Pretoria vier teatermakers én ATKV-Sêr!
Ná vier Gauteng-streeksfeeste, duisende jong kunstenaars en ontelbare verhoogoomblikke het Pretoria die afgelope week vir oulaas diep asemgehaal.
Van 24 tot 29 Augustus 2026 het die UNISA-kleinteater die tuiste geword van ATKV-Tienertoneel se vierde Gauteng-streeksfees, waar 499 deelnemers in 30 produksies die laaste Pretoria-hoofstuk van die 62ste ATKV-Tienertoneelseisoen geskryf het.
As deel van vanjaar se tema, ASEM, het die week weer gewys hoeveel lewe daar in Suid-Afrikaanse jeugteater is. Elke produksie het sy eie wêreld, vrae en kreatiewe taal na die verhoog gebring – die eindproduk van maande se repetisies, spanwerk, dapper keuses en mense wat bereid was om jong kunstenaars die ruimte te gee om hul stem te ontdek.
Mentorskap hou die gesprek aan die gang
Die produksies is begelei deur mentorbeoordelaars Hannah Borthwick, Kanya Viljoen, Karli Heine en Bertha le Roux-Wahl.
Ná elke opvoering het deelnemers tydens intieme mentorsessies die geleentheid gekry om oor hul kreatiewe proses te besin en saam met die mentors na spel, regie, tegniese uitvoering en storievertelling te kyk.
Dit is een van die kernredes waarom ATKV-Tienertoneel ná 62 jaar steeds meer as ’n kompetisie is. Dit is die tuiste is vir jong kunstenaars wat nie net ’n verhoog kry nie, maar ook die geleentheid om te leer, vrae te vra en hul volgende werk met groter insig en selfvertroue aan te pak.
ATKV-Sêr laat die streeksfeesfinaal nóg dieper asemhaal
Die streeksfeesfinaal het nóg ’n kreatiewe dimensie gekry toe ATKV-Sêr ook die UNISA-verhoog betree het.
Hoërskool Garsfontein, Hoërskool Zwartkop en Hoërskool Noordheuwel het met drie Sêr-produksies gewys hoe dié vinnig groeiende deel van die ATKV-Toneelaanbod sy eie energie, musikaliteit en kleur na die fees bring.
Die Sêr-groepe ontvang pasgemaakte stemnotas van die mentors, sodat die gesprek en ontwikkeling ook ná die laaste noot kan voortleef. Só word ’n streeksfeesfinaal veel meer as ’n afsluiting – dit word ’n viering van uiteenlopende jong stemme wat saam die Afrikaanse uitvoerende kunste dieper laat asemhaal.
Gauteng 4 se uitblinkers vereer
Die fees is op 29 Augustus met ’n feestelike finaal en prysuitdeling afgesluit, waar uitstaande werk op én agter die verhoog erken is.
Tegniese toekennings
Beste verhoogbestuurder
Nominasies:
|
Naam en van |
in die produksie |
van |
|
Arlo Espach |
Die gas |
Afrikaanse Hoër Seunskool |
|
Suné Coetzee |
op die rug van reuse |
Hoërskool Noordheuwel |
|
Angelique Vorster |
Break-A-Leg |
SSStudios en Hoërskool Stoffberg |
Beste beligtingsoperateur
Nominasies:
|
Naam en van |
in die produksie |
van |
|
Connor Mackenzie |
op die rug van reuse |
Hoërskool Noordheuwel |
|
Christiaan van der Merwe |
Debuut |
Helpmekaar Kollege |
Beste klankoperateur
Beste hantering van tegniese aspekte
Nominasies:
|
Produksie |
van |
|
Die gas |
Afrikaanse Hoër Seunskool |
|
op die rug van reuse |
Hoërskool Noordheuwel |
|
Atlantis in my gedagtes |
Improv Studios |
Wenner: Atlantis in my gedagtes van Improv Studios.
Toekennings vir spel
Beste akteur in ’n ondersteunende rol
Nominasies:
|
Naam en van |
as |
in die produksie |
van |
|
Luan Nabal |
Stof |
Die gas |
Afrikaanse Hoër Seunskool |
|
Keagan Swart |
Luka |
op die rug van reuse |
Hoërskool Noordheuwel |
Beste aktrise in ’n ondersteunende rol
Nominasies:
|
Naam en van |
as |
in die produksie |
van |
|
Anzelle Vorster |
Jamie |
op die rug van reuse |
Hoërskool Noordheuwel |
|
Paige Alexander |
Robin |
op die rug van reuse |
Hoërskool Noordheuwel |
Beste akteur in ’n hoofrol
Nominasies:
|
Naam en van |
as |
in die produksie |
van |
|
Erich Pieterse |
Mika |
Die gas |
Afrikaanse Hoër Seunskool |
|
Hanru Meyer |
Damian |
op die rug van reuse |
Hoërskool Noordheuwel |
Beste aktrise in ’n hoofrol
Nominasies:
|
Naam en van |
as |
in die produksie |
van |
|
Lenadri Groenewald |
Logan |
op die rug van reuse |
Hoërskool Noordheuwel |
|
Jana Enslin |
Wilmie |
Debuut |
Helpmekaar Kollege |
|
Symone Venter |
Celeste |
Debuut |
Helpmekaar Kollege |
Beste ensemble
Nominasies:
|
Produksie |
van |
|
Die Gas |
Afrikaanse Hoër Seunskool |
|
op die rug van reuse |
Hoërskool Noordheuwel |
|
Debuut |
Helpmekaar Kollege |
Produksietoekennings
Beste regie
Nominasies:
|
Naam en van |
in die produksie |
van |
|
Ronèl de Beer en James Thom |
Die gas |
Afrikaanse Hoër Seunskool |
|
Robert Kruger en Mariki de Villiers-Knop |
op die rug van reuse |
Hoërskool Noordheuwel |
Beste produksie
En daarmee het die laaste streeksproduksies van ASEM 2026 hul buiging gemaak.
Ná ’n seisoen waarin die ATKV se toneelaanbod teaters regoor Suid-Afrika met jong stories gevul het, verskuif die aandag nou na die nasionale verhoog. ATKV-Tienertoneel se nasionale finaliste word op Dinsdag 1 September aangekondig en sal genooi word na die ATKV-Toneelaanbod se nasionale ASEM-finaal, wat van 28 September tot 3 Oktober in die Kunstekaap-teater in Kaapstad plaasvind.
Vir sommige deelnemers eindig vanjaar se reis hier. Vir ander wag daar nóg ’n verhoog, maar vir elke jong kunstenaar wat hierdie seisoen deelgeneem het, het iets reeds gebeur wat geen uitslag kan wegneem nie:
’n Storie het asem gekry!