Tienertoneel: Wes-Kaap-streeksfees verwonder
Die 60ste ATKV-Tienertoneel is volstoom in Gauteng en in die Wes-Kaap met hope talent en inspirerende stories voortgesit. 146 tieners het in 10 produksies hul stories simbioties op die Pam Golding Baxter-teater verhoog in Rondebosch kom vertel.
Met ATKV-Tienertoneel word leerders soveel geleenthede moontlik gegee om by al die aspekte van die toneelstuk betrokke te raak, met ander woorde, by die spel, regie, skryf van tekste, kostuums, dekor, grimering, klank, beligting, verhoogbestuur, choreografie en selfs bemarking!
ATKV-Tienertoneel se unieke aanbiedingsformaat ontwikkel die jeug se liefde vir toneelspel deurdat die deelnemers aan elke produksie na afloop van hul optrede tydens opwindende mentorwerkswinkelsessies met mentorbeoordelaars, wat hul stempel in die vermaaklikheids- en tersiêre-onderrigbedryf afdruk, in ’n tweerigtingsgesprek oor hul werk tree.
Die mentorbeoordelaars tydens die eerste Wes-Kaap-streeksfees vanaf 15 tot 17 Augustus was Marlo Minnaar, Marijda Kamper, Jacques Bessenger en Lindsey Cele.
Nie net was dit hierdie mentorbeoordelaars se taak om ons deelnemers te inspireer met wenke om hul produksies te verfyn nie, maar hulle het ook die geleentheid om toppresteerders in hierdie streek aan te wys.
Die nominasies en wenners vir verskeie komponente in die teatermaakproses is tydens ’n spogprysuitdeling op 17 Augustus bekendgemaak.
BESTE KLANKOPERATEUR
Nominasies:
Naam en van |
Produksie |
Skool |
Owen van der Merwe |
CALLBACK |
Hoërskool Jan van Riebeeck |
Agu Holzapfel |
99 Luftballons |
Hoërskool Parel Vallei |
Wenner:
BESTE BELIGTINGSOPERATEUR
Nominasies:
Naam en van |
Produksie |
Skool |
Hanju Roets |
Hou vas ... vir my |
Hoërskool Bellville |
Josephina Hellman |
CALLBACK |
Hoërskool Jan van Riebeeck |
Wessel Steenkamp |
KAPSULE |
Hoërskool Durbanville |
Wenner:
BESTE VERHOOGBESTUURDER
Nominasies:
Naam en van |
Produksie |
Skool |
Kiara Mahoney |
99 Luftballons |
Hoërskool Parel Vallei |
Donna Lings |
CALLBACK |
Hoërskool Jan van Riebeeck |
Mari van Zyl |
KAPSULE |
Hoërskool Durbanville |
Wenner:
BESTE HANTERING VAN TEGNIESE ASPEKTE
Nominasies:
Produksie |
Skool |
KAPSULE |
Hoërskool Durbanville |
CALLBACK |
Hoërskool Jan van Riebeeck |
99 Luftballons |
Hoërskool Parel Vallei |
Wenner:
BESTE AKTEUR IN ’N ONDERSTEUNENDE ROL
Wenner:
BESTE AKTEUR IN ’N HOOFROL
Nominasies:
Naam en van |
Produksie |
Skool |
Darren Johannes |
Skebenga |
Hoërskool Strand |
Michael Ruzvidzo |
Skebenga |
Hoërskool Strand |
Kayden Links |
Skebenga |
Hoërskool Strand |
Darren Cloete as Hoofrol |
CALLBACK |
Hoërskool Jan van Riebeeck |
Wenner:
BESTE AKTRISE IN ’N HOOFROL
Nominasies:
Naam en van |
Produksie |
Skool |
Jana du Piesanie as Karyn |
KAPSULE |
Hoërskool Durbanville |
Iviwe Dibela as Kleine Alle |
99 Luftballons |
Hoërskool Parel Vallei |
Wenner:
BESTE ENSEMBLE
Nominasies:
Produksie |
Skool |
CALLBACK |
Hoërskool Jan van Riebeeck |
99 Luftballons |
Hoërskool Parel Vallei |
Skebenga |
Hoërskool Strand |
Wenner:
BESTE REGISSEUR
Nominasies:
Naam en van |
Produksie |
Skool |
Alma Nel |
CALLBACK |
Hoërskool Jan van Riebeeck |
Darryl Spijkers |
99 Luftballons |
Hoërskool Parel Vallei |
Wenner:
BESTE PRODUKSIE
Wenner:
ATKV-Tienertoneel is hierdie week (19 tot 24 Augustus) vir oulaas in Gauteng by die UNISA Little Theatre in Pretoria en keer terug na Rondebosch (Kaapstad) en die Pam Golding Baxter-teater vir die tweede Wes-Kaap-streeksfees om die tieners se simbiotiese werk te mentor en te vier.
Besoek die volgende skakel vir programme en kaartjies: https://linktr.ee/atkv_toneel