Heerlike kampresepte: Kola-vlerkies en chakalaka

Heerlike kampresepte: Kola-vlerkies en chakalaka
Een van die lekkerste dinge van kamp, is seker tog die kos? Sjef Lesego Semenya van @LesDaChef het op een van die ATKV-oorde gaan kuier en heerlike kola-vlerkies en chakalaka op die vuur gemaak. Probeer dit gerus tydens jou volgende kampnaweek.
Só maak jy die chakalaka
Bestanddele:
- 125 gram botter
- 2 rooi uie
- 4 rooi tamaties, gekap
- 1 groen soetrissie, gekap
- 1 rooi soetrissie, gekap
- 1 blikkie sousboontjies
- 3 gerasperde wortels
- 1 koppie suikermielies – braai die mielies op die vuur voordat jy dit afsny.
- ½ teelepel gekapte knoffel
- 2 teelepels gekapte rissies
- 1 teelepel paprika
- 1 teelepel rooipeper
- 1 teelepel masala
- ½ teelepel koljander
- ½ teelepel sout
Metode:
- Smelt al die botter in ’n pan.
- Voeg die rooi uie by en braai in die botter totdat dit deurskynend is.
- Voeg nou die res van jou bestanddele een-vir-een by in die pan. Moenie die speserye byvoeg nie.
- Roer die pan goed ná elke bestanddeel wat jy byvoeg.
- As jy alles in die pan bygevoeg het, haal dit van die vuur af.
- Sit jou chakalaka in ’n bak en voeg dan al die speserye by.
- Roer goed.
- Chakalaka is lekker warm of koud.
- Geniet!
Só maak jy die kola-vlerkies
Bestanddele:
- 12 hoendervlerkies
- 2 knoffelhuisies, gekap
- 1 teelepel sout
- 2 teelepels uievlokkies.
- 1 liter kola
- 2 eetlepels bruinsuiker
- ½ koppie sojasous
Metode:
- Plaas die knoffel in ’n pan op hoë hitte en laat dit bruin word.
- Voeg die uievlokkies by.
- Gooi die kola in ’n pan en voeg al die ander bestanddele by.
- Kook vir 30 minute of totdat die mengsel dik is.
- Verwyder van die vuur af en sit eenkant om af te koel. Die marinade sal dikker word soos dit afkoel.
- Wanneer die marinade afgekoel het, gooi dit bo-oor die hoendervlerkies.
- Marineer vir ’n minimum van 30 minute.
- Braai die hoedervlerkies totdat dit gaar is.
- Geniet!
