ATKV-Tienertoneel: Gauteng-streeksfees 4-wenners bekend
Die 59ste ATKV-Tienertoneelstreeksfeeste is vandeesweek afgesluit met die vierde Gauteng-streeksfees in Pretoria en die Wes-Kaap-streeksfees in Rondebosch. Daar het 330 tieners hul stories grensloos op die UNISA Little Theatre se verhoog in Pretoria kom vertel.
Met ATKV-Tienertoneel word leerders soveel geleenthede moontlik gegee om by al die aspekte van die toneelstuk betrokke te raak, met ander woorde, by die spel, regie, skryf van tekste, kostuums, dekor, grimering, klank, beligting, verhoogbestuur, choreografie en selfs bemarking!
ATKV-Tienertoneel se unieke aanbiedingsformaat ontwikkel die jeug se liefde vir toneelspel deurdat die deelnemers aan elke produksie na afloop van hul optrede met mentorbeoordelaars, wat hul merk maak in die vermaaklikheids- en tersiêre-onderrigbedryf, in ’n tweerigtingsgesprek tree oor hul werk tydens opwindende mentorwerkswinkelsessies.
Die mentorbeoordelaars tydens die vierde Gauteng-streeksfees vanaf 21 tot 26 Augustus was André Lotter, Lindsey Cele, Mari Molefe van Heerden en prof. Marié-Heleen Coetzee.
Nie net was dit hierdie mentorbeoordelaars se taak om ons deelnemers te inspireer met wenke om hul produksies te verfyn nie, maar hulle het ook die geleentheid om toppresteerders in hierdie streek aan te wys.
Die nominasies en wenners vir verskeie komponente in die teatermaakproses is tydens ’n spogprysuitdeling op 26 Augustus bekendgemaak.
Kategorie: Beste klankoperateur
Nominasies:
1. |
Albert Lombard |
Volk en toekoms |
Hoërskool Die Wilgers |
2. |
Erich Pieterse |
In die Doderyk van Drake |
Afrikaanse Hoër Seunskool |
3. |
Danielle van der Watt |
LYF |
Hoërskool Noordheuwel |
Die beste klankoperateur tydens die vierde Gauteng-streeksfees is:
Kategorie: Beste beligtingsoperateur
Nominasies:
1. |
Misha Rantisi |
O, moeder |
Hoërskool Oos-Moot |
2. |
Niané de Freitas |
Kromdraai |
Hoërskool Garsfontein |
3. |
Kéan Jooste |
LYF |
Hoërskool Noordheuwel |
Die beste beligtingsoperateur tydens die vierde Gauteng-streeksfees is:
Kategorie: Beste verhoogbestuurder
Nominasies:
1. |
Charmele Wolmarans en Ulrich Slabbert |
Alles Anke |
Hoërskool Hugenote Springs |
2. |
Tomas du Preez |
Kuns-mis |
Hoërskool Die Wilgers |
3. |
Natasha Willers |
Vloei |
Hoërskool Eldoraigne |
4. |
Somari Ryan |
LYF |
Hoërskool Noordheuwel |
Die beste verhoogbestuurder tydens die vierde Gauteng-streeksfees is:
Tomas du Preez |
Kuns-mis |
Hoërskool Die Wilgers |
Kategorie: Beste hantering van tegniese aspekte
Nominasies:
1. |
In die Doderyk van Drake |
Afrikaanse Hoër Seunskool |
2. |
Volk en Toekoms |
Hoërskool Die Wilgers |
3. |
LYF |
Hoërskool Noordheuwel |
4. |
(Lyk) ons vir jou stoepit? |
Hoërskool Noordheuwel |
Die prys vir die beste hantering van tegniese aspekte tydens die vierde Gauteng-streeksfees gaan aan:
Kategorie: Beste aktrise in ’n ondersteunende rol
Nominasies:
1. |
Anomé Meyer as Meisie |
LYF |
Hoërskool Noordheuwel |
2. |
Chenique Pieterse as Shibit |
(Lyk) ons vir jou stoepit? |
Hoërskool Noordheuwel |
3. |
Melandi Swiegelaar as Klokkie |
(Lyk) ons vir jou stoepit? |
Hoërskool Noordheuwel |
4. |
Anzelle Vorster as Butch |
(Lyk) ons vir jou stoepit? |
Hoërskool Noordheuwel |
Die beste aktrise in ’n ondersteunende rol tydens die vierde Gauteng-streeksfees is:
Kategorie: Beste akteur in ’n hoofrol
Nominasies:
1. |
Gil Wood as Edwin, speurder Ray Ignatius, lugman Willie Waman |
In die Doderyk van Drake |
Afrikaanse Hoër Seunskool |
2. |
James Thom as Pierre, Lolla, Dame Delilah |
In die Doderyk van Drake |
Afrikaanse Hoër Seunskool |
3. |
Julian Robinson as die hartsmid |
Hartsmid |
Helpmekaar Kollege |
4. |
Luan Maartens as Simon |
LYF |
Hoërskool Noordheuwel |
Die beste akteur in ’n hoofrol tydens die vierde Gauteng-streeksfees is:
Kategorie: Beste aktrise in ’n hoofrol
Nominasies:
1. |
Kirsten van den Berg as Alma |
Vloei |
Hoërskool Eldoraigne |
2. |
Corrine-Marie van Hoogdalem as Ma |
LYF |
Hoërskool Noordheuwel |
3. |
Carla Vermeulen as Fanny |
(Lyk) ons vir jou stoepit? |
Hoërskool Noordheuwel |
Die beste aktrise in ’n hoofrol tydens die vierde Gauteng-streeksfees is:
Kategorie: Beste ensemble
Nominasies:
1. |
Volk en Toekoms |
Hoërskool Die Wilgers |
2. |
In die Doderyk van Drake |
Afrikaanse Hoër Seunskool |
3. |
LYF |
Hoërskool Noordheuwel |
4. |
(Lyk) ons vir jou stoepit? |
Hoërskool Noordheuwel |
Die beste ensemble tydens die vierde Gauteng-streeksfees is:
Kategorie: Beste regisseur
Nominasies:
1. |
Ronèl de Beer, Robert Kruger |
In die Doderyk van Drake |
Afrikaanse Hoër Seunskool |
2. |
Mariki de Villiers-Knop |
LYF |
Hoërskool Noordheuwel |
Die beste regisseur tydens die vierde Gauteng-streeksfees is:
Die beste produksie tydens die vierde Gauteng-streeksfees is:
Al die ATKV-Tienertoneelstreeksfeeste het nou plaasgevind en nou is dit tyd om te wag en kyk watter topagt produksies en twee beste slegs-leerders-produksies gaan deurdring na die nasionale finaal vanaf 2 tot 6 Oktober in die Lyric-teater by Gold Reef City (Johannesburg).
Volg die ATKV op sosiale media en hou ’n ogie op die ATKV-webwerf vir hierdie aankondiging op Woensdag 30 Augustus.