DigiSkryfwenners wys hul slag met die pen
ATKV-DigiSkryf het sy kinderskoene ontgroei en hierdie digitale projek van die ATKV gaan van krag tot krag.
Tydens vanjaar se kompetisie is woordsmede uitgenooi om in verskeie kategorieë skryfstukke om die volgende temas in te dien:
- Seisoene
- Liewe dagboek
- Die snaaksste van alles...
Die beoordelaars meen vanjaar se inskrywings was weereens van hoogstaande gehalte en dat dit ’n voorreg was om die inskrywings te lees en te beoordeel. Hulle moedig deelnemende skrywers aan om nie op te hou skryf nie en veral met hul vertelstyl te eksperimenteer. Meer dialoog en minder vertelling sou sommige verhale kon verbeter, is hulle raad. Deur eerder te wys hoe ’n karakter deftig, kwaad of moedeloos optree as om dit te vertel, kan verhale wesenlik verbeter, aldus die beoordelaars.
Die 2024 DigiSkryf-wenners is:
Graad of ouderdom |
Deelnemer |
Tema
|
Onderwerp
|
Instansie
|
Simbool
|
Graad 4 en 5 |
Milan Potgieter |
Die snaaksste van alles... |
Laerskool Randhart |
A
|
|
Graad 6 en 7 |
Chanèl Kleinhans |
Seisoene
|
|
Laerskool Swartland |
A++ |
Graad 8 en 9
|
Wilmie Lyons |
Liewe dagboek |
Hoërskool Oosterland |
A+
|
|
Graad 10 tot 12 |
Ethan Bester |
Seisoene |
Hoërskool Randburg |
A+
|
|
Studente
|
Marizaan Brink |
Seisoene
|
Die God van seisoene het egter ander planne om haar deur hierdie pyn te help |
Universiteit Stellenbosch |
A+ |
Volwassenes (25 tot 59 jaar) |
Jan Engelbrecht |
Seisoene
|
|
Privaat inskrywing |
A++ |
Senior burgers (60 jaar en ouer) |
Marietjie Steenkamp |
Seisoene
|
Privaat inskrywing
|
A+ |
Hartlik geluk aan al die wenners!
Al die wenskrywes word op die ATKV se digitale platforms gedeel* en die wenners word ook beloon met boekpryse. Volg die ATKV se sosialemediablaaie om op die hoogte te bly van ATKV-gebeure.
* Die wenskrywes is gepubliseer soos die ATKV dit ontvang het. Dit is nie geredigeer of taalversorg nie.