Tjokkertalent blink in Bloem
ATKV-Tjokkertoneel het hierdie jaar enorme nasionale deelnamegroei getoon deurdat ons 50 produksies tydens drie streeksfeeste landwyd aanbied. Die afgelope week het 142 tjokkers tydens hierdie gewilde nasionale kompetisie hul buiging in Bloemfontein gemaak.
Die doel van ATKV-Tjokkertoneel is die skep van ’n nasionale platform vir talentontwikkeling ter viering en opbou van laerskoolkinders deur toneelontwikkeling, gehoorontwikkeling en blootstelling aan goeie literatuur aan te moedig. Met ATKV-Tjokkertoneel stel ons jong leerders bloot aan teaterkuns en drama deur middel van mini-tonele.
Deur die opbouende proses van toneelspel ontwikkel kinders selfvertroue, kommunikasie- en luistervaardighede, en verbreed hul woordeskat.
Tjokkers in sentraal Suid-Afrika het hard gewerk en op 2 en 3 Augustus hul stories simbioties en met groot passie in die Wynand Mouton-teater in Bloemfontein kom vertel.
Chris Vorster en Marijda Kamper het as mentorbeoordelaars die talent aanskou en was verstom oor die tjokkers se kreatiewe werk en waagmoed om stories geloofwaardig te vertel, terwyl hulle ook suksesvol aan alle teaterelemente aandag gee.
ATKV-Tjokkertoneeldeelnemers ontvang benewens toekennings vir deelname en prysenswaardige prestasie ook pasgemaakte stemnotas van beide mentors om hul talent verder te slyp.
Streeksfeeswenners is op Saterdag 3 Augustus tydens ’n spogprysuitdeling aangewys.
Hier is die nominasies en wenners:
BESTE HANTERING VAN TEGNIESE ASPEKTE
Nominasies:
Produksie |
Skool |
Sweef |
Voorbereidingskool Fanie Malan en Op die Voorpos Skool |
Nimmerland |
Eduplus Onafhanklike Skool |
Huppelkind |
Voorbereidingskool Fanie Malan en Op die Voorpos Skool |
Wenner:
BESTE TJOKKERAKTEUR
Nominasies:
Naam en van |
Produksie |
Skool |
Stehan Swanepoel as Bennie |
Bennie en die anti-boelie-assosiasie |
Zastron Gekombineerde Skool |
Sias Sevenster as Pieter |
Nimmerland |
Eduplus Onafhanklike Skool |
Reuven Kleynhans as Louwtjie |
Sweefseun |
Eduplus Onafhanklike Skool |
Wenner:
BESTE TJOKKERAKTRISE
Nominasies:
Naam en van |
Produksie |
Skool |
India Cloete as Lisa |
Sweefseun |
Eduplus Onafhanklike Skool |
Jordan Linders as Huppel |
Huppelkind |
Voorbereidingskool Fanie Malan en Op die Voorpos Skool |
Wenner:
BESTE ENSEMBLE
Nominasies:
Produksie |
Skool |
Bennie en die anti-boelie-assosiasie |
Zastron Gekombineerde Skool |
Spel tussen Louwtjie en Lisa in Sweefseun |
Eduplus Onafhanklike Skool |
Wenner:
BESTE REGISSEUR
Nominasies:
Naam en van |
Produksie |
Skool |
Mariëtta Swanepoel en Fébé Visser |
Sweef |
Voorbereidingskool Fanie Malan en Op die Voorpos Skool |
Elmarette Uys en Louise Sevenster |
Nimmerland |
Eduplus Onafhanklike Skool |
Mariëtta Swanepoel, Anja van Eeden en Fébé Visser |
Huppelkind |
Voorbereidingskool Fanie Malan en Op die Voorpos Skool |
Wenner:
BESTE PRODUKSIE
Wenner:
Baie dankie aan al die tjokkers wat vanjaar in Bloemfontein aan hierdie groeiende projek deelgeneem het.
ATKV-Tjokkertoneel is volgende vanaf 12 tot 14 Augustus in Rondebosch (Kaapstad) by die Pam Golding Baxter-teater.
Besoek die volgende skakel vir programme en kaartjies: https://linktr.ee/atkv_toneel.