Kore skitter by Applous se tweede gala-aand
Vir byna vyftig jaar bied ATKV-Applous aan jong sangers die kans om hul stemme en talent op een van Suid-Afrika se mees gesogte koorverhoë te laat weerklink. Die kompetisie vier nie bloot musikale uitnemendheid nie, maar bevorder ook dissipline, spanwerk, selfvertroue en die vorming van vriendskappe wat ’n leeftyd hou.
Die omvang van hierdie vooraanstaande kompetisie is só groot dat die finaal oor vier aande strek. Die tweede gala-aand het op 30 Julie plaasgevind, en die volgende kore het met die louere weggestap:
Laerskool-meriete: nie-Afrikaans
- Wenner: Laerskool van Riebeeckpark Primary
- Naaswenner: Grantham Park Primary School
- Derde plek: Lesedi Primary School
In die afdeling laerskool-meriete: nie-Afrikaans is die volgende toekennings gemaak:
- Beste uitvoering van ’n Afrika-lied: Laerskool van Riebeeckpark Primary
- Beste uitvoering van die voorgeskrewe werk: Laerskool van Riebeeckpark Primary
- Beste uitvoering van ’n Afrikaanse lied: Laerskool van Riebeeckpark Primary
Laerskool: Prestige
- Wenner: Laerskool Gene Louw
- Naaswenner: Laerskool Durbanville
- Derde plek: Table View Primary School
In die afdeling laerskool: prestige is die volgende toekennings gemaak:
- Beste uitvoering van ’n Afrika-lied: Laerskool Mooirivier
- Beste uitvoering van die voorgeskrewe werk: Laerskool Elarduspark
- Beste uitvoering van ’n Afrikaanse komposisie: Laerskool Gene Louw
Die gewilde aanlyn stroming van al die finale konserte word vanjaar weer aangebied. Dit bied aan familie, vriende en ondersteuners wat nie die geleentheid het om die konserte in Kaapstad by te woon nie, die kans om steeds deel van die opwinding te wees. Of geliefdes nou in die buiteland woon of eenvoudig te ver van Kaapstad af is om te reis – hulle kan steeds elke optrede regstreeks beleef.
Kaartjies vir die aanlyn stroming is beskikbaar teen slegs R100 per konsert en kan hier gekoop word: https://concertdirectory.co.za/atkv