ATKV-Tienertoneel Wes-Kaap-streeksfees 2 se wenners bekend
Die 58ste ATKV-Tienertoneel is dreuend dapper. Hierdie week het 415 dapper tieners hul stories in die Baxter Pam Golding theatre in Rondebosch op die verhoog vertel.
Met ATKV-Tienertoneel word leerders soveel geleenthede moontlik gegee om by al die aspekte van die toneelstuk betrokke te raak, met ander woorde, by die spel, regie, skryf van tekste, kostuums, dekor, grimering, klank, beligting, verhoogbestuur, choreografie en selfs bemarking!
ATKV-Tienertoneel se unieke aanbiedingsformaat ontwikkel die jeug se liefde vir toneelspel deurdat elke produksie deur mentorbeoordelaars, wat sterk is in die vermaaklikheids- en tersiêre-onderrigbedryf, na afloop van elke optrede saam met die tieners koppe krap oor hul werk tydens opwindende mentorwerkswinkelsessies.
Die mentorbeoordelaars tydens die Wes-Kaap se tweede streeksfees vanaf 22 tot 27 Augustus was Jacques Bessenger, Ludwig Binge, Wilhelm van der Walt en Pietie Beyers.
Nie net was dit hierdie mentorbeoordelaars se taak om ons deelnemers te inspireer met wenke om hul produksies te verfyn nie, maar hulle het ook die geleentheid om toppresteerders in hierdie streek aan te wys.
Die nominasies en wenners vir verskeie komponente in die teatermaakproses is tydens ʼn spogprysuitdeling op 27 Augustus bekendgemaak.
Kategorie: Beste klankoperateur
Nominasies:
Tishal Prag | mAaNmAaTs | Hoërskool Parel Vallei |
Nel Rohland | Die Wêreld is ons woning nie | Hoërskool Tygerberg |
Tiaan Smit | SKRUM | Paul Roos Gimnasium |
Die beste klankoperateur tydens die tweede Wes-Kaap-streeksfees is:
Wenner
Kategorie: Beste beligtingsoperateur
Nominasies:
Kelly Lindenberg | Die Wêreld is ons woning nie | Hoërskool Tygerberg |
Lieze van der Westhuizen en Kate Cornelissen | Wie't die ligte afgesit | Hoër Meisieskool Bloemhof |
Waldo van Zyl | SKRUM | Paul Roos Gimnasium |
Die beste beligtingsoperateur tydens die tweede Wes-Kaap-streeksfees is:
Wenner
Kategorie: Beste verhoogbestuurder
Nominasies:
Elcke Pio | Opgefrommel (meer en meer) | Hoërskool Bellville |
Danelie Pienaar | Slagveld Sirkus | Hoërskool Strand |
Suné Brand | 20?? | Hoërskool Durbanville |
Die beste verhoogbestuurder tydens die tweede Wes-Kaap-streeksfees is:
Wenner
Kategorie: Beste hantering van tegniese aspekte
Nominasies:
Die Susterskap | Hoërskool Parel Vallei |
MY HART | Hoërskool Durbanville |
wat die water weet | Hoërskool Jan van Riebeeck |
Opgefrommel (meer en meer) | Hoërskool Bellville |
mAaNmAaTs | Hoërskool Parel Vallei |
Die prys vir die beste hantering van tegniese aspekte tydens die tweede Wes-Kaap-streeksfees gaan aan:
Wenner
Kategorie: Beste akteur in ’n ondersteunende rol
Nominasies:
Vincent Kruger as Ou man | Slagveld Sirkus | Hoërskool Strand |
Erik Tredoux as Pa | MY HART | Hoërskool Durbanville |
Aden Gardiner as Aden | mAaNmAaTs | Hoërskool Parel Vallei |
Die beste akteur in ’n ondersteunende rol tydens die tweede Wes-Kaap-streeksfees is:
Wenner
Kategorie: Beste aktrise in ’n ondersteunende rol
Nominasies:
Anne Swart as Voortrekker Vrou en Maryna | Slagveld Sirkus | Hoërskool Strand |
Doline Havinga as Inge | Die Susterskap | Hoërskool Parel Vallei |
Christeleigh Bruwer as Ousus | MY HART | Hoërskool Durbanville |
Karlie Naudé as Poplap | MY HART | Hoërskool Durbanville |
Zimkhita Nkala as Bobby | Onse Vlaktes | Zwaanswyk High School |
Die beste aktrise in ’n ondersteunende rol tydens die tweede Wes-Kaap-streeksfees is:
Wenner
Kategorie: Beste akteur in ’n hoofrol
Nominasies:
Ethan de Jager as Ethan | Onse Vlaktes | Zwaanswyk High School |
Paul Strydom as Paul | mAaNmAaTs | Hoërskool Parel Vallei |
Renico Alman | Kleinplaas | Swellendam Sekondêre Skool |
Logan Dunshire | Die wêreld is ons woning nie | Hoërskool Tygerberg |
Die beste akteur in ’n hoofrol tydens die tweede Wes-Kaap-streeksfees is:
Wenner
Kategorie: Beste aktrise in ’n hoofrol
Nominasies:
Talia Roux as Nadia | Die Susterskap | Hoërskool Parel Vallei |
Lyla Botha as Ma | MY HART | Hoërskool Durbanville |
Marelee Ferreira as Greta | Kamp wegkom | Curro Windhoek Gymnasium |
Amy Olivier as Elzaan, Mariska en Steyn | Die donker ken my naam | Hoërskool Bellville |
Die beste aktrise in ’n hoofrol tydens die tweede Wes-Kaap-streeksfees is:
Wenner
Kategorie: Beste ensemble
Nominasies:
wat die water weet | Hoërskool Jan van Riebeeck |
Slagveld Sirkus | Hoërskool Strand |
Die Susterskap | Hoërskool Parel Vallei |
Onse Vlaktes | Zwaanswyk High School |
mAaNmAaTs | Hoërskool Parel Vallei |
Die Wêreld is ons woning nie | Hoërskool Tygerberg |
Die beste ensemble tydens die tweede Wes-Kaap-streeksfees is:
Wenner
Kategorie: Beste regisseur
Nominasies:
Frans Hamman | DIE HART | Hoërskool Durbanville |
Marguerite du Bois en Jesse Harmse | Die Wêreld is ons woning nie | Hoërskool Tygerberg |
Darryl Spijkers | Die Susterskap | Hoërskool Parel Vallei |
Kanya Viljoen | wat die water weet | Hoërskool Jan van Riebeeck |
Die beste regisseur tydens die tweede Wes-Kaap-streeksfees is:
Wenner
Beoordelaarstoekenning
Vir boeiende en uitsonderlike geloofwaardige samespel tussen karakters
Die prysuitdeling word deur ’n pragaand van die streeksfeesfinaliste se mooiste stories voorafgeloop.
Die streeksfeesfinaliste tydens die tweede Wes-Kaap-streeksfees, wat vir hul plekke in die nasionale finaal moes meeding, is as volg:
Die Susterskap | Hoërskool Parel Vallei |
MY HART | Hoërskool Durbanville |
Die Wêreld is ons woning nie | Hoërskool Tygerberg |
Wie't die ligte afgesit | Hoër Meisieskool Bloemhof |
wat die water weet | Hoërskool Jan van Riebeeck |
mAaNmAaTs | Hoërskool Parel Vallei |
Die derdeplekwenner van hierdie streek is:
Die Susterskap | Hoërskool Parel Vallei |
Die naaswenner is:
MY HART | Hoërskool Durbanville |
Die beste produksie tydens die tweede Wes-Kaap-streeksfees is:
Wenproduksie
Al nege ATKV-Tienertoneelstreeksfeeste het nou plaasgevind en nou is dit vir wag en kyk om te sien watter Top 8 produksies en twee beste slegs-leerders-produksies gaan deurdring na die nasionale finaal vanaf 3 tot 8 Oktober in die Kunstekaap (Kaapstad).
Volg ATKV op sosiale media en op die webwerf vir hierdie aankondiging op Woensdag 31 Augustus.