Skip to main content

Die ATKV stel die veiligheid van sy lede eerste en daarom het ons ’n vennootskap aangegaan met CASI, wat ’n alles-in-een-sekuriteitstoepassing (toep) bied.

Hierdie toep sorg vir u persoonlike beveiliging deur ’n paniekknoppie wat van u selfoon af beheer en bestuur word.

Boonop is hulp landswyd beskikbaar want CASI kan enige plek geaktiveer word. U mobiele paniekknoppie is gekoppel aan ’n netwerk van gewapendereaksiemaatskappye wat outomaties in kennis gestel word wanneer u die knoppie druk.

Danksy ’n ooreenkoms tussen die ATKV en CASI, hoef u en u gesinslede nooit weer onveilig te voel nie.

Teen slegs R35 (BTW ingesluit) per persoon per maand vir ATKV-lede, bied die CASI-toep bekostigbare persoonlike beveiliging, padbystand en mediese hulp op enige plek en enige tyd. Elke ATKV-lid wat aansluit, geniet 30 dae gratis gebruik van die CASI-toep.

Daarby help u ook die ATKV deur van hierdie aanbod gebruik te maak, want vir elke lid wat die toep koop, maak CASI ’n skenking tot die ATKV-Woekerfonds.

Verder kry elke ATKV-lid wat hierdie spesiale aanbod en die toepassing benut, ook toegang tot AA-voordele en mediese ondersteuning.*

Gebruik die skakel https://www.onelink.to/casi op u slimfoon om die regte toep af te laai.

  • Stap 1: Laai die toep af en volg die stappe om te toets. Nadat die toep getoets is, sal u ’n intekenskerm sien. Vul u betalingsbesonderhede hier in.
  • Stap 2: Voltooi die bankbesonderhede-gedeelte deur die besonderhede van u krediet-/debietkaart te verskaf.
  • Stap 3: Gebruik die kode ATKV1234 (alles hoofletters en geen spasies) in die Voucher code-spasie onderaan die bankbesonderhede-bladsy. Dit is baie belangrik om die kode in te vul, aangesien dit u in aanmerking laat kom vir die 30 dae gratis CASI-diens en spesiale ATKV-afslag.
  • Stap 4: Druk Subscribe in die Product Subscriptions-blokkie.
  • Stap 5: Verlaat die Manage payment-bladsy. Druk op die skerm links bo op die drie horisontale strepies en kies Update your profile. Voltooi die persoonlike inligting-gedeelte en klik regs bo op die regmerkie om jou inligting te stoor. Onthou, hierdie inligting is belangrik, want CASI gebruik dit om jou uit te ken in moeilike situasies.
  • Stap 6: Die CASI-toep is nou geaktiveer.

*Bepalings en voorwaardes geld.