Tienertoneel: PTA bring tweede golf dapper stories
Net toe die laaste applous van die eerste Gauteng-streeksfees stil geword het, het ’n nuwe groep jong storievertellers reeds gereed gestaan om die UNISA-kleinteater met vars energie, nuwe perspektiewe en nóg stories te vul.
Van 4 tot 8 Augustus 2026 het die tweede Gauteng-streeksfees van die 62ste ATKV-Tienertoneel in Pretoria plaasgevind, waar 502 deelnemers in 23 produksies die verhoog hul eie gemaak het. Vir vyf dae het spel, regie, tegniek en storievertelling saamgesmelt in ’n fees wat gewys het hoe wyd jong kunstenaars se verbeelding kan strek wanneer hulle die ruimte kry om asem te haal.
As deel van vanjaar se tema, “ASEM”, was elke produksie ’n uitnodiging om vir ’n oomblik anders te kyk en te luister. Sommige stories het gehore laat lag, ander het ongemaklike vrae oopgebreek, en ander het in die stiltes tussen woorde bly leef. Saam het dit ’n tweede sterk hoofstuk vir Gauteng se ATKV-Tienertoneelseisoen geskryf.
Mentorskap wat verder as die verhoog strek
Die produksies is vanjaar begelei deur mentorbeoordelaars Hannah Borthwick, Bertha le Roux-Wahl, Jacques Bessenger en René Cloete.
Ná elke optrede het die deelnemers tydens intieme mentorsessies die geleentheid gekry om saam met die mentors oor hul kreatiewe keuses, spel, regie, tegniese uitvoering en storievertelling te gesels. Hierdie sessies skep ’n ruimte waar jong kunstenaars nie net terugvoer ontvang nie, maar ook aangemoedig word om nuuskierig te bly, risiko’s te neem en met groter selfvertroue hul eie kreatiewe stem te ontwikkel.
Dit is juis dié opvoedkundige hartklop wat ATKV-Tienertoneel ná 62 jaar steeds relevant hou. Die verhoog word nie net ’n plek waar werk vertoon word nie, maar ’n ruimte waar toekomstige teatermakers gevorm word.
Gauteng se tweede groep uitblinkers word vereer
Die fees is op 8 Augustus met ’n feestelike prysuitdeling afgesluit, waar uitsonderlike prestasies op én agter die verhoog erken is.
Tegniese toekennings
Beste verhoogbestuurder
Nominasies:
|
Naam en van |
in die produksie |
van |
|
Zelneri Tredoux |
Die naskoolkinders |
Hoërskool Wilgerivier |
|
Izabella Nawn |
Stuur my sterre |
Hoërskool Noordheuwel |
|
Aneska van de Sandt en Kaylee Meyer |
Stofpad na stilte |
Hoërskool Linden |
Beste beligtingsoperateur
Nominasies:
|
Naam en van |
in die produksie |
van |
|
Janay Horn |
Stofpad na stilte |
Hoërskool Linden |
|
Karlie Nel |
EKSODUS |
Helpmekaar Kollege |
|
Cyara Joubert |
HILDEMAR |
Hoërskool Noordheuwel |
Beste klankoperateur
Nominasies:
|
Naam en van |
in die produksie |
van |
|
Riché Jonas |
Stuur my sterre |
Hoërskool Noordheuwel |
|
Caileigh Joubert |
HILDEMAR |
Hoërskool Noordheuwel |
|
Johard Venter |
EKSODUS |
Helpmekaar Kollege |
Beste hantering van tegniese aspekte
Nominasies:
|
Produksie |
van |
|
HILDEMAR |
Hoërskool Noordheuwel |
|
Geregtigheid vir Liesbet Lourens |
Hoërskool Kempton Park |
|
EKSODUS |
Helpmekaar Kollege |
Toekennings vir spel
Beste akteur in ’n ondersteunende rol
Nominasies:
|
Naam en van |
as |
in die produksie |
van |
|
Edward Harding |
Ryn |
EKSODUS |
Helpmekaar Kollege |
|
Arnu Lombaard |
Hendrik |
Stofpad na stilte |
Hoërskool Linden |
Beste aktrise in ’n ondersteunende rol
Nominasies:
|
Naam en van |
as |
in die produksie |
van |
|
Emma Knop |
Clara |
HILDEMAR |
Hoërskool Noordheuwel |
|
Danica du Plessis |
Hester |
EKSODUS |
Helpmekaar Kollege |
|
Leané Wilson |
Liora |
EKSODUS |
Helpmekaar Kollege |
|
Mila Robberts |
Kobie |
Stofpad na stilte |
Hoërskool Linden |
Beste akteur in ’n hoofrol
Nominasies:
|
Naam en van |
as |
in die produksie |
van |
|
Eduard Viljoen |
Franco |
Skattejag |
Hoër Volkskool Potchefstroom |
|
Juhan Nortje |
Hykie |
I-dentiteit |
Hoër Volkskool Potchefstroom |
|
Hugo van der Merwe |
Regardt |
Skattejag |
Hoër Volkskool Potchefstroom |
|
Christian Nortje |
Jakob |
Stofpad na stilte |
Hoërskool Linden |
Beste aktrise in ’n hoofrol
Nominasies:
|
Naam en van |
as |
in die produksie |
van |
|
Annichke Groenewald |
Andy |
Geregtigheid vir Liesbet Lourens |
Hoërskool Kempton Park |
|
Karah Pieters |
Alma |
HILDEMAR |
Hoërskool Noordheuwel |
|
Amoray Claassens |
Ilke |
HILDEMAR |
Hoërskool Noordheuwel |
Beste ensemble
Nominasies:
|
Produksie |
van |
|
Skattejag |
Hoër Volkskool Potchefstroom |
|
HILDEMAR |
Hoërskool Noordheuwel |
|
EKSODUS |
Helpmekaar Kollege |
|
Stofpad na stilte |
Hoërskool Linden |
Produksietoekennings
Beste regie
Nominasies:
|
Naam en van |
in die produksie |
van |
|
Robert Kruger en Aileen Steenkamp |
HILDEMAR |
Hoërskool Noordheuwel |
|
Lambré Krause en Klarissa van der Merwe |
EKSODUS |
Helpmekaar Kollege |
|
Marike Alberts |
Stofpad na stilte |
Hoërskool Linden |
Beste produksie
Met Gauteng se tweede streeksfees afgehandel, beweeg die ASEM-seisoen nou gelyktydig na twee nuwe bestemmings. Die ATKV-Tienertoneel Bloemfontein-streeksfees vind van 10 tot 15 Augustus by die Wynand Mouton-teater plaas, waar 281 deelnemers in 28 produksies op die verhoog te sien sal wees.
In Gqeberha neem nóg 138 deelnemers in 10 produksies van 11 tot 14 Augustus die Mandela-teaterkompleks oor vir die volgende hoofstuk van die 2026-seisoen.
Programme, skedules, kaartjies, produksie-inligting, feesnuus en uitslae is beskikbaar by www.asem.in.
Kom haal saam asem.