ATKV-Woordveertjies 2026: Hier is die finaliste
Die ATKV-Woordveertjies beloon jaarliks uitnemende werk wat die Afrikaanse woord laat leef. Van Suid-Afrika se voorste Afrikaanse skrywers en illustreerders het al met hierdie besonderse veer in hul hoed weggestap.
“Vir die ATKV is dit ’n groot eer om erkenning te gee aan die mense wat lesers toegang bied tot nuwe wêrelde deur die geskrewe woord,” sê Sonél Brits, besturende direkteur van ATKV-MSW.
Die wenners sal vanaf 16-18 September op die ATKV se Facebook-blad bekendgemaak word.
Finaliste (alfabeties gelys volgens van) in die volgende kategorieë, sluit in:
ATKV-Prosaprys
- Patmos – Willem Anker (Queillerie)
- Op pad na ’n klooster in die sneeu – Johannes de Villiers (Human & Rousseau)
- Twyfelbos – François Loots (Human & Rousseau)
Prys vir Liefdesroman
- Die man van elders – Helene de Kock (Human & Rousseau)
- Sterre is vir altyd – Sophia Kapp (Boekdiva Uitgewers)
- Déjà vu – Chanette Paul (LAPA Uitgewers)
Prys vir Poësie
- Vloei/stof – Gilbert Gibson (Protea Boekhuis)
- Kategismus – Daniel Hugo (Turksvy Publikasies)
- Waterman – Herman Wasserman (Queillerie)
Prys vir Romanses
- In ’n sprokie verweef – Rina Cilliers (Romanza)
- ’n Man met ’n plan – Elize Davies (Romanza)
- Passie in Parys – Tosca de Villiers (Romanza)
Prys vir Spanningslektuur
- Roulette – Sidney Gilroy (Human & Rousseau)
- Skorpio – Deon Meyer (Human & Rousseau)
- Die drie weduwees – Irma Venter (Tafelberg)
Prys vir Dramateks
- Jantjiebêrend en dassiepis – Marquen Carstens
- Grenslig – Sue Diepeveen en Johan van der Merwe
- Deur die donker uur – Nicola Hanekom
Prys vir Niefiksie
- Landuit – Zirk van den Berg (Tafelberg)
- Die uitvaart – Carla van der Spuy (Protea Boekhuis)
- My jaar van vrees en vryheid – Marita van der Vyver (Tafelberg)