Tienertoneel 2026: Gauteng-streeksfees 1-wenners bekend!
Daar is ’n besondere oomblik net voordat ’n verhoog lewe kry: die gehoor raak stil, die ligte doof en jong kunstenaars haal saam diep asem voordat hulle hul stories met die wêreld deel.
Van 27 Julie tot 1 Augustus 2026 het daardie oomblik keer op keer by die Unisa-kleinteater in Pretoria afgespeel tydens die eerste Gauteng-streeksfees van die 62ste ATKV-Tienertoneel. Altesaam het 518 deelnemers in 26 produksies die verhoog gevul met vars perspektiewe, dapper spel, oorspronklike stories en die soort kreatiewe energie wat net ontstaan wanneer jong mense die kans kry om hul stem te laat hoor.
Onder vanjaar se tema, “ASEM”, het elke produksie die gehoor uitgenooi om vir ’n oomblik stil te raak, saam te luister en die wêreld deur iemand anders se oë te beleef. Van ligter oomblikke en skerp humor tot stories wat diep sny en lank ná die laaste applous by jou bly, het dié fees gewys waarom ATKV-Tienertoneel ná 62 jaar steeds ’n belangrike ruimte vir die ontwikkeling van jong kunstenaars is.
Mentorskap wat nuwe moontlikhede laat asemhaal
Die deelnemers is vanjaar begelei deur mentorbeoordelaars Liezl de Kock, Wilhelm van der Walt, Hannah Borthwick en Bertha le Roux-Wahl.
Ná elke opvoering het die spelers en produksiespanne tydens intieme mentorsessies die geleentheid gekry om saam met die mentors oor hul kreatiewe proses te besin. Hierdie gesprekke bied nie net praktiese leiding oor spel, regie, tegniese aspekte en storievertelling nie, maar skep ook ’n ruimte waarin jong kunstenaars met groter selfvertroue kan groei.
Dit is juis hierdie opvoedkundige element wat die hart van ATKV-Tienertoneel vorm: deelnemers word nie bloot beoordeel nie, maar aangemoedig om vrae te vra, nuwe idees te ondersoek en hul liefde vir teater verder te verdiep.
Gauteng se uitblinkers word vereer
Die fees is op 1 Augustus met ’n feestelike prysuitdeling afgesluit, waar uitsonderlike prestasies in spel, regie, tegniese werk en produksieskepping erken is.
TEGNIESE TOEKENNINGS
Beste verhoogbestuurder
|
NOMINASIES |
|||
|
Naam en van |
in die produksie |
van |
|
|
1 |
Suné van der Merwe |
Gryp na Gmeera |
Hoërskool Eldoraigne |
|
2 |
Stian Vogel |
Wanorde in die woud |
Hoër Volkskool Heidelberg |
|
3 |
Addison Palm |
Sommer net ’n moordstorie |
Leeuwenhof Akademie |
Beste beligtingsoperateur
|
NOMINASIES |
|||
|
Naam en van |
in die produksie |
van |
|
|
1 |
Karlie Nel |
Die (R)Evolusie van ’n Knypkoek |
Helpmekaar Kollege |
|
2 |
Megan Joubert |
Gryp na Gmeera |
Hoërskool Eldoraigne |
|
3 |
Mika Pieterse |
Verhoogtrots |
Helpmekaar Kollege |
|
4 |
Cara Verster |
Alleenloper tussen die wolwe |
Leeuwenhof Akademie |
Wenner:
|
Megan Joubert |
Gryp na Gmeera |
Hoërskool Eldoraigne |
Beste klankoperateur
|
NOMINASIES |
|||
|
Naam en van |
in die produksie |
van |
|
|
1 |
Ryk Pretorius |
Die (R)Evolusie van ’n Knypkoek |
Helpmekaar Kollege |
|
2 |
Haley Jones |
Gryp na Gmeera |
Hoërskool Eldoraigne |
Beste hantering van tegniese aspekte
|
NOMINASIES |
||
|
Produksie |
van |
|
|
1 |
Die (R)Evolusie van ’n Knypkoek |
Helpmekaar Kollege |
|
2 |
Skree van Sewe |
SSStudios en Hoërskool Stoffberg |
|
3 |
Tech Rep |
Hoërskool Noordheuwel |
|
4 |
Melk en Heuning |
Merensky Landbou Akademie |
TOEKENNINGS VIR SPEL
Beste akteur in ’n hoofrol
|
NOMINASIES |
||||
|
Naam en van |
as |
in die produksie |
van |
|
|
1 |
Jean de Wet |
Apie |
Melk en Heuning |
Merensky Landbou Akademie |
|
2 |
Markus Knop |
Markus die Hoofakteur |
Tech Rep |
Hoërskool Noordheuwel |
Beste aktrise in ’n hoofrol
|
NOMINASIES |
||||
|
Naam en van |
as |
in die produksie |
van |
|
|
1 |
Anzelle Vorster |
Anzelle die verhoogbestuurder |
Tech Rep |
Hoërskool Noordheuwel |
|
2 |
Lenadri Groenewald |
Lenadri die hoofaktrise |
Tech Rep |
Hoërskool Noordheuwel |
|
3 |
Olivia Venter |
Maia |
Melk en Heuning |
Merensky Landbou Akademie |
Beste ensemble
|
NOMINASIES |
||
|
Produksie |
van |
|
|
1 |
Skree van Sewe |
SSStudios en Hoërskool Stoffberg |
|
2 |
Tech Rep |
Hoërskool Noordheuwel |
|
3 |
Melk en Heuning |
Merensky Landbou Akademie |
|
4 |
Die (R)Evolusie van ’n Knypkoek |
Helpmekaar Kollege |
PRODUKSIETOEKENNINGS
Beste regisseur
|
NOMINASIES |
|||
|
Naam en van |
in die produksie |
van |
|
|
1 |
Eghard Basson, Kobus en Wayne van der Schyff-Smal |
Die (R)Evolusie van ’n Knypkoek |
Helpmekaar Kollege |
|
2 |
Amore van Zyl, Aileen Steenkamp, Sune Senekal, Mariki de Villiers-Knop, Robert Kruger |
Tech Rep |
Hoërskool Noordheuwel |
|
3 |
Anriette van Wyk, Monique de Lange |
Melk en Heuning |
Merensky Landbou Akademie |
Beste produksie
Hoewel die laaste applous vir die eerste Gauteng-streeksfees nou stil geword het, bly die ATKV-Tienertoneelseisoen in Pretoria asemhaal. Die volgende fees, ATKV-Tienertoneel Gauteng-streeksfees 2, vind van 4 tot 8 Augustus 2026 weer by die Unisa-kleinteater plaas. Daar sal 22 produksies en 482 deelnemers gereed wees om ’n nuwe hoofstuk van die ASEM-seisoen te skryf.
Programme, skedules, kaartjies, produksie-inligting, feesnuus en uitslae is beskikbaar by www.asem.in.
Kom haal saam asem.