Skip to main content

Nellie du Toit lewer bydrae van onskatbare waarde

Nellie du Toit, bekend as een van Suid-Afrika se vooraanstaande operasangeresse van die 1960’s en 1970’s, is Sondag 29 Julie oorlede.

Haar loopbaan as uitvoerende kunstenaar het oor byna drie dekades gestrek. Die titelrol in Madame Butterfly het van Nellie ’n legende gemaak. Sy is dan ook in 1970 as een van die wêreld se beste “Butterflies” tydens die Internasionale Madame Butterfly-kompetisie in Japan aangewys. Naas haar sangloopbaan was sy ook ’n gesogte sangpedagoog.

Nellie du Toit se prestasies in musiek is bekroon met die Erepenning van die Akademie vir Wetenskap en Kuns in 1986 en ’n eredoktorsgraad van die Universiteit Stellenbosch in 1998. 

Die ATKV was bevoorreg om Nellie dikwels as beoordelaar te kon gebruik.

Talle van haar sangstudente het ook aan die ATKV-klassiekemusiekkompetisies deelgeneem en dan ook presteer. Die ATKV het dan ook gedurende die laat 90's haar vereer vir haar besondere bydrae op die vele terreine van klassieke sang in Suid-Afrika.

Lees meer op Netwerk24.