Tienertoneel: Bloemfontein bereik nuwe toonhoogtes!
Soms lê die grootste verrassing van ’n teaterfees nie in een enkele oomblik nie, maar in die gehalte wat produksie ná produksie op die verhoog bly ontvou.
Dit was die verhaal van die ATKV-Tienertoneel Bloemfontein-streeksfees, wat van 10 tot 15 Augustus 2026 by die Wynand Mouton-teater in Bloemfontein plaasgevind het. Oor ses dae het 281 deelnemers in ’n indrukwekkende 28 produksies die verhoog betree en gewys hoeveel talent, toewyding en kreatiewe denke in jong teatermakers leef.
Onder vanjaar se tema, “ASEM”, het die verhoog ruimte gebied vir uiteenlopende stories en jong stemme. Wat veral opvallend was, was die konsekwent hoë standaard van die produksies – van spel en regie tot tegniese uitvoering en die sorg waarmee stories vir die verhoog geskep is.
Die resultaat was ’n fees waar gehore telkens kon ontdek hoe ’n nuwe groep jong kunstenaars hul eie asem aan die kunsvorm gee.
Mentorskap gee ruimte vir verdere groei
Die Bloemfontein-produksies is vanjaar begelei deur mentorbeoordelaars Marijda Kamper, Wilhelm van der Walt, Karli Heine en René Cloete.
Ná elke opvoering het die deelnemers tydens intieme mentorsessies die geleentheid gekry om saam met die mentors oor hul werk te gesels. Spel, regie, tegniese keuses en storievertelling word onder die loep geneem, maar altyd met ontwikkeling as vertrekpunt.
Hierdie gesprekke is een van die belangrikste boustene van ATKV-Tienertoneel. Die applous mag ná ’n opvoering stil word, maar die gesprek daaroor laat die werk verder leef. Deelnemers vertrek met nuwe vrae, nuwe insigte en hopelik nóg groter lus om teater te maak.
ATKV-Sêr kleur die streeksfeesfinaal in
ATKV-Sêr het ook vir die eerste keer tydens die Bloemfontein-streeksfeesfinaal asemgehaal en sommer die standaard na nuwe toonhoogtes geneem. C&N Sekondêre Meisieskool Oranje het met Kieries en Crocs beïndruk, terwyl Hoërskool Jim Fouché met Seerowers gewys het hoeveel energie, musikaliteit en kreatiwiteit dié groeiende deel van die ATKV-Toneelaanbod na die verhoog bring.
Die Sêr-produksies het die streeksfeesfinaal behoorlik ingekleur en ’n ekstra dimensie aan ’n reeds hoogstaande program gegee. Soos met die ander ATKV-Sêr-groepe ontvang die deelnemers pasgemaakte stemnotas van die mentors, sodat die ontwikkeling en gesprek ook ná die laaste noot kan voortleef.
Bloemfontein se uitblinkers word vereer
Die fees is op 15 Augustus met die streeksfinaal en prysuitdeling afgesluit, waar uitstaande werk op én agter die verhoog erken is.
TEGNIESE TOEKENNINGS
Beste verhoogbestuurder
|
Naam en van |
in die produksie |
van |
|
Nicole van Schalkwyk |
Blindelings |
Hoërskool Jim Fouché |
|
Suné Coetzee |
Sonderling en Seelenkind |
Hoërskool Noordheuwel |
Beste beligtingsoperateur
|
Naam en van |
in die produksie |
van |
|
Wiehan du Plessis |
Blindelings |
Hoërskool Jim Fouché |
|
Janco Liebenberg |
Vinkel & Koljander |
Hoërskool Martin Oosthuizen |
|
Connor Mackenzie |
Sonderling en Seelenkind |
Hoërskool Noordheuwel |
Beste klankoperateur
|
Naam en van |
in die produksie |
van |
|
Hanro Snyman |
Blindelings |
Hoërskool Jim Fouché |
|
Wian Wienekus |
Sonderling en Seelenkind |
Hoërskool Noordheuwel |
Beste hantering van tegniese aspekte
|
Produksie |
van |
|
(S)ink |
C&N Sekondêre Meisieskool Oranje |
|
Blindelings |
Hoërskool Jim Fouché |
|
Vinkel en Koljander |
Hoërskool Martin Oosthuizen |
|
Sonderling en Seelenkind |
Hoërskool Noordheuwel |
TOEKENNINGS VIR SPEL
Beste akteur in ’n ondersteunende rol
Beste aktrise in ’n ondersteunende rol
|
Naam en van |
as |
in die produksie |
van |
|
Miné Truter |
Verteller en ensemble |
(S)ink |
C&N Sekondêre Meisieskool Oranje |
|
Kaylin Maartens |
Verteller en ensemble |
(S)ink |
C&N Sekondêre Meisieskool Oranje |
|
Lisa Lintvelt |
Verteller en ensemble |
(S)ink |
C&N Sekondêre Meisieskool Oranje |
Beste akteur in ’n hoofrol
|
Naam en van |
as |
in die produksie |
van |
|
Phillip Adamson |
Pieter Coetzee |
B.O.M.SKOK |
Hoërskool Kalahari |
|
Markus Knop |
Sonderling |
Sonderling en Seelenkind |
Hoërskool Noordheuwel |
Beste aktrise in ’n hoofrol
|
Naam en van |
as |
in die produksie |
van |
|
Danaé du Plessis |
ADHD-leerder |
(S)ink |
C&N Sekondêre Meisieskool Oranje |
|
Liané Stadler |
Dunya |
Die Donahue Susters |
Hoërskool Martin Oosthuizen |
|
Keil Marais |
Rosie |
Die Donahue Susters |
Hoërskool Martin Oosthuizen |
|
Alicia King |
Annie |
Die Donahue Susters |
Hoërskool Martin Oosthuizen |
Beste ensemble
|
Produksie |
van |
|
(S)ink |
C&N Sekondêre Meisieskool Oranje |
|
Die Skoonmaker |
Hoërskool Diamantveld |
|
Die Donahue Susters |
Hoërskool Martin Oosthuizen |
|
Sonderling en Seelenkind |
Hoërskool Noordheuwel |
PRODUKSIETOEKENNINGS
Beste regie
Beste produksie
Met Bloemfontein se laaste applous nog vars beweeg die ASEM-seisoen verder na Gauteng en die Wes-Kaap.
Van 17 tot 23 Augustus wag ’n besonder groot ATKV-Tienertoneel Gauteng-streeksfees 3 by die UNISA-kleinteater in Pretoria, waar 554 deelnemers in 30 produksies op die verhoog gaan klim. Daarna volg ATKV-Tienertoneel Wes-Kaap-streeksfees 1 van 20 tot 22 Augustus by die Pam Golding Baxter-teater in Rondebosch, met 201 deelnemers in 12 produksies.
Bloemfontein het die verhoog met ’n besonder hoë standaard gevul. Nou trek die toneelaanbod verder en wag daar nóg stories wat gereed is om hul eerste asem voor ’n gehoor te haal.
Programme, skedules, kaartjies, produksie-inligting, foto’s, feesnuus en uitslae is beskikbaar by www.asem.in.
Kom haal saam asem.