Gauteng-tjokkers verstom met simbiotiese toneelspel
ATKV-Tjokkertoneel het hierdie jaar enorme nasionale deelnamegroei getoon deurdat ons 50 produksies tydens drie streeksfeeste landwyd aanbied. Die afgelope week het 348 tjokkers in Gauteng met die nasionale kompetisie afgeskop.
Die doel van ATKV-Tjokkertoneel is die skep van ’n nasionale platform vir talentontwikkeling ter viering en opbou van laerskoolkinders deur toneelontwikkeling, gehoorontwikkeling en blootstelling aan goeie literatuur aan te moedig. Met ATKV-Tjokkertoneel stel ons jong leerders bloot aan teaterkuns en drama deur middel van mini-tonele.
Deur die opbouende proses van toneelspel ontwikkel kinders selfvertroue, kommunikasie- en luistervaardighede, en verbreed hul woordeskat.
Tjokkers in Gauteng het hard gewerk en hul stories simbioties en met groot passie vanaf 17 tot 20 Julie in die UNISA Little Theatre in Pretoria kom vertel.
Solomon Cupido en Lindsey Cele het as mentorbeoordelaars die talent aanskou en was verstom oor die tjokkers se kreatiewe werk en waagmoed om stories geloofwaardig te vertel, terwyl hulle ook suksesvol aan alle teaterelemente aandag gee.
ATKV-Tjokkertoneeldeelnemers ontvang benewens toekennings vir deelname en prysenswaardige prestasie ook pasgemaakte stemnotas van beide mentors om hul talent verder te slyp.
Streeksfeeswenners is Saterdag 20 Julie tydens ’n spogprysuitdeling aangewys.
Hier is die nominasies en wenners:
BESTE HANTERING VAN TEGNIESE ASPEKTE
Nominasies:
Produksie |
Skool |
Seerower, seerower |
Laerskool Tygerpoort |
Marmite |
Laerskool Roodekrans |
Dit kannie! |
Laerskool Louw Geldenhuys |
Die boskompetisie |
JacMic Studio |
Wenner:
BESTE TJOKKERAKTEUR
Nominasies:
Naam en van |
Produksie |
Skool |
Lejah Lewandowsky as Wolf |
Otterjasie konsternasie |
Laerskool Kruinsig |
Dirko Botha as Bravo 1 Brandwag |
Die boskompetisie |
JacMic Studio |
Theodore van Diemen as Wimpie |
Wimpie en die seerowers |
Laerskool Anton van Wouw |
Wenner:
BESTE TJOKKERAKTRISE
Nominasies:
Naam en van |
Produksie |
Skool |
Nienke Deijs as Ma-vark, Ot-Truida |
Otterjasie konsternasie |
Laerskool Kruinsig |
Abiah Steyn as Aby Baby |
Op ys |
JacMic Studio |
Emma Knop as Marmite |
Marmite |
Laerskool Roodekrans |
Ziané Delport as Lien |
Fladder |
Laerskool Roodekrans |
Wenner:
BESTE ENSEMBLE
Nominasies:
Produksie |
Skool |
Die seuns in Dit kannie! |
Laerskool Louw Geldenhuys |
Die dwergies in ChatGPT skryf ’n sprokie |
Laerskool Menlopark |
Weggegooi |
JacMic Studio |
Marmite |
Laerskool Roodekrans |
Wenner:
BESTE REGISSEUR
Nominasies:
Naam en van |
Produksie |
Skool |
Ronel Meiring |
Dit kannie! |
Laerskool Louw Geldenhuys |
Mariki de Villiers-Knop en Elmé Kleinsmith |
Marmite |
Laerskool Roodekrans |
Angela Sparks en Anika Venter |
Fladder |
Laerskool Roodekrans |
Wenner:
BESTE PRODUKSIE
Nominasies:
Produksie |
Skool |
Die boskompetisie |
JacMic Studio |
Dit kannie! |
Laerskool Louw Geldenhuys |
Fladder |
Laerskool Roodekrans |
Wenner:
Baie dankie aan al die tjokkers wat vanjaar in Gauteng aan hierdie groeiende projek deelgeneem het.
ATKV-Tjokkertoneel is volgende op 2 en 3 Augustus in Bloemfontein by die Wynand Mouton-teater.
Besoek die volgende skakel vir programme en kaartjies: https://linktr.ee/atkv_toneel