Baxter gee die laaste WK-stories asem
Elke toneelseisoen het ’n laaste verhaal. ’n Laaste stilte voor die ligte uitdoof. ’n Laaste groep jong kunstenaars wat diep asemhaal voor hulle die verhoog hul eie maak.
Van 25 tot 29 Augustus 2026 het die Pam Golding Baxter-teater in Rondebosch dié laaste Wes-Kaapse hoofstuk van die 62ste ATKV-Tienertoneel gehuisves. Altesaam 351 deelnemers in 20 produksies het oor vyf dae die verhoog gevul met jong talent, uiteenlopende stories en die kreatiewe energie wat vanjaar se ASEM-seisoen gekenmerk het.
Dit was ook ’n gepaste afsluiting vir ’n besonder sterk Wes-Kaapse toneelseisoen. Van spel en regie tot tegniese uitvoering en oorspronklike storievertelling het jong teatermakers weer gewys dat die volgende generasie nie wag om hul plek in die kunstesfeer in te neem nie – hulle doen dit reeds.
Mentorskap laat stories verder leef
Die produksies is begelei deur mentorbeoordelaars Bianca Flanders, Jacques Bessenger, Wilhelm van der Walt en René Cloete.
Ná elke opvoering het deelnemers tydens intieme mentorsessies die geleentheid gekry om saam met die mentors oor hul kreatiewe proses te gesels. Dit is hier waar spel, regie, tegniese keuses en storievertelling verder ondersoek word – nie bloot om te bepaal wat gewerk het nie, maar om jong kunstenaars aan te moedig om nuuskierig te bly en hul volgende kreatiewe tree met groter selfvertroue te gee.
Die applous eindig dus wanneer die ligte uitdoof, maar die gesprek, groei en liefde vir teater hou aan asemhaal.
ATKV-Sêr vlieg saam
ATKV-Sêr het tydens die Wes-Kaap 2-streeksfeesfinaal nóg kleur en klank tot die ASEM-verhoog toegevoeg. Die Hoërskool Parel Vallei het met hul produksie EISH Airlines behoorlik vermaak en gewys hoe dié groeiende deel van die ATKV-Toneelaanbod met energie, musikaliteit en hope persoonlikheid sy eie plek op die verhoog inneem.
Die groep ontvang ook pasgemaakte stemnotas van die mentors, sodat die kreatiewe reis ná die laaste noot verder kan asemhaal.
Wes-Kaap se uitblinkers word vereer
Die streeksfees is op 29 Augustus met die finaal en prysuitdeling afgesluit, waar uitstaande werk op én agter die verhoog erken is.
Tegniese toekennings
Beste verhoogbestuurder
Nominasies:
|
Naam en van |
in die produksie |
van |
|
Lene van der Walt |
’n Ander klok sal eendag lui |
Hoërskool Jan van Riebeeck |
|
Joshua Coldman |
Is daai genoeg kole? |
Paul Roos Gimnasium en Hoër Meisieskool Bloemhof |
|
Olivia Jacobs |
HEX |
Hoërskool Parel Vallei |
|
Mari van Zyl en Carli Robberts |
Watteouers |
Hoërskool Durbanville |
|
Stefan Marais |
Droom |
Hoërskool Bellville |
Beste beligtingsoperateur
Nominasies:
|
Naam en van |
in die produksie |
van |
|
Francois Roux |
Watteouers |
Hoërskool Durbanville |
|
William Inggs |
Beloofde land |
Curro Durbanville Hoërskool |
|
Minki Brink |
Asemrowers |
Hoërskool Durbanville |
Beste klankoperateur
Nominasies:
|
Naam en van |
in die produksie |
van |
|
Jano Lötter |
Gevlinder |
Hoërskool Durbanville |
|
Helé Erasmus |
Asemrowers |
Hoërskool Durbanville |
|
Kara Coetzee |
Droom |
Hoërskool Bellville |
Beste hantering van tegniese aspekte
Nominasies:
|
Produksie |
van |
|
Rooikappie |
Hoërskool Parel Vallei |
|
Beloofde land |
Curro Durbanville Hoërskool |
|
HEX |
Hoërskool Parel Vallei |
|
Asemrowers |
Hoërskool Durbanville |
Toekennings vir spel
Beste akteur/aktrise in ’n kameerol
Beste akteur in ’n ondersteunende rol
Nominasies:
|
Naam en van |
as |
in die produksie |
van |
|
Francois Odendaal |
Hendrik Oskar Lodewikus "Hollie" Lötter |
Is daai genoeg kole? |
Paul Roos Gimnasium en Hoër Meisieskool Bloemhof |
|
Luan Koekemoer |
Deon Visser |
Watteouers |
Hoërskool Durbanville |
Beste aktrise in ’n ondersteunende rol
Nominasies:
|
Naam en van |
as |
in die produksie |
van |
|
Aurnique de Villiers |
Olive |
Jantjies and the pearls |
Valhalla High School |
|
Keera Joy Erasmus |
Sproetjies |
HEX |
Hoërskool Parel Vallei |
|
Neldri Müller |
Poppie 1 |
Gevlinder |
Hoërskool Durbanville |
|
Mia-Cecilia Kriel |
Paula Linde |
Watteouers |
Hoërskool Durbanville |
Beste akteur in ’n hoofrol
Beste aktrise in ’n hoofrol
Nominasies:
|
Naam en van |
as |
in die produksie |
van |
|
Chenè van der Merwe |
Greta |
Beloofde land |
Curro Durbanville Hoërskool |
|
Luca Human |
Verteller |
Beloofde land |
Curro Durbanville Hoërskool |
|
Judi Hattingh |
Jana |
Gorge(us) |
Curro Durbanville Hoërskool |
|
Celeste Grobler |
Liefie |
HEX |
Hoërskool Parel Vallei |
|
Huibré van Zyl |
Verskeie rolle |
Asemrowers |
Hoërskool Durbanville |
Beste ensemble
Nominasies:
|
Produksie |
van |
|
Beloofde land |
Curro Durbanville Hoërskool |
|
Gorge(us) |
Curro Durbanville Hoërskool |
|
Die drie poppies in Gevlinder |
Hoërskool Durbanville |
|
Watteouers |
Hoërskool Durbanville |
|
Asemrowers |
Hoërskool Durbanville |
Produksietoekennings
Beste regie
Nominasies:
|
Naam en van |
in die produksie |
van |
|
Lize-Meri Amann |
Beloofde land |
Curro Durbanville Hoërskool |
|
Mari Blom |
Watteouers |
Hoërskool Durbanville |
|
Frans Hamman |
Asemrowers |
Hoërskool Durbanville |
Beste produksie
Met die laaste applous by die Baxter het die 2026 ATKV-Tienertoneel-streekseisoen ook tot ’n einde gekom. Duisende jong kunstenaars het oor die afgelope weke hul stories op verhoë van Durban tot Pretoria, Bloemfontein, Gqeberha en Rondebosch laat asemhaal.
Nou begin ’n ander soort stilte: die afwagting.
Die nasionale finaliste word op Dinsdag 1 September aangekondig en sal uitgenooi word om hul stories tydens die ATKV-Toneelaanbod se nasionale ASEM-finaal, van 28 September tot 3 Oktober in die Kunstekaap-teater in Kaapstad, weer op die verhoog te laat leef.
Aan elke deelnemer, regisseur, onderwyser, ouer, tegnikus en ondersteuner wat hierdie Wes-Kaapse seisoen moontlik gemaak het, wil ons dankie sê dat julle jong stories ruimte gee om asem te haal.