ATKV-Woordveertjies 2024: Hier is die finaliste
Die ATKV-Woordveertjies bekroon jaarliks uitsonderlike prestasies rondom die Afrikaanse woord.
“Ons vereer bydraes oor ’n breë spektrum – van woordeboeke tot prosawerke – en hoop dat hierdie toekennings ’n liefde en passie vir lees by mense sal kweek. Dit moet vir skrywers bemoedigend wees om werk te kan skep en mense aan die lees te kry,” sê Sonél Brits, besturende direkteur: ATKV-MSW.
“Ons sien uit om binnekort die wenners bekend te maak en om vir hulle te wys dat ons hulle werk in Afrikaans raaksien en waardeer.”
Die wenners van vanjaar se ATKV-Woordveertjies sal vanaf 17 tot 20 September op die ATKV se Facebook-blad bekendgemaak word.
Die finaliste (alfabeties gelys volgens van) in die volgende kategorieë, sluit in:
ATKV-Prosaprys
- Deelfontein – Nicole Jaekel Strauss (Queillerie)
- Van vaders en vlugtelinge – S.J. Naudé (Human & Rousseau)
- Gebeente – Etienne van Heerden (Tafelberg)
Prys vir Liefdesroman
- Diana se dag – Helene de Kock (Human & Rousseau)
- Aurora – Tertius Janse van Rensburg (LUCA)
- Hulle noem haar Carminda – E. Kotze (Kwela Boeke)
Prys vir Poësie
- Nou in infrarooi – Tom Dreyer (Kwela Boeke)
- Joernaal – Clinton V. du Plessis (Naledi)
- Ontaard – Pieter Odendaal (Tafelberg)
Prys vir Romanses
- My alles vir jou – Dina Botha (Romanza)
- Djin in ’n koffiekan – Bets Smith (Romanza)
- Belle, met die hart vol blomme – René van Zyl (Romanza)
Prys vir Spanningslektuur
- Ons skulde – P.P. Fourie (Queillerie)
- Leo – Deon Meyer (Human & Rousseau)
- Dwelm – Rudie van Rensburg (Queillerie)
Prys vir Niefiksie
- Diensplig: Hoekom stotter ons pa’s so? – Anelia Heese (Tafelberg)
- In die rede geval – Charl-Pierre Naudé (Naledi)
- Marius Weyers – Chris Vorster (Protea Boekhuis)
Prys vir Dramateks
- Patmos – Willem Anker
- Op die hoek van Styx en River is Nora per abuis met die dood oorgeslaan – Henque Heymans
- Goed wat wag om te gebeur – Philip Rademeyer