Skip to main content


Om met ’n lekker Afrikaanse boek te ontspan, is deel van ons kultuur. 
 
Daarom kan ATKV-lede elke jaar uitsien na ’n gratis boek. Met dié voordeel word lede se leeslus aangewakker.
 
Aangesien hierdie lidvoordeel so belangrik is en omdat ons jaarliks terugvoer ontvang oor die aflewering van die gratis boeke, kondig die ATKV graag aan dat lede vanjaar hierdie lidvoordeel met ’n geskenkbewys kan benut.
 
Die ATKV reik hierdie jaar ’n elektroniese geskenkbewys ter waarde van R150 uit aan elke ATKV-lid.
 
Daarmee kan lede ’n boek van hulle eie keuse by LAPA Uitgewers koop. 
 
Volg die volgende stappe om u geskenkbewys op te eis:
•           Besoek https://lede.atkv.org.za/.
•           Sodra u ingeteken het, klik op Geskenkbewys.
•           U moet dan die bepalings en voorwaardes aanvaar.
•           U unieke kode vir die geskenkbewys sal dan sigbaar wees op die volgende skerm.
•           Teken nou in by LAPA Uitgewers by www.lapa.co.za
•           Gebruik die koopbewys om die boek van u keuse te koop.
 
Om die voordeel te kan benut, moet ATKV-lede asseblief hierdie elektroniese geskenkbewys voor 31 Desember gebruik.
 
Gratis aflewering geld vir bestellings van R500 en meer.
 
Vir enige navrae stuur gerus ’n e-pos na ledehelp@atkv.org.za.
 
Baie dankie vir u lojale ondersteuning en lekker lees!