ATKV-Tienertoneel: Gqeberha-streeksfeeswenners bekend
Die 59ste ATKV-Tienertoneel het vandeesweek in Bloemfontein en Gqeberha plaasgevind. Daar het 230 tieners van regoor die land gereis na die vriendelike stad om hul stories grensloos op die Little Theatre se verhoog te vertel.
Met ATKV-Tienertoneel word leerders soveel geleenthede moontlik gegee om by al die aspekte van die toneelstuk betrokke te raak, met ander woorde, by die spel, regie, skryf van tekste, kostuums, dekor, grimering, klank, beligting, verhoogbestuur, choreografie en selfs bemarking!
ATKV-Tienertoneel se unieke aanbiedingsformaat ontwikkel die jeug se liefde vir toneelspel deurdat die deelnemers aan elke produksie na afloop van hul optrede met mentorbeoordelaars, wat hul merk maak in die vermaaklikheids- en tersiêre-onderrigbedryf, in ’n tweerigtingsgesprek tree oor hul werk tydens opwindende mentorwerkswinkelsessies.
Die mentorbeoordelaars tydens die Gqeberha-streeksfees vanaf 9 tot 12 Augustus was Marlo Minnaar, Wilhelm van der Walt, Ilana Cilliers en Mari Molefe van Heerden.
Nie net was dit hierdie mentorbeoordelaars se taak om ons deelnemers te inspireer met wenke om hul produksies te verfyn nie, maar hulle het ook die geleentheid om toppresteerders in hierdie streek aan te wys.
Die nominasies en wenners vir verskeie komponente in die teatermaakproses is tydens ’n spogprysuitdeling op 12 Augustus bekendgemaak.
Kategorie: Beste klankoperateur
Nominasies:
1. |
Kristen Kern |
STOEP |
Hoërskool Parel Vallei |
2. |
Breyton Plaatjies |
Pens Down |
Bernadino Heights High School |
3. |
Helé Erasmus |
Mag ons maar iets sê? |
Hoërskool Durbanville |
Die beste klankoperateur tydens die Gqeberha-streeksfees is:
Kategorie: Beste beligtingsoperateur
Nominasies:
1. |
Sarah Harris |
STOEP |
Hoërskool Parel Vallei |
2. |
Wessel Steenkamp |
Mag ons maar iets sê? |
Hoërskool Durbanville |
3. |
Albert Klopper |
HOEKOM? |
Hoërskool Nico Malan |
4. |
Asher Mugerwa |
Die Waterkind |
Selborne College |
5. |
Anell Maasdorp |
Wag op die dagbreek |
Hoërskool Upington |
Die beste beligtingsoperateur tydens die Gqeberha-streeksfees is:
Kategorie: Beste verhoogbestuurder
Nominasies:
1. |
Clarissa Venter en Chris-Mari Landman |
HOEKOM? |
Hoërskool Nico Malan |
2. |
Emma Vieyra |
ek.jy.ons |
Hoërskool Durbanville |
3. |
Sibabalwe Gobe |
VOLTAIRE |
Selborne College |
4. |
Ánneh Mitrovich |
STOEP |
Hoërskool Parel Vallei |
Die beste verhoogbestuurder tydens die Gqeberha-streeksfees is:
Kategorie: Beste hantering van tegniese aspekte
Nominasies:
1. |
Die Waterkind |
Selborne College |
2. |
STOEP |
Hoërskool Parel Vallei |
Die prys vir die beste hantering van tegniese aspekte tydens die Gqeberha-streeksfees gaan aan:
Kategorie: Beste akteur in ’n ondersteunende rol
Nominasies:
1. |
Ronald Theron as Umoya |
Die Waterkind |
Selborne College |
2. |
Paul Strydom as Dirk, Gerhard en mnr. Dooley |
STOEP |
Hoërskool Parel Vallei |
Die beste akteur in ’n ondersteunende rol tydens die Gqeberha-streeksfees is:
Kategorie: Beste akteur in ’n hoofrol
Die beste akteur in ’n hoofrol tydens die Gqeberha-streeksfees is:
Kategorie: Beste aktrise in ’n hoofrol
Die beste aktrise in ’n hoofrol tydens die Gqeberha-streeksfees is:
Kategorie: Beste ensemble
Nominasies:
1. |
Wag op die dagbreek |
Hoërskool Upington |
2. |
Mag ons maar iets sê? |
Hoërskool Durbanville |
3. |
Die Waterkind |
Selborne College |
4. |
STOEP |
Hoërskool Parel Vallei |
Die beste ensemble tydens die Gqeberha-streeksfees is:
Kategorie: Beste regisseur
Die beste regisseur tydens die Gqeberha-streeksfees is:
Die beste produksie tydens die Gqeberha-streeksfees is:
ATKV-Tienertoneel is hierdie week vanaf 14 tot 19 Augustus weer terug in Gauteng vir dié provinsie se derde streeksfees om die grenslose tieners se werk te mentor en te vier by die UNISA Little Theatre. Die Wes-Kaap-streeksfees van ATKV-Tienertoneel begin ook reeds op Sondag 20 Augustus in die Pam Golding Baxter-teater in Rondebosch.
Besoek die volgende skakel vir programme en kaartjies: https://linktr.ee/atkv_tienertoneel