Tienertoneel: Gqeberha het die verhoog laat asemhaal!
Soms begin ’n goeie teaterervaring met ’n diep asemteug en dan die besluit om te waag. Dié waagmoed het van 11 tot 14 Augustus 2026 die verhoog van die Mandela-teaterkompleks in Gqeberha oorheers tydens die 62ste ATKV-Tienertoneel-streeksfees. Altesaam 138 deelnemers in tien produksies het gewys dat jong teatermakers nie bang is om met vorm, styl en genre te eksperimenteer wanneer hulle ’n storie het om te vertel nie.
Onder vanjaar se tema, “ASEM”, het die fees ’n besonder uiteenlopende teaterlandskap gebied. Dramas en meer bekende speelstyle het plek gemaak vir én saamgeleef met uitdagende vorme soos verhoogde realisme, hansworsspel en selfs ’n verbeeldingryke vermenging van bewegingsteater en poppespel.
Veral tydens die streeksfeesfinaal was dié verskeidenheid opvallend. Produksiespanne het nie bloot die veilige of bekende gekies nie, maar die taal van teater ondersoek om te bepaal hóé ’n storie die sterkste vertel kan word.
En soms is dit presies wat ’n jong kunstenaar nodig het: die ruimte om diep asem te haal, ’n risiko te neem en te ontdek wat moontlik is.
Mentorskap wat waagmoed help verfyn
Die Gqeberha-produksies is vanjaar begelei deur mentorbeoordelaars Kanya Viljoen, Karli Heine, Jacques Bessenger en René Cloete.
Ná elke opvoering het deelnemers tydens intieme mentorsessies saam met die mentors oor hul kreatiewe keuses, spel, regie, tegniese uitvoering en benadering tot storievertelling gesels. By ’n fees waar soveel verskillende teaterstyle ondersoek is, het dié gesprekke deelnemers die geleentheid gebied om nie net te hoor wat gewerk het nie, maar ook om verder te dink oor waarom bepaalde kreatiewe keuses gemaak word en hoe dit verfyn kan word.
Dit is ’n belangrike deel van ATKV-Tienertoneel se ontwikkelingsfilosofie: om jong kunstenaars aan te moedig om nuuskierig te wees, hul eie teaterstem te ontwikkel en die selfvertroue te hê om soms buite die bekende te beweeg.
ATKV-Sêr waag saam
Die waagmoed het nie by Tienertoneel geëindig nie. ATKV-Sêr het vanjaar ook vir die eerste keer tydens die Gqeberha-streeksfeesfinaal asemgehaal, met die Hoërskool Nico Malan wat sommer met hul eerste deelname aan dié snelgroeiende deel van die toneelaanbod gewys het dat hulle nie bang is om iets nuut aan te pak nie.
Met hul produksie SKYN HEILIG het die groep hul eie kreatiewe stempel op die finaal afgedruk en nog ’n kleur tot Gqeberha se besonder uiteenlopende program gevoeg. Soos die Tienertoneelproduksies van die streek, het hulle gewys dat groei dikwels begin wanneer jong kunstenaars bereid is om te waag, te ontdek en ’n nuwe kreatiewe asem te vind.
Die sêrgroepe ontvang ook pasgemaakte stemnotas van die mentors, sodat die leerproses en kreatiewe gesprek lank ná die laaste noot kan voortleef.
Gqeberha se uitblinkers word vereer
Die Gqeberha-streeksfees is op 14 Augustus met ’n feestelike prysuitdeling afgesluit, waar uitstaande werk op én agter die verhoog erken is.
