ATKV-Tjokkertoneel: Eerste Gauteng-streeksfees beïndruk

Die ATKV se jongste toneelaanbod, ATKV-Tjokkertoneel, het hierdie jaar enorme nasionale deelnamegroei getoon deurdat ons vier streeksfeeste landwyd aanbied. Die afgelope week het 103 tjokkers in Gauteng afgeskop met die nasionale kompetisie.
Die doel van ATKV-Tjokkertoneel is die skep van ’n nasionale platform vir talentontwikkeling ter viering en opbou van laerskoolkinders deur toneelontwikkeling, gehoorontwikkeling en blootstelling aan goeie literatuur aan te moedig. Met ATKV-Tjokkertoneel stel ons jong leerders bloot aan teaterkuns en drama deur middel van mini-tonele.
Deur die opbouende proses van toneelspel ontwikkel kinders selfvertroue, kommunikasie- en luistervaardighede, en verbreed hul woordeskat.
Tjokkers in Gauteng het hard gewerk en hul stories in Pretoria met groot passie kom vertel op Saterdag 22 Julie in die UNISA Little Theatre.
Bekroonde teatermakers van ATKV-Tienertoneel, Johann Smith en Linda van Niekerk, het as mentorbeoordelaars die talent aanskou en was verstom oor die tjokkers se kreatiewe werk en waagmoed om stories geloofwaardig te vertel, terwyl hulle ook suksesvol aan alle teaterelemente aandag gee.
ATKV-Tjokkertoneeldeelnemers ontvang benewens toekennings vir deelname en prysenswaardige prestasie ook pasgemaakte stemnotas van beide mentors om verder hul talent te slyp.
Streeksfeeswenners is Saterdag tydens ’n spogprysuitdeling aangewys.
Hier is die nominasies en wenners:
Die beste hantering van tegniese aspekte tydens die eerste Gauteng-streeksfees is:

Die beste tjokkeraktrise tydens die eerste Gauteng-streeksfees is:

Die beste tjokkerensemble tydens die eerste Gauteng-streeksfees is:

Kategorie: Beste tjokkerregisseur
Nominasies:
1 |
Monique van Rooyen |
Wensmakers |
Laerskool Dr. Havinga |
2 |
Danelle van Dyk |
Graad 7 suck!!! |
Laerskool Generaal Hendrik Schoeman |
Die beste tjokkerregisseur tydens die eerste Gauteng-streeksfees is:

Die beste tjokkertoneelproduksie tydens die eerste Gauteng-streeksfees is:

Baie dankie aan al die tjokkers wat vanjaar in Gauteng aan hierdie groeiende projek deelgeneem het.
ATKV-Tjokkertoneel is volgende op 4 Augustus in Bloemfontein by die Wynand Mouton-teater.
Besoek die volgende skakel vir programme en kaartjies: https://linktr.ee/atkv_tjokkertoneel