ATKV-Tienertoneel maak die Kaap weer Hollands!

Die ATKV-Tienertoneelkompetisie het vanjaar weer nuwe hoogtes in die Wes-Kaap bereik met toneelgeselskappe wat nie geskroom het om met kreatiwiteit die planke te laat bewe nie.
227 deelnemers het met hul kreatiwiteit en selfdissipline kom spog in die Baxter Theatre Centre en beoordelaars Jacques Bessenger, Amalia Uys, Zenobia Kloppers en Marlo Minnaar beïndruk.
Amalia en Jaques was dit eens dat hierdie tieners die industrie vreesloos hoop gee en dat hulle met hul harde werk en selfdissipline bewys het enige iets is moontlik, ongeag wat die wêreld na jou kant toe gooi.
Mentorsessies deur die paneel het produksiespanne meegevoer en teater is gemaak, gevier en ontwikkel om die volhoubaarheid in die industrie te verseker.
Die toppresteerders in verskeie kategorieë van teatermaak tydens die Wes-Kaap-streeksfees is soos volg:
Die beste akteur in ’n hoofrol tydens die Wes-Kaap-streeksfees is …
|
as |
in die produksie |
deur |
Carlo Louw |
Anton |
’n Onwaarskynlike reeks skynbaar onverwante oomblikke of Dinsdag |
Hoërskool Bellville |
Die beste aktrise in ’n hoofrol is …
as |
in die produksie |
deur |
|
Diniva Marais |
Audrey |
Reuk van ma |
Swellendam Sekondêre Skool |
Die beste akteur in ’n ondersteunende rol tydens die Wes-Kaap-streeksfees is
as |
in die produksie |
deur |
|
Ethan de Jager |
Diago |
Hansel en Gretel |
Zwaanswyk High School |
Die beste aktrise in ’n ondersteunende rol is …
as |
in die produksie |
deur |
|
Amy Olivier en Elcke Pio |
Byspelers |
’n Onwaarskynlike reeks skynbaar onverwante oomblikke of Dinsdag |
Hoërskool Bellville |
Die beste ensemble van die Wes-Kaap-streeksfees is …
met die produksie |
|
Hoërskool Parel Vallei |
Hansie Slim |
Die beste hantering van tegniese aspekte is …
met die produksie |
|
Hoërskool Parel Vallei |
DORS |
Die beste verhoogbestuurder is…
in die produksie |
deur |
|
Jelena Jerling |
Dors |
Hoërskool Parel Vallei |
Die beste klankoperateur tydens die Wes-Kaap-streeksfees is …
in die produksie |
deur |
|
Lindsay Adams |
Hansie slim |
Hoërskool Parel Vallei |
Die beste beligtingsoperateur tydens die Wes-Kaap-streeksfees is …
in die produksie |
deur |
|
Peter-Ivan Mitrovich |
Verkleurmannetjie |
Hoërskool Parel Vallei |
Die beste regisseur tydens die Wes-Kaap-streeksfees is …
met die produksie |
deur |
|
Kanya Viljoen |
Om teen treine te skree |
Hoërskool Jan van Riebeeck |
TOP 3-PRODUKSIES
In die derde plek is …
’n Onwaarskynlike reeks skynbaar onverwante oomblikke of Dinsdag
van die Hoërskool Bellville.
***
Die naaswenner van die Wes-Kaap-streeksfees is …
Om teen treine te skree
van die Hoërskool Jan van Riebeeck.
***
Die beste produksie van die Wes-Kaap-streeksfees is …
Hansie Slim van die Hoërskool Parel Vallei.
Prysuitdeling
Kyk die volledige prysuitdeling van ATKV-Tienertoneel se Wes-Kaap-streeksfees hier: