Bloem-tjokkers laat die verhoog asemhaal
Party toneeldrome begin klein met ’n eerste rol, ’n eerste repetisie en daardie een diep asemteug voordat jy vir die eerste keer voor ’n gehoor staan.
Van 7 tot 8 Augustus 2026 het die Wynand Mouton-teater in Bloemfontein gegons van dié soort jong energie tydens die Bloemfontein-streeksfees van die 6de ATKV-Tjokkertoneel. Altesaam 282 tjokkers het in 10 produksies hul stories, verbeelding en liefde vir die verhoog met gehore gedeel.
Met vanjaar se tema, “ASEM”, in gedagte, het die jong spelers gewys dat groot storievertelling nie aan ouderdom gemeet word nie. Elke produksie het sy eie wêreld oopgemaak – vol kleur, karakter, humor en die spontane kreatiwiteit wat Tjokkertoneel so besonders maak.
Die Bloemfontein-fees vorm deel van ’n nasionale seisoen waarin 1 325 tjokkers in 60 produksies regoor Suid-Afrika die kans kry om hul eerste of volgende tree as jong teatermakers te gee.
Mentorskap wat jong talent laat groei
Die Bloemfontein-produksies is vanjaar begelei deur mentorbeoordelaars Marijda Kamper en Karli Heine.
As deel van die ontwikkelingsfokus van ATKV-Tjokkertoneel ontvang elke produksie pasgemaakte stemnotas waarin die mentors terugvoer, aanmoediging en praktiese leiding deel. Dit gee deelnemers en onderwysers die geleentheid om ná die fees verder oor hul werk te gesels, nuwe idees te ondersoek en op die ervaring voort te bou.
Dit is juis hierdie kombinasie van speel, leer en ontdek wat Tjokkertoneel soveel meer as ’n kompetisie maak. Hier word jong akteurs nie net gevier nie, hier word ’n liefde vir teater gekweek wat hopelik nog vir baie jare sal aanhou asemhaal.
Bloemfontein se jong uitblinkers word vereer
Die fees is op 8 Augustus met ’n feestelike prysuitdeling afgesluit, waar uitstaande spel, kreatiwiteit en produksiewerk erken is.
Tegniese toekennings
Beste hantering van tegniese aspekte
Toekennings vir spel
Beste tjokkerakteur
Beste tjokkeraktrise
Beste tjokkerensemble
Produksietoekennings
Beste regie
Wenner:
|
Naam en van |
in die produksie |
van |
|
Mijanda Meades |
Kers-kaskenades |
Zastron Gekombineerde Skool |
Beste produksie
Die Tjokkertoneel-reis is egter nog nie verby nie. Die laaste streeksfees van die seisoen vind van 17 tot 19 Augustus 2026 by die Pam Golding Baxter-teater in Rondebosch plaas. Daar wag nóg 576 tjokkers in 23 produksies om hul stories op die verhoog te laat leef.
Daarna word die nasionale finaliste aangekondig wat genooi word om tydens die ATKV-Toneelaanbod se nasionale ASEM-finaal in die Kunstekaap-teater in Kaapstad op te tree.
Programme, skedules, kaartjies, produksie-inligting, feesnuus en uitslae is beskikbaar by www.asem.in.
Kom haal saam asem.