ATKV-Tjokkertoneel maak weer ’n Kaapse draai!
ATKV-Tjokkertoneel het op 1 Oktober weer in die Kaap onder die sterre gespeel met gretige woelwaters wat diep in die gehoor se harte ingekruip het.
Die navraag ná ATKV-Tjokkertoneel se eerste speelgeleentheid in Mei het sodanig vergroot dat ons vir nog tjokkers in Oktober ’n speelgeleentheid moes gee.
Bekroonde ATKV-Tienertoneelregisseurs Frans Hamman en Marguerite du Bois was die mentorbeoordelaars en was besonder opgewonde oor die potensiaal wat weereens in die Kaap op die planke te siene was.
ATKV-Tjokkertoneeldeelnemers ontvang benewens toekennings vir deelname en prysenswaardige prestasie ook pasgemaakte stemnotas van beide mentors om verder hul talent te slyp.
Streeksfeeswenners is ook Saterdag tydens ’n spogprysuitdeling aangewys.
Hier is die wenners:
Beste inkleding deur tjokkers
Beste tjokkerakteur
Beste tjokkeraktrise
Beste tjokkerensemble
Beste tjokkerregisseur
Tjokker-beoordelaarstoekenning vir die geloofwaardige vertolking van ‘n strokiesprent booswig
Beste ATKV-Tjokkertoneelproduksie
Die tjokkers in Gauteng het ook vir nog ’n geleentheid gevra om hul staal op die verhoog te wys en die ATKV sien uit om nog sewe ATKV-Tjokkertoneelproduksies op 15 Oktober by die Hoërskool Noordheuwel in Krugersdorp te verwelkom.
Die program kan hier afgelaai word: https://indd.adobe.com/view/7fddfa3a-797c-4da8-926b-be3c5ba183c2
Kaartjies is beskikbaar by Webtickets teen slegs R30.
Klik op hierdie skakel vir kaartjies: https://www.webtickets.co.za/v2/event.aspx?itemid=1518805375