Tjokkertalent vereer tydens Wes-Kaap-streeksfees
Die ATKV se jongste toneelaanbod, ATKV-Tjokkertoneel, het hierdie jaar enorme nasionale deelnamegroei getoon deurdat ons vier streeksfeeste landswyd aanbied. Die afgelope week het 240 tjokkers in Durbanville gehore se harte warm gespeel.
Die doel van ATKV-Tjokkertoneel is die skep van ’n nasionale platform vir talentontwikkeling ter viering en opbou van laerskoolkinders deur toneelontwikkeling, gehoorontwikkeling en blootstelling aan goeie literatuur aan te moedig. Met ATKV-Tjokkertoneel stel ons jong leerders bloot aan teaterkuns en drama deur middel van mini-tonele.
Deur hierdie opbouende proses van toneelspel ontwikkel kinders selfvertroue, kommunikasie- en luistervaardighede en verbreed hul woordeskat.
Tjokkers in die Wes-Kaap het vanaf 18 tot 19 Augustus hard gewerk en hul stories in die teater by die Curro Durbanville High School met groot passie kom vertel.
Bekroonde teatermakers van die ATKV-Tienertoneel, Darryl Spijkers en Kanya Viljoen, het as mentorbeoordelaars die talent aanskou en was verstom oor die tjokkers se kreatiewe werk en waagmoed om stories geloofwaardig te vertel, terwyl hulle ook suksesvol aan alle teaterelemente aandag gee.
ATKV-Tjokkertoneeldeelnemers ontvang benewens toekennings vir deelname en prysenswaardige prestasie ook pasgemaakte stemnotas van beide mentors om verder hul talent te slyp.
Streeksfeeswenners is Saterdag tydens ’n spogprysuitdeling aangewys.
Hier is die nominasies en wenners:
Kategorie: Beste hantering van tegniese aspekte
Nominasies:
1. |
Drome sonder some |
Laerskool Beaumont |
2. |
DROOM |
Laerskool Gene Louw |
3. |
AGT |
Curro Durbanville Laerskool |
Die beste hantering van tegniese aspekte deur tjokkers tydens die Wes-Kaap-streeksfees is:
Kategorie: Beste tjokkerakteur
Nominasies:
1. |
Samuel Nel as Muf |
Kosblik |
Laerskool Durbanville |
2. |
Mikhail Strauss as Toon Scheepers |
Advokaat Markus Antonius spring riem |
Laerskool Eversdal |
3. |
Huibré van Zyl as Frikkie |
En toe? |
Laerskool Durbanville |
4. |
Lucca Tallie as Benjamin |
DROOM |
Laerskool Gene Louw |
5. |
Juan Pienaar as Lukas |
Kaskar |
Laerskool Bastion |
Die beste tjokkerakteur tydens die Wes-Kaap -streeksfees is:
Kategorie: Beste tjokkeraktrise
Nominasies:
1. |
Risa Burger as Rosa |
AGT |
Curro Durbanville Laerskool |
2. |
Judi Hattingh as Julia |
AGT |
Curro Durbanville Laerskool |
3. |
Leonie Zimmerman as Lydia |
AGT |
Curro Durbanville Laerskool |
4. |
Marinell Wolmarans as Katinka |
DROOM |
Laerskool Gene Louw |
5. |
Nina Sahd as Tinky |
Almal is ge-hook |
Laerskool Welgemoed |
Die beste tjokkeraktrise tydens die Wes-Kaap-streeksfees is:
Kategorie: Beste tjokkerensemble
Nominasies:
1. |
Sal die see sy mond uitspoel? |
Laerskool De Hoop |
2. |
En toe? |
Laerskool Durbanville |
3. |
Drome sonder some |
Laerskool Beaumont |
4. |
AGT |
Curro Durbanville Laerskool |
5. |
Strikdas |
Panorama Primêre Skool (Riversdal) |
Die beste tjokkerensemble tydens die Wes-Kaap-streeksfees is:
Kategorie: Beste tjokkerregisseur
Nominasies:
1. |
Anton Nortier |
Advokaat Markus Antonius spring riem |
Laerskool Eversdal |
2. |
Cecilia Wesson |
AGT |
Curro Durbanville Laerskool |
3. |
Megan Grobbelaar |
Drome sonder some |
Laerskool Beaumont |
4. |
Samuel Jumat |
Sal die see sy mond uitspoel? |
Laerskool De Hoop |
Die beste tjokkerregisseur tydens die Wes-Kaap-streeksfees is:
Kategorie: Beste ATKV-Tjokkertoneelaanbieding
Die beste tjokkertoneelproduksie tydens die Wes-Kaap-streeksfees is:
Baie dankie aan al die tjokkers wat vanjaar in Durbanville aan hierdie groeiende projek deelgeneem het.
Al die ATKV-Tjokkertoneelstreeksfeeste het nou plaasgevind en nou is dit tyd om te wag en kyk watter ses produksies gaan deurdring na die nasionale finaal vanaf 2 tot 6 Oktober in die Lyric-teater by Gold Reef City (Johannesburg).
Volg die ATKV op sosiale media en kyk op die ATKV-webwerf vir hierdie aankondiging op Woensdag 30 Augustus.