die Sonvanger |
Zoe Labuschange | Hoërskool Noordheuwel | Middernagstad |
Anemieke van Niekerk | Hoërskool Piet Potgieter | Liefde 3022 |
Die beste aktrise in ’n hoofrol tydens die vierde Gauteng-streeksfees is:
Wenner
Anemieke van Niekerk | Hoërskool Piet Potgieter | Liefde 3022 |
Kategorie: Beste ensemble
Nominasies:
Hoërskool Monument | Krop |
Hoërskool Zwartkop | Ikarus en die Sonvanger |
Hoërskool Piet Potgieter | Liefde 3022 |
Die beste ensemble tydens die vierde Gauteng-streeksfees is:
Wenner

Kategorie: Beste regisseur
Nominasies:
Dr Emil Haarhoff, Barend Mynhardt en Marista van Eeden | Ikarus en die Sonvanger | Hoërskool Zwartkop |
Robert Kruger | Middernagstad | Hoërskool Noordheuwel |
Die beste regisseur tydens die vierde Gauteng-streeksfees is:
Wenner

Die prysuitdeling word deur ʼn pragaand van die streeksfeesfinaliste se mooiste stories voorafgeloop.
Die streeksfeesfinaliste tydens die vierde Gauteng-streeksfees, wat vir hul plekke in die nasionale finaal moes meeding, is as volg:
Krop | Hoërskool Monument |
Ikarus en die Sonvanger | Hoërskool Zwartkop |
Stuyvesant | Hoërskool Raslouw |
Middernagstad | Hoërskool Noordheuwel |
Die derdeplekwenner van hierdie streek is:
Krop | Hoërskool Monument |
Die naaswenner is:
Ikarus en die Sonvanger | Hoërskool Zwartkop |
Die beste produksie tydens die vierde Gauteng-streeksfees is:

Al nege ATKV-Tienertoneelstreeksfeeste het nou plaasgevind en nou is dit vir wag en kyk om te sien watter Top 8 produksies en twee beste slegs-leerders-produksies gaan deurdring na die nasionale finaal vanaf 3 tot 8 Oktober in die Kunstekaap (Kaapstad).
Volg ATKV op sosiale media en op die webwerf vir hierdie aankondiging op Woensdag 31 Augustus.