ATKV-Tienertoneel Gqeberha-streeksfees se wenners bekend

Die 58ste ATKV-Tienertoneel is dreuend dapper. Hierdie week het 199 dapper tieners hul stories in die Little Theatre in Gqeberha op die verhoog vertel.
Met ATKV-Tienertoneel word leerders soveel geleenthede moontlik gegee om by al die aspekte van die toneelstuk betrokke te raak, met ander woorde, by die spel, regie, skryf van tekste, kostuums, dekor, grimering, klank, beligting, verhoogbestuur, choreografie en selfs bemarking!
ATKV-Tienertoneel se unieke aanbiedingsformaat ontwikkel die jeug se liefde vir toneelspel deurdat elke produksie deur mentorbeoordelaars, wat sterk is in die vermaaklikheids- en tersiêre-onderrigbedryf, na afloop van elke optrede saam met die tieners koppe krap oor hul werk tydens opwindende mentorwerkswinkelsessies.
Die mentorbeoordelaars tydens die Gqeberha-streeksfees vanaf 10 tot 13 Augustus was Jacques Bessenger, Solomon Cupido en Pietie Beyers.
Nie net was dit hierdie mentorbeoordelaars se taak om ons deelnemers te inspireer met wenke om hul produksies te verfyn nie, maar hulle het ook die geleentheid om toppresteerders in hierdie streek aan te wys.
Die nominasies en wenners vir verskeie komponente in die teatermaakproses is tydens ʼn spogprysuitdeling op 13 Augustus bekendgemaak.
Kategorie: Beste klankoperateur
Nominasies:
Callen Jordan | Ándras (Man) | Selborne College |
Zayne Bekker en Estian Slabert | Bel die Polisie | Hoërskool Nico Malan |
Die beste klankoperateur tydens die Gqeberha-streeksfees is:
Wenner

Kategorie: Beste beligtingsoperateur
Nominasies:
Sinenqaba Vellem | Ándras (Man) | Selborne College |
Darius Pretorius en Neil Lategan | Bel die Polisie | Hoërskool Nico Malan |
Sinenqaba Vellem | ’n Langpadstorie (oor Lig, Boksies en ’n Engel) | Selborne College |
Die beste beligtingsoperateur tydens die Gqeberha-streeksfees is:
Wenner

Kategorie: Beste verhoogbestuurder
Nominasies:
Sibabalwe Gobe-Gysman en Mbongeni Wolela | Ándras (Man) | Selborne College |
Siba Gobe-Gysman | ’n Langpadstorie (oor Lig, Boksies en ’n Engel) | Selborne College |
Die beste verhoogbestuurder tydens die Gqeberha-streeksfees is:
Wenner

Kategorie: Beste hantering van tegniese aspekte
Nominasies:
Die Masjien Stop | Hoërskool Framesby |
Ándras (Man) | Selborne College |
Die prys vir die beste hantering van tegniese aspekte tydens die Gqeberha-streeksfees gaan aan:
Wenner

Kategorie: Beste aktrise in ’n ondersteunende rol
Nominasies:
Vasti Myburgh as Verteller 2 | Die Masjien Stop | Hoërskool Framesby |
Kylie de Jager as Liz Koekemoer | Tanneman | Hoërskool McLachlan |
Die beste aktrise in ’n ondersteunende rol tydens die Gqeberha-streeksfees is:
Wenner

Kategorie: Beste akteur in ’n hoofrol
Nominasies:
Ruwaldo Miggels as Tanneman | Tanneman | Hoërskool McLachlan |
Lyndon Lindoor as Tanneman | Tanneman | Hoërskool McLachlan |
Ronald Theron as Agóri | Ándras (Man) | Selborne College |
Juan Whittle as Sion | Die Masjien Stop | Hoërskool Framesby |
Die beste akteur in ’n hoofrol tydens die Gqeberha-streeksfees is:
Wenner

Kategorie: Beste aktrise in ’n hoofrol
Nominasies:
Nadeen Booysen as Ramona | Tanneman | Hoërskool McLachlan |
Anneke Grobler as Cecilia | Die Masjien Stop | Hoërskool Framesby |
Die beste aktrise in ’n hoofrol tydens die Gqeberha-streeksfees is:
Wenner

Kategorie: Beste ensemble
Nominasies:
Die Masjien Stop | Hoërskool Framesby |
Ándras (Man) | Selborne College |
Die beste ensemble tydens die Gqeberha-streeksfees is:
Wenner

Kategorie: Beste regisseur
Nominasies:
Mariska Basson en Erika Myburgh | Die Masjien Stop | Hoërskool Framesby |
Jo-Aithne Stemmet | Ándras (Man) | Selborne College |
Die beste regisseur tydens die Gqeberha-streeksfees is:
Wenner

Die prysuitdeling word deur ’n pragaand van die streeksfeesfinaliste se mooiste stories voorafgeloop.
Die streeksfeesfinaliste tydens die Gqeberha-streeksfees, wat vir hul plekke in die nasionale finaal moes meeding, is as volg:
Die Masjien Stop | Hoërskool Framesby |
Ándras (Man) | Selborne College |
Die naaswenner is:
Naaswenner
Die Masjien Stop | Hoërskool Framesby |
Die beste produksie tydens die Gqeberha-streeksfees is:
Wenproduksie

ATKV-Tienertoneel is hierdie week in Kaapstad by die Kunstekaap-teater vir die Wes-Kaap se eerste streeksfees, asook in Pretoria by die UNISA Little theatre om die dreunend dapper tieners in Gauteng se derde streeksfees se werk te mentor en te vier.
Besoek die volgende skakel vir programme en kaartjies: https://linktr.ee/atkv_tienertoneel