Tjokkers skitter in die Kaap!
Die ATKV se jongste toneelaanbod, ATKV-Tjokkertoneel, het die afgelope week ’n Kaapse draai gemaak en die jong talent het nie teleurgestel nie.
Hierdie tjokkers het op Saterdag 21 Mei in die Durbanville-ouditorium met groot geesdrif die gehoor vermaak.
ATKV-Tienertoneel se bekroonde teatermakers, Darryl Spijkers en Kanya Viljoen, het die talent as mentorbeoordelaars aanskou en was dit eens dat ATKV-Tjokkertoneel nog diep spore in die bedryf gaan trap. “Ons is opgewonde daaroor om hierdie tjokkers op ’n tienertoneelverhoog te verwelkom!” het Darryl trots vanaf die verhoog tydens sy terugvoer gesê.
ATKV-Tjokkertoneeldeelnemers ontvang buiten toekennings vir deelname en prysenswaardige prestasie, ook pasgemaakte stemnotas van albei mentors om hul talent verder mee te slyp.
Streeksfeeswenners is ook Saterdag tydens ’n spogprysuitdeling aangewys.
Hulle is:
Die Tjokkers in Bloemfontein is volgende aan die beurt, op 26 Mei by die Hoërskool Jim Fouché. Kaartjies is beskikbaar by Webtickets teen slegs R30.
Klik op hierdie skakel vir kaartjies en volg die ATKV vir alle nuus oor ons brawe Tjokkers wat vanjaar die planke warm speel: https://www.webtickets.co.za/v2/Event.aspx?itemid=1514949953