Tjokkers skyn tydens tweede Gauteng-streeksfees
Die ATKV se jongste toneelaanbod, ATKV-Tjokkertoneel, het hierdie jaar enorme nasionale deelnamegroei getoon deurdat ons vier streeksfeeste landswyd aanbied. Die afgelope week het 137 tjokkers in Gauteng die nasionale kompetisie voortgesit.
Die doel van ATKV-Tjokkertoneel is die skep van ’n nasionale platform vir talentontwikkeling ter viering en opbou van laerskoolkinders deur toneelontwikkeling, gehoorontwikkeling en blootstelling aan goeie literatuur aan te moedig. Met ATKV-Tjokkertoneel stel ons jong leerders bloot aan teaterkuns en drama deur middel van mini-tonele.
Deur hierdie opbouende proses van toneelspel ontwikkel kinders selfvertroue, kommunikasie- en luistervaardighede en verbreed hul woordeskat.
Die tweede groep tjokkers in Gauteng het hard gewerk en hul stories in Pretoria met groot passie in die UNISA Little Theatre kom vertel op Maandag 7 Augustus.
Bekroonde teatermakers van ATKV-Tienertoneel, Johann Smith en Linda van Niekerk, het as mentorbeoordelaars die talent aanskou en was verstom oor die tjokkers se kreatiewe werk en waagmoed om stories geloofwaardig te vertel, terwyl hulle ook suksesvol aan alle teaterelemente aandag gee.
ATKV-Tjokkertoneeldeelnemers ontvang benewens toekennings vir deelname en prysenswaardige prestasie ook pasgemaakte stemnotas van beide mentors om verder hul talent te slyp.
Streeksfeeswenners is Maandag tydens ’n spogprysuitdeling aangewys.
Hier is die nominasies en wenners:
Kategorie: Beste hantering van tegniese aspekte
Nominasies:
1. |
Woudwonde |
Laerskool Roodekrans |
2. |
Tjoekie toe |
Laerskool Tygerpoort |
3. |
’n Liefdeseksperiment |
Improv Studio |
Die beste hantering van tegniese aspekte deur tjokkers tydens die tweede Gauteng-streeksfees is:
Kategorie: Beste tjokkerakteur
Nominasies:
1. |
Marnu Maritz as Ian |
O, Koekerasie! |
Laerskool Menlopark |
2. |
Hanru Meyer as Basjan |
Woudwonde |
Laerskool Roodekrans |
3. |
Christiaan Venter as Gerber |
Woudwonde |
Laerskool Roodekrans |
Die beste tjokkerakteur tydens die tweede Gauteng-streeksfees is:
Kategorie: Beste tjokkeraktrise
Nominasies:
1. |
Amerize Kleinsmith as Kanya |
Woudwonde |
Laerskool Roodekrans |
2. |
Emma Knop as Lilo |
Woudwonde |
Laerskool Roodekrans |
3. |
Danica du Plessis as Daisy |
Woudwonde |
Laerskool Roodekrans |
4. |
Bianca Phyfer as Esti |
Woudwonde |
Laerskool Roodekrans |
Die beste tjokkeraktrise tydens die tweede Gauteng-streeksfees is:
Kategorie: Beste tjokkerensemble
Nominasies:
1. |
Woudwonde |
Laerskool Roodekrans |
2. |
Die patrollie in Tjoekie toe |
Laerskool Tygerpoort |
Die beste tjokkerensemble tydens die tweede Gauteng-streeksfees is:
Kategorie: Beste tjokkerregisseur
Die beste tjokkerregisseur tydens die tweede Gauteng-streeksfees is:
Kategorie: Beste ATKV-Tjokkertoneelaanbieding
Die beste tjokkertoneelproduksie tydens die tweede Gauteng-streeksfees is:
Baie dankie aan al die tjokkers wat vanjaar in Gauteng aan hierdie groeiende projek deelgeneem het.
ATKV-Tjokkertoneel maak nou ’n Kaapse draai by die Curro Durbanville High Theatre in Durbanville vanaf 18 tot 19 Augustus.
Besoek die volgende skakel vir programme en kaartjies: https://linktr.ee/atkv_tjokkertoneel