TEGNIESE TOEKENNINGS
Beste verhoogbestuurder
|
Naam en van |
in die produksie |
van |
|
Katherine Williams, Celeste Grobler en Amelia du Toit |
Die Hoop |
Hoërskool Parel Vallei |
|
Sazi Silwana en Hephzibah Qutywa |
Happy birthday, Jabu |
Selborne College |
|
Wilmien Viljoen |
My Hart |
Hoërskool Despatch |
Beste beligtingsoperateur
|
Naam en van |
in die produksie |
van |
|
Mienke Stofberg |
Vliegtuie wat nie vlieg nie |
Hoërskool Framesby |
|
Juan-Jacques Moolman |
My Hart |
Hoërskool Despatch |
|
Kwakhanya Sinam |
Seirenes |
Selborne College |
Beste klankoperateur
|
Naam en van |
in die produksie |
van |
|
Chrisna Nel |
Vliegtuie wat nie vlieg nie |
Hoërskool Framesby |
|
Gemma Munro |
Waarhede, Naarhede, en Wolhaarstories |
Hoërskool Framesby |
|
Jaco Bouwer |
My Hart |
Hoërskool Despatch |
Beste hantering van tegniese aspekte
|
Produksie |
van |
|
My Hart |
Hoërskool Despatch |
|
Happy birthday, Jabu |
Selborne College |
|
Die Hoop |
Hoërskool Parel Vallei |
TOEKENNINGS VIR SPEL
Beste akteur in ’n ondersteunende rol
Beste aktrise in ’n ondersteunende rol
|
Naam en van |
as |
in die produksie |
van |
|
San-Marie van Niekerk |
Ousus |
My Hart |
Hoërskool Despatch |
|
Niekohl van Niekerk |
Poplap |
My Hart |
Hoërskool Despatch |
|
Leandre Hart |
AF, ’n hoop |
Die Hoop |
Hoërskool Parel Vallei |
Beste akteur in ’n hoofrol
|
Naam en van |
as |
in die produksie |
van |
|
Donavan Swanepoel |
Pa |
My Hart |
Hoërskool Despatch |
|
Hephzibah Qutywa |
Malume |
Happy birthday, Jabu |
Selborne College |
|
Mlevi Mabula |
Sibusiso |
Happy birthday, Jabu |
Selborne College |
|
Mvelo Ndleleni |
Luthando |
Happy birthday, Jabu |
Selborne College |
Beste aktrise in ’n hoofrol
|
Naam en van |
as |
in die produksie |
van |
|
Faith Hope Twigg |
Jaclyn Abrahamse |
Bitterwater |
Hoërskool McLachlan |
|
Mioné Jonker |
Ma |
My Hart |
Hoërskool Despatch |
|
Carli Erasmus |
HOOPVOL, ’n hoop |
Die Hoop |
Hoërskool Parel Vallei |
Beste ensemble
|
Produksie |
van |
|
My Hart |
Hoërskool Despatch |
|
Happy birthday, Jabu |
Selborne College |
|
Die Hoop |
Hoërskool Parel Vallei |
PRODUKSIETOEKENNINGS
Beste regie
|
Naam en van |
in die produksie |
van |
|
Lee-Anne Snyman |
My Hart |
Hoërskool Despatch |
|
Jo-Aithne Stemmet |
Happy birthday, Jabu |
Selborne College |
|
Darryl Spijkers |
Die Hoop |
Hoërskool Parel Vallei |
Beste produksie
Die ASEM-seisoen beweeg nou verder na Gauteng en die Wes-Kaap. Van 17 tot 23 Augustus neem 30 produksies met 554 deelnemers die UNISA-kleinteater in Pretoria oor vir ATKV-Tienertoneel Gauteng-streeksfees 3.
Kort daarna haal die verhoog ook in Rondebosch asem wanneer 201 deelnemers in 12 produksies van 20 tot 22 Augustus by die Pam Golding Baxter-teater aantree vir ATKV-Tienertoneel Wes-Kaap-streeksfees 1.
Die Gqeberha-fees het gewys dat daar nie net een manier is om ’n goeie storie te vertel nie. Soms lê die krag juis daarin om die bekende agter te laat, die onverwagse te probeer en te waag.
Programme, skedules, kaartjies, produksie-inligting, foto’s, feesnuus en uitslae is beskikbaar by www.asem.in.
Kom haal saam asem.