Hier is die ATKV-Applous-finaliste
ATKV-Applous 2023 is uit die blokke en oor die bulte regdeur Suid-Afrika!
As jy stilweg vermoed het dat ATKV-Applous ’n louwarm kompetisie tussen ’n paar middelmatige skoolkore is, kan jy nie meer verkeerd wees nie.
Elke optrede tydens die streeksfees van ATKV-Applous 2023 het gekook en geprut met energie en passie vir Afrikaans en vir musiek. Die onstuitbare drif van die jeug dryf die oudste skoolkoorkompetisie in die land en die koorlede se saamwees het gewys dat elkeen gemotiveerd was om op hul beste te lyk en te sing.
By die ATKV-Applous-streeksfeeste wat pas ten einde geloop het, is daar intense kompetisie, maar nooit afgunstigheid of jaloesie nie. Elkeen van die rekordaantal 227 kore wat vanjaar deelgeneem het, het met hul briljante vertolkings van meestal Afrikaanse musiek gehore dikwels met hoendervleis en in trane en ongeloof gelaat.
Een beoordelaar, dr. Riekie van Aswegen, kan nie genoeg positiewe woorde vind om haar ervaring van ATKV-Applous te beskryf nie. Riekie verwys na die uitmuntende organisasie van die kompetisie. Sy jubel oor die internasionale gehalte en stylvolle aanslag van elke koorleier en sy of haar koorspan. Sy prys die trotse en ondersteunende ouers en die kore se puik gedrag op die verhoog.
Nadat die ATKV-Applous-organisasiespan van Johannesburg tot in Kaapstad en van die ooste na die weste al die streke van ons land besoek het, op soek na die uitstaankoor van 2023, is hulle heel emosioneel oor hul indrukke en die maand se belewenisse.
Die kore was uiteenlopend: Van vrolike jong seuns en dogters met uitdrukkingsvolle gesiggies tot vurige jong mans wat ’n besliste indruk maak met hul teenwoordigheid en jong meisies met die stemme van engele. Gehore van oraloor is bekoor en die stampvol sale by elke streeksfees getuig van die skole, ouers en maats se toewyding en opgewondenheid dat húlle skool moet koning kraai.
Na afloop van die streeksfeeste woeker die beoordelaars en organiseerders nou ter voorbereiding van die ATKV-Applous-finaal, waar die room van al die kore alles in die stryd gaan werp om as die beste koor bekroon te word. Dié glansgeleentheid vind van 26 tot 29 Julie in die ZK Matthews Great Hall by Unisa plaas.
Kom maak vol jou siel met die mooiste koormusiek by een van SA se beste vermaakaanbiedings en verkneuter jou in die mooi van Afrikaans, die oorspronklikheid van nuwe musiek en die jeug se pragtige sang.
Besprekings open Maandag 12 Junie 2023 by Computicket. Kry jou kaartjies hier.
Die volgende kore (in alfabetiese volgorde) dring deur na die ATKV-Applous-finaal:
Woensdag 26 Julie 2023
Laerskool: Meriete (Engels)
Newcastle Senior Primary School, Newcastle
Pinedene Primary School, Parow
Laerskool: Ope
C & N Primêre Meisieskool Oranje, Bloemfontein
Laerskool Burgersdorp, Lichtenburg
Laerskool Elarduspark, Pretoria
Laerskool Kruinsig (Pop/Jazz), Kempton Park
Hoërskool: Ope
C & N Sekondêre Meisieskool Oranje, Bloemfontein
Hoërskool Jeugland (Tradisionele Afrika-musiek), Kempton Park
Hoërskool Patriot, Emalahleni
Swakopmund Secondary School, Swakopmund
Donderdag 27 Julie 2023
Laerskool: Meriete
Laerskool Elarduspark, Pretoria
Laerskool Garsfontein, Pretoria
Laerskool Monumentpark, Pretoria
Laerskool Wierdapark, Centurion
Willem Postma Primêre Skool, Bloemfontein
Laerskool: Prestige
Laerskool Durbanville, Durbanville
Laerskool Eversdal, Durbanville
Laerskool Gene Louw, Durbanville
Laerskool Mooirivier, Potchefstroom
Laerskool Van Riebeekpark Primary, Kempton Park
Vrydag 28 Julie 2023
Hoërskool: Meriete
Gemeng
Benoni High School, Benoni
Hoërskool Akasia, Pretoria
Hoërskool Ferrum, Newcastle
Hoërskool Garsfontein, Pretoria
Hoërskool Zwartkop, Centurion
Hugenote Hoërskool, Wellington
Meisies
Hoër Meisieskool Paarl, Paarl
Hoërskool De Kuilen, Kuilsrivier
Hoërskool Eldoraigne, Pretoria
Riebeek College Girls’ High School, Uitenhage
Seuns
Hoërskool Tygerberg, Parow
Saterdag 29 Julie 2023
Hoërskool: Prestige
Gemeng
Die Hoërskool Menlopark, Pretoria
Hoërskool DF Malan, Belville
Hoërskool Durbanville, Durbanville
Stirling High School, Oos-Londen
Meisies
Afrikaanse Hoër Meisieskool, Pretoria
Eunice High School, Bloemfontein
Hoërskool Stellenberg, Durbanville
Seuns
Afrikaanse Hoër Seunskool, Pretoria
Paul Roos Gimnasium, Stellenbosch