Tienertoneeltalent tydens Durban-streeksfees gevier
Die 60ste ATKV-Tienertoneel het vandeesweek in Durban afgeskop en het simbioties feesgevier. Nie minder nie as 281 tieners het in 10 produksies hul stories simbioties op die Playhouse Theatre-verhoog in Durban kom vertel.
Met ATKV-Tienertoneel word leerders soveel geleenthede moontlik gegee om by al die aspekte van die toneelstuk betrokke te raak, met ander woorde, by die spel, regie, skryf van tekste, kostuums, dekor, grimering, klank, beligting, verhoogbestuur, choreografie en selfs bemarking!
ATKV-Tienertoneel se unieke aanbiedingsformaat ontwikkel die jeug se liefde vir toneelspel deurdat die deelnemers aan elke produksie na afloop van hul optrede tydens opwindende mentorwerkswinkelsessies met mentorbeoordelaars, wat hul stempel in die vermaaklikheids- en tersiêre-onderrigbedryf afdruk, in ’n tweerigtingsgesprek oor hul werk tree.
Die mentorbeoordelaars tydens die Durban-streeksfees vanaf 18 tot 20 Julie was Donovan Pietersen, Marlo Minnaar, Jacques Bessenger en Wilhelm van der Walt.
Nie net was dit hierdie mentorbeoordelaars se taak om ons deelnemers te inspireer met wenke om hul produksies te verfyn nie, maar hulle het ook die geleentheid gekry om toppresteerders in hierdie streek aan te wys.
Die nominasies en wenners vir verskeie komponente in die teatermaakproses is tydens ’n spogprysuitdeling op 20 Julie bekendgemaak.
BESTE BELIGTINGSOPERATEUR
Nominasies:
Naam en van |
Produksie |
Skool |
Jayden Perkin |
Kom ons speel |
Kuswag Skool |
Monique Luus |
Die Sewe |
Hoërskool Ferrum |
Monique Luus |
Ontwortel |
Hoërskool Ferrum |
Wenner:
BESTE VERHOOGBESTUURDER
Nominasies:
Naam en van |
Produksie |
Skool |
Megan Murray en Lize Munro |
Afrika-Aanse Museum |
Gelofte Skool |
Adelia van der Merwe |
’n Malhuis vir ontbyt |
Hoërskool Richardsbaai |
Amy-Lee Jones en Danielle Oosthuizen |
Saboteur |
Kuswag Skool |
Wenner:
Naam en van |
Produksie |
Skool |
Megan Murray en Lize Munro |
Afrika-Aanse Museum |
Gelofte Skool |
BESTE HANTERING VAN TEGNIESE ASPEKTE
Wenner:
BESTE AKTEUR IN ’N ONDERSTEUNENDE ROL
Wenner:
BESTE AKTRISE IN ’N ONDERSTEUNENDE ROL
Nominasies:
Naam en van |
Produksie |
Skool |
Marizé Oosthuizen as Lilly |
Kom ons speel |
Kuswag Skool |
Lizmia Roberts as die Afghani-vrou |
Liquefacio Lux Hominum |
Port Natal Skool |
Micke Hannay as die verhoogbestuurder |
Saboteur |
Kuswag Skool |
Wenner:
Naam en van |
Produksie |
Skool |
Marizé Oosthuizen as Lilly |
Kom ons speel |
Kuswag Skool |
BESTE AKTEUR IN ’N HOOFROL
Nominasies:
Naam en van |
Produksie |
Skool |
Henko de Goede as Louw |
Kom ons speel |
Kuswag Skool |
Kamvelihle Mncayi as Soldaat 1 |
Liquefacio Lux Hominum |
Port Natal Skool |
Pieter van Romburgh as Alfred |
Saboteur |
Kuswag Skool |
Wenner:
BESTE AKTRISE IN ’N HOOFROL
Wenner:
BESTE ENSEMBLE
Nominasies:
Produksie |
Skool |
Teaterspook |
Kuswag Skool |
’n Meisie moet |
Kuswag Skool |
Saboteur |
Kuswag Skool |
Ontwortel |
Hoërskool Ferrum |
Wenner:
BESTE REGISSEUR
Wenner:
BESTE PRODUKSIE
Wenner:
ATKV-Tienertoneel is hierdie week (22 tot 27 Julie) in Pretoria by die UNISA Little Theatre vir Gauteng se eerste streeksfees om die tieners se simbiotiese werk te mentor en te vier.
Besoek die volgende skakel vir programme en kaartjies: https://linktr.ee/atkv_toneel