ATKV-Tienertoneel: Wes-Kaap-streeksfeeswenners bekend
Die 59ste ATKV-Tienertoneelstreeksfeeste is vandeesweek afgesluit met die vierde Gauteng-streeksfees in Pretoria en die Wes-Kaap-streeksfees in Rondebosch. Daar het 600 tieners hul stories grensloos op die Pam Golding Baxter-teater se verhoog in Rondebosch vertel.
Met ATKV-Tienertoneel word leerders soveel geleenthede moontlik gegee om by al die aspekte van die toneelstuk betrokke te raak, met ander woorde, by die spel, regie, skryf van tekste, kostuums, dekor, grimering, klank, beligting, verhoogbestuur, choreografie en selfs bemarking!
ATKV-Tienertoneel se unieke aanbiedingsformaat ontwikkel die jeug se liefde vir toneelspel deurdat die deelnemers aan elke produksie na afloop van hul optrede met mentorbeoordelaars, wat hul merk maak in die vermaaklikheids- en tersiêre-onderrigbedryf, in ’n tweerigtingsgesprek tree oor hul werk tydens opwindende mentorwerkswinkelsessies.
Die mentorbeoordelaars tydens die Wes-Kaap-streeksfees vanaf 20 tot 27 Augustus was Marijda Kamper, Marlo Minnaar, Wilhelm van der Walt en Jacques Bessenger.
Nie net was dit hierdie mentorbeoordelaars se taak om ons deelnemers te inspireer met wenke om hul produksies te verfyn nie, maar hulle het ook die geleentheid om toppresteerders in hierdie streek aan te wys.
Die nominasies en wenners vir verskeie komponente in die teatermaakproses is tydens ’n spogprysuitdeling op 27 Augustus bekendgemaak.
Kategorie: Beste klankoperateur
Nominasies:
1. |
Yara Langeveldt |
Eggo en |
Hoër Meisieskool Bloemhof |
2. |
Anina Reyneke |
Narcissus en |
Hoërskool Stellenbosch |
3. |
Leila Everleigh |
Wegwêreld |
Hoërskool Parel Vallei |
Die beste klankoperateur tydens die Wes-Kaap-streeksfees is:
Yara Langeveldt |
Eggo en |
Hoër Meisieskool Bloemhof |
Kategorie: Beste beligtingsoperateur
Nominasies:
1. |
Ruan Nortier |
VOX POP |
Hoërskool Durbanville |
2. |
Wessel Steenkamp |
Die S-EFFEK |
Hoërskool Durbanville |
3. |
Kate Cornelissen |
Eggo en |
Hoër Meisieskool Bloemhof |
Die beste beligtingsoperateur tydens die Wes-Kaap-streeksfees is:
Kate Cornelissen |
Eggo en |
Hoër Meisieskool Bloemhof |
Kategorie: Beste verhoogbestuurder
Nominasies:
1. |
Christine Cockett |
23KG |
Hoërskool Parel Vallei |
2. |
Ingrid Klopper en Juan Visagie |
Alweer |
Hoërskool DF Malan |
3. |
Kobus Krieg |
Val(deur) |
Paul Roos Gimnasium |
Die beste verhoogbestuurder tydens die Wes-Kaap-streeksfees is:
Kategorie: Beste hantering van tegniese aspekte
Nominasies:
1. |
Gorge(us) |
Curro Durbanville Hoërskool |
2. |
23KG |
Hoërskool Parel Vallei |
3. |
Wegwêreld |
Hoërskool Parel Vallei |
Die prys vir die beste hantering van tegniese aspekte tydens die Wes-Kaap-streeksfees gaan aan:
Kategorie: Beste akteur in ’n ondersteunende rol
Nominasies:
1. |
Joshua Simone as Brumulda Brummel |
Wegwêreld |
Hoërskool Parel Vallei |
2. |
Njabulo Ncapai as Ninja |
23KG |
Hoërskool Parel Vallei |
3. |
Sebastian van Niekerk as Sebastian |
23KG |
Hoërskool Parel Vallei |
Die beste akteur in ’n ondersteunende rol tydens die Wes-Kaap-streeksfees is:
Joshua Simone as Brumulda Brummel |
Wegwêreld |
Hoërskool Parel Vallei |
Kategorie: Beste aktrise in ’n ondersteunende rol
Nominasies:
1. |
Nina Strydom as Die Boekhouer |
Wegwêreld |
Hoërskool Parel Vallei |
2. |
Sheraine de Vries as Sheraine |
23KG |
Hoërskool Parel Vallei |
3. |
Kyla Steyn as Kyla |
23KG |
Hoërskool Parel Vallei |
4. |
Jana du Piesanie as Olivia |
Die S-EFFEK |
Hoërskool Durbanville |
5. |
Miquette Eloff as Miquette |
23KG |
Hoërskool Parel Vallei |
Die beste aktrise in ’n ondersteunende rol tydens die Wes-Kaap-streeksfees is:
Kategorie: Beste akteur in ’n hoofrol
Nominasies:
1. |
Francois Retief as Koos |
23KG |
Hoërskool Parel Vallei |
2. |
Paul Strydom as Tomie |
Wegwêreld |
Hoërskool Parel Vallei |
3. |
Darren Cloete as Daniël |
praat gou weer |
Hoërskool Jan van Riebeeck |
4. |
Clifton Wagenstroom as Calen |
praat gou weer |
Hoërskool Jan van Riebeeck |
Die beste akteur in ’n hoofrol tydens die Wes-Kaap-streeksfees is:
Kategorie: Beste aktrise in ’n hoofrol
Nominasies:
1. |
Kaylen Ferreira as Redder |
Sterre Verskiet |
Hoërskool Stellenberg |
2. |
Doline Havinga as Hanli |
Wegwêreld |
Hoërskool Parel Vallei |
Die beste aktrise in ’n hoofrol tydens die Wes-Kaap-streeksfees is:
Kategorie: Beste ensemble
Nominasies:
1. |
Gorge(us) |
Curro Durbanville Hoërskool |
2. |
Die S-EFFEK |
Hoërskool Durbanville |
3. |
23KG |
Hoërskool Parel Vallei |
4. |
Wegwêreld |
Hoërskool Parel Vallei |
Die beste ensemble tydens die Wes-Kaap-streeksfees is:
Kategorie: Beste regisseur
Nominasies:
1. |
Mari Blom |
Die S-EFFEK |
Hoërskool Durbanville |
2. |
Darryl Spijkers |
Wegwêreld |
Hoërskool Parel Vallei |
Die beste regisseur tydens die Wes-Kaap-streeksfees is:
Die beste produksie tydens die Wes-Kaap-streeksfees is:
Al die ATKV-Tienertoneelstreeksfeeste het nou plaasgevind en nou is dit tyd om te wag en kyk watter topagt produksies en twee beste slegs-leerders-produksies gaan deurdring na die nasionale finaal vanaf 2 tot 6 Oktober in die Lyric-teater by Gold Reef City (Johannesburg).
Volg die ATKV op sosiale media en hou ’n ogie op die ATKV-webwerf vir hierdie aankondiging op Woensdag 30 Augustus.