Gauteng haal asem tydens sesde Tjokkertoneel
Die eerste tree op ’n verhoog verg moed en dikwels begin ’n lewenslange liefde vir teater met daardie een diep asemteug.
Van 22 tot 25 Julie 2026 het die Unisa-kleinteater in Pretoria die verhoog gebied vir die Gauteng-streeksfees van die sesde ATKV-Tjokkertoneel. Altesaam 467 jong deelnemers het in 27 produksies hul verbeelding, kreatiwiteit en spelvernuf met gehore gedeel.
Met vanjaar se tema, “ASEM”, het elke produksie bewys dat groot stories nie deur ouderdom bepaal word nie, maar deur die moed om dit te vertel. Die Gauteng-streeksfees was die eerste hoofstuk van ’n nasionale Tjokkertoneelseisoen waarin 1 325 jong deelnemers in 60 produksies regoor Suid-Afrika hul liefde vir die verhoog uitleef.
Waar talent die kans kry om te groei
ATKV-Tjokkertoneel gaan oor veel meer as toekennings. Dit is ’n ruimte waar jong kunstenaars aangemoedig word om hulself kreatief uit te druk, nuwe vaardighede te ontwikkel en selfvertroue op én van die verhoog af te bou.
Die Gauteng-produksies is vanjaar begelei deur mentorbeoordelaars Kanya Viljoen en Liezl de Kock. Na afloop van die fees ontvang elke produksie pasgemaakte stemnotas met waardevolle terugvoer wat deelnemers en onderwysers help om verder te groei en te ontwikkel.
Gauteng se jong talent word vereer
Die streeksfees is met ’n feestelike prysuitdeling afgesluit waar uitstaande prestasies op én agter die verhoog erken is.
Toekennings en benoemings:
Beste hantering van tegniese aspekte
Nominasies
| Produksie | Van | |
| 1 | Om te onthou | Laerskool Helderkruin |
| 2 | Die bure | Laerskool Jan Celliers |
| 3 | Die Neonkas | Laerskool Roodekrans |
| 4 | Dagdromer | Laerskool Roodekrans |
Toekennings vir spel
Beste tjokkerakteur
Nominasies
| Naam en van | as | in die produksie | van | |
| 1 | Dian de Waal | Ethan (13) | Oogwink | Laerskool Protearif |
| 2 | Zander Jordaan | Liam | Kraakpunt | Laerskool Protearif |
| 3 | Calvin Borcher | JP | Oceania se arms | Laerskool Rustenburg |
| 4 | William Smith | Dawie | Kattekwaad kwadraat | Laerskool Tygerpoort |
Beste tjokkeraktrise
Nominasies
| Naam en van | as | in die produksie | van | |
| 1 | Marinel Coetzee | Kiki | Kiki | Laerskool Wierdapark |
| 2 | Charlize Strydom | Leah | wees.huis | Laerskool Unika |
| 3 | Jenna Doyer | Oom Sepsis | Die bure | Laerskool Jan Celliers |
Beste tjokkerensemble
Nominasies
| Produksie | Van | |
| 1 | Kiki | Laerskool Wierdapark |
| 2 | wees.huis | Laerskool Unika |
| 3 | Die Neonkas | Laerskool Roodekrans |
| 4 | Dagdromer | Laerskool Roodekrans |
Produksietoekennings
Beste regie
Nominasies
| 1 | Carla Hugo, Madi Hugo en Annatjie Jordaan | Kiki | Laerskool Wierdapark |
| 2 | Dané Evans | Om te onthou | Laerskool Helderkruin |
| 3 | Angela Sparks, Gabi Griezel, Kiara Mackenzie | Die Neonkas | Laerskool Roodekrans |
| 4 | Angela Sparks, Gabi Griezel, Kiara Mackenzie | Dagdromer | Laerskool Roodekrans |
Beste produksie
Hoewel die gordyn in Pretoria gesak het, gaan die reis voort. Die volgende ATKV-Tjokkertoneel-streeksfees vind van 7 tot 8 Augustus 2026 by die Wynand Mouton-teater in Bloemfontein plaas, waar nóg jong storievertellers hul kans kry om die verhoog diep asem te laat haal.
Programme, kaartjies, produksie-inligting, feesnuus en uitslae is beskikbaar by www.asem.in.
Kom haal saam asem.