Tjokkers: Laaste streeksfees in Moederstad ’n hoogtepunt
Die afgelope week het 315 tjokkers in Kaapstad hul buiging gemaak tydens die gewilde ATKV-Tjokkertoneelkompetisie.
Die doel van ATKV-Tjokkertoneel is die skep van ’n nasionale platform vir talentontwikkeling ter viering en opbou van laerskoolkinders deur toneelontwikkeling, gehoorontwikkeling en blootstelling aan goeie literatuur aan te moedig. Met ATKV-Tjokkertoneel stel ons jong leerders bloot aan teaterkuns en drama deur middel van mini-tonele.
Deur die opbouende proses van toneelspel ontwikkel kinders selfvertroue, kommunikasie- en luistervaardighede, en verbreed hul woordeskat.
Tjokkers in die Wes-Kaap het hard gewerk en vanaf 12 tot 14 Augustus hul stories simbioties en met groot passie in Rondebosch, Kaapstad by die Pam Golding Baxter-teater kom vertel.
Jacques Bessenger en Lindsey Cele het as mentorbeoordelaars die talent aanskou en was verstom oor die tjokkers se kreatiewe werk en waagmoed om stories geloofwaardig te vertel, terwyl hulle ook suksesvol aan alle teaterelemente aandag gee.
ATKV-Tjokkertoneeldeelnemers ontvang benewens toekennings vir deelname en prysenswaardige prestasie ook pasgemaakte stemnotas van beide mentors om hul talent verder te slyp.
Streeksfeeswenners is Woensdag 14 Augustus tydens ’n spogprysuitdeling aangewys.
Hier is die nominasies en wenners:
BESTE HANTERING VAN TEGNIESE ASPEKTE
Nominasies:
Produksie |
Skool |
Dertien |
Laerskool De Hoop |
Skelmdans |
Beaumont Primary School |
Sokkieverse |
Laerskool Durbanville |
Wenner:
BESTE TJOKKERAKTEUR
Nominasies:
Naam en van |
Produksie |
Skool |
Michal Grobler as Skelm |
Skelmdans |
Beaumont Primary School |
Rijk Laubscher as Simon |
Ware kleure |
Laerskool De Hoop |
Wenner:
BESTE TJOKKERAKTRISE
Nominasies:
Naam en van |
Produksie |
Skool |
Valeria la Cock as Klara |
Ware kleure |
Laerskool De Hoop |
Berné Peters as Ouma |
Dertien |
Laerskool De Hoop |
Jenna Smuts as President Sokmeister |
Sokkieverse |
Laerskool Durbanville |
Leonie Zimmermann as Nelia |
Die Storietafel |
Curro Durbanville Laerskool |
Judi Hattingh as Hanna |
Die Storietafel |
Curro Durbanville Laerskool |
Wenner:
BESTE ENSEMBLE
Nominasies:
Produksie |
Skool |
Skelmdans |
Laerskool Beaumont |
Dertien |
Laerskool De Hoop |
Die Storietafel |
Curro Durbanville Laerskool |
Wenner:
BESTE REGISSEUR
Nominasies:
Naam en van |
Produksie |
Skool |
Megan Grobbelaar |
Skelmdans |
Beaumont Primary School |
Samuel Jumat |
Dertien |
Laerskool De Hoop |
Cecilia Wesson |
Die Storietafel |
Curro Durbanville Laerskool |
Wenner:
BESTE PRODUKSIE
Nominasies:
Produksie |
Skool |
Dertien |
Laerskool De Hoop |
Die Storietafel |
Curro Durbanville Laerskool |
Skelmdans |
Beaumont Primary School |
Wenner:
Baie dankie aan al die tjokkers wat vanjaar in Kaapstad aan hierdie groeiende projek deelgeneem het.
Drie ATKV-Tjokkertoneelstreeksfeeste regoor Suid-Afrika het plaasgevind met 900 tjokkers in 50 produksies wat gehore simbioties laat saamleef het. Die topproduksies word nou genooi na die nasionale Simbiose-finaal, wat vanaf 23 tot 28 September by die Kunstekaap in Kaapstad plaasvind. Die Tjokkertoneelfinaal vorm deel van Vrydag 27 September se simbiotiese feesprogram.
Hou die ATKV se webwerf en sosialemediablaaie op Woensdag 28 Augustus dop vir die bekendmaking van hierdie nasionale finaliste